Pa wat glo kinders vermoor vir sielkundige waarneming gestuur

Argieffoto

Samuel Madou (43), die pa wat glo sy kinders Saterdag tydens hul slaap vermoor het, is vir sielkundige waarneming gestuur.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Madou het Maandag in die Dzanani-landdroshof verskyn op drie aanklagte van moord.

“Die saak is tot 17 September uitgestel vir nadere ondersoek en sielkundige waarneming,” het Ngoepe gesê.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het omstreeks 02:00 in die Manyi-nedersetting in die Mphephu-polisiëringsgebied plaasgevind.

“ʼn 43-jarige man het na bewering sy drie kinders met ʼn skerp voorwerp doodgekap tydens ʼn huishoudelike geskil,” het Ngoepe gesê.

“Die man het na bewering sy vrou daarvan beskuldig dat sy ontrou was en dat hy nie die biologiese pa van die kinders is nie. Hy het eers sy vrou met die skerp voorwerp probeer aanval, maar sy kon daarin slaag om na buite te hardloop om hulp te ontbied. Die man is toe na die kinders se beddens waar hy hulle glo vermoor het.”

Die seuns is intussen as Olugaho Madou (2), Thabo Madou (6) en Tshilidzi Madou (7) geïdentifiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marlie ·

Maroela Media – “tydens hulle slaap”; nie dalk “in hulle slaap” of “terwyl hulle geslaap het”?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.