Pa wat glo seuntjie verkrag kry borg

Argieffoto

Argieffoto

‘n Man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vierjarige seuntjie verkrag het, is Woensdag in die Tonga-landdroshof op borgtog vrygelaat.

Kapt. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die man is op borg van R500 vrygelaat. Hlathi sê die man sal weer op 3 September in die hof verskyn.

Die seun is glo verkrag toe hy tydens die skoolvakansie by sy pa gaan kuier het. Die man bly in Langeloop naby die grens van Swaziland.

Luit. Mzwandile Nyambi, polisiewoordvoerder, het vroeër gesê dat die seun en sy agtjarige broer by hul ma in Sikhwahlane bly.

“Hulle het by hulle pa gaan kuier vir die skoolvakansie. Die ma het van die verkragting te hore gekom nadat die agtjarige seun vir sy tannie daarvan vertel het.”

Nyambi sê die seun is na ‘n hospitaal geneem waar daar bevestig is dat hy verkrag is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

sandra ·

My flip rerig ~ geen wonder my ex hoef nie vir sy kids te sorg ~ die wet is vir wie

SNEL ·

Goeiste, hoe is dit moontlik!!!! Wat sê die reg, verkragting is sommer niks, n kind se gevoel en wat met hom gebeur het dra nie water nie. n Krimeneel, gemors van die samelewing, word meer beskerm as daai arme kind. Hierdie kind was nou nie net deur sy eie pa verkrag nie, maar deur die regstelsel wat hom moet beskerm ook. Dis siek en nou wat van die pa…..het hy nou eweskielik besef dis verkeerd en het hy verander, NEE, elke kind daar buite is nou in gevaar!!! Die regstelsel is vrot. Nêrens is daar hulp nie, die mense (regstelsel) wat moes veg vir hierdie kind en hom laat veilig voel en vir hom n veilig hawe moet wees het hom nou ook in die steek gelaat. Hoe lewe iemand met hom saam om te dink hy het so n persoon laat gaan op borg hoe gaan hy/sy voel as dit met iemand naby aan hulle moet gebeur. Almal lyk my is al so gewoond aan misdaad dat verkragting en dit op so klein kind sommer niks is nie. Dis soos n Bic pen wat by die kafee gesteel is, iets kleins , laat hom maar gaan op borg. Dis belaglik. Hang die wetter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.