Die Spaanse tandarts wat daarvan beskuldig word dat hy sy tweeling vermoor het terwyl hy met vakansie in Kaapstad was, is in die Pollsmoor-gevangenis dood gevind.
Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig en gesê ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal. William Booth, Yela se regsverteenwoordiger, kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.
Yela was in aanhouding by die Pollsmoor-gevangenis terwyl hy in die Wes-Kaapse hooggeregshof verhoor is op twee aanklagte van moord.
Hy is daarvan beskuldig dat hy sy driejarige kinders, Maximo en Octavia, in April 2017 in ʼn vakansiewoonstel in Houtbaai vermoor het.
Die tweeling se ma, Julia Engelhorn, het op haar kinders se lyke in Yela se vakansiewoonstel afgekom. Yela het Engelhorn glo vir middagete na die woonstel genooi waar sy op die lyke afgekom het. Hy het haar toe glo met ʼn mes gedreig voor hy van die toneel gevlug het.
Yela is kort daarna in Wynberg in hegtenis geneem. Sy verhoor sou later vanjaar voortgegaan het.
hy het net gekry wat hy ook gedoen het bespaar ons baie belasting geld nie meer nodig vir n verhoor nie
is die man nou van 2017 in die sel aangehou. Hoekom het die saak so lank geduur.
sal nou nie sê ons stort krokodil trane
Presies wat ek ook wou sê.
Goed hy is nie meer daar nie . Sy vrou sit nou met al die traumatiese gebeurtenis. Wens die polisie wil hulle lede bietjie iets leer van militere reels deur nie so rond te hang op die hof banke nie . Geen dissipline nie.
Ja wel sy selmaats het ook kinders daarbuite. Kry vir jou.