Pa wat glo babadogter doodslaan in hof

Die Wes-Kaapse hooggeregshof. Argieffoto

Die Wes-Kaapse hooggeregshof. Argieffoto

Die uitspraak in die hofsaak teen ʼn Wes-Kaapse pa wat daarvan beskuldig word dat hy sy drie maande oue babadogter doodgeslaan het, is Donderdag in die hooggeregshof uitgestel.

Eugene Plaatjies word aangekla van die moord op sy dogter, Anthonique, wat in Junie 2014 dood is. ʼn Nadoodse ondersoek het getoon dat byna elke been in Anthonique se lyf gebreek was toe sy dood is.

Anthonique se ma, Louise Alkaster, is aanvanklik saam met Plaatjies van die moord op hul dogter aangekla, maar die aanklagte teen haar is teruggetrek nadat sy ingestem het om teen Plaatjies te getuig. Alkaster het gedurende die verhoor aan die hof vertel dat Plaatjies Anthonique gereeld aangerand het, maar dat sy nie die mishandeling by die polisie aangemeld het nie, uit vrees vir Plaatjies.

Die paar bly in Montagu en is albei werkloos.

Regter Nolita Kose het Donderdag haar uitspraak tot 11 April uitgestel omdat ʼn ander hofsaak waarby sy betrokke is langer aangehou het as verwag is. Sy moes dié saak eers afhandel.

Die openbare galery was volgepak met familielede van Plaatjies en hulle het buite die hof hul steun aan hom bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pikkie ·

Regtig!? Aanklagte teen die ma terug getrek omdat sy teen pa getuig. Juis die EEN wat haar dogter moes beskerm……

Estelle ·

Hoe op aarde kan sy mense hom ondersteun??? Dit was ñ weerlose pap babatjie ….. Die Ma moet ook geen genade ontvang nie! Dis so hartseer, die howe muslik klaaglik want die belang van die kind geniet glad nie voorang nie, en word in soveel opsigte in die sorg van onbevoegde Ma’s gelaat!!

Peet ·

Die mense wat die “koppe” skryf moet dit beter bewoord. “Pa wat glo babadogter doodslaan in hof”, moet eerder lees: “Pa wat glo babadogter doodslaan verskyn in hof”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.