Pa wat kinders beskerm sterf as held

Mark en Joanne Fagan. Foto: Verskaf.

Mark Fagan, die man wat Saterdag in die vroeë oggendure doodgeskiet is op sy familieplaas in Klein-Dassenberg in die Wes-Kaap, het as ʼn held gesterf. Fagan (46) het op die plaas met diere wat hy gered het gewerk.

Joanne Fagan (51), Mark se vrou, het aan Maroela Media vertel een van hul dogters, Jamie (14), se vriendinne het haar verjaardagpartytjie op die plaas gehou. “Daar was sewe meisies en een van hulle se ma het ook oorgeslaap,” het Joanne gesê.

Volgens haar het sy en Mark reeds geslaap toe die voorval net ná middernag plaasgevind het. “Ons het wakker geword van die kinders se gille. Ek het dadelik my vuurwapen in die kluis gaan kry, maar daar was nie ʼn manier dat Mark eers sou wag voor hy uitgaan terwyl hy hoor hoe gil sy dogter en haar maats nie.”

Twee gewapende mans het die egpaar se dogter en ʼn vriendin in die braaikamer op die stoep beetgehad. Mark het hulle gekonfronteer en uit die huis probeer dryf. “Ons dogter het voor haar vriendin ingespring en ʼn glas gegryp wat die aanvallers in skerwe geskiet het. Ek dink sy wou net iets in haar hand kry as ʼn wapen.”

Nog twee verdagtes het glo in dié stadium van die meisies in die gang rondgepluk op pad na Mark en Joanne se slaapkamer. Die aanvallers het Engels gepraat en selfone, juwele en geld geëis.

Mark Fagan. Foto: Verskaf.

“Ek was letterlik vier sekondes agter Mark toe ek die skoot hoor. Hulle het Mark by die voordeur geskiet en met ʼn selfoon en een van die meisies se hangertjie gevlug. My dogter is onder die indruk daar was ʼn vyfde aanvaller wat haar pa geskiet het.

“Ek het eers gedink hy is dalk net in die been gewond, hy het ʼn spierwit hemp aangehad en daar was nie eens bloed nie. Toe ek hom omdraai het die bloed uit sy hart gestroom. Ek het net vir hom gesê ‘ons is lief vir jou Mark, ons is lief vir jou – alles sal oukei wees’.”

Joanne het onmiddellik hul buurman, ʼn dokter, gekontak en lede van die buurtwag was binne minute op die toneel. Hulle het met hom na ʼn hospitaal in Atlantis gejaag maar hy is in die motor op pad daarheen dood.

Joanne vertel dat hulle ʼn bottel alkohol en ʼn lekkergoedpakkie wat in die braaikamer was in die bosse gekry het waar hulle vermoed die mans weggekruip het. Die aanvallers het die alarmsensors buite afgeslaan.

Die nadoodse ondersoek word vandag gedoen. Joanne het gesê haar broer land vanmiddag uit Engeland en hulle sal saam met Mark se ouers, wat saam met hulle op die plaas woon, besluit oor begrafnisreëlings.

“Almal in die Kaap ken vir Mark as ‘Farmer Mark’. Hy was ʼn ongelooflike man, hy het elke oomblik ten volle gelewe. Hy was so passievol en liefdevol. Hulle kon ingekom en gevra het vir ons selfone ons sou álles vir hulle gegee het.”

Volgens Joanne hou die gemeenskap Woensdag ʼn nagwaak ter nagedagtenis van Mark. “Ek sien nie die punt om hier te bly nie, ons het hierdie plek 14 jaar terug gekoop en met ons eie hande gebou. Dit het bekend gestaan as Emirembe wat ‘vrede in die storm’ beteken. Hierdie plek was my en sy ‘vrede in die storm’ waar ons van die werklikheid kon ontsnap, maar sonder hom is dit nou niks.”

Mark word oorleef deur Joanne, hul dogter Jamie en nog twee kinders, Wade en Amy van der Merwe, asook sy ouers.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Cecilia ·

Almagtige God,Vader en Seun,
Ons kan dit nie meer hanteer dat ons mense(ongeag kleur) so onskuldig afgemaai word nie. Here stop asb U toorn en gee ons vrede.
Ons pleit by U. Verhoor ons gebed/e asb in U groot genade.

BOLANDER ·

Cecilia, wat ‘n pragtige en gewigtige gebed. My hart is saam met jou in die gebed en hoop so ook duidense ander gelowiges!!!!!!!!!!!!!!!!!

AMEN EN AMEN!!!

Botterblommetjie ·

Amen!!!! My hart en siel en gees is in jou gebed en waar meer as een saamstem in gebed!! Amen!!! Ek pleit voor U Pappa Vader… Net U kan….

Ouma ·

Wat ‘n onnodigeverskriklike tragedie! Moenie vir een oomblik dink hulle sou vrá vir die selfone of juwele nie. Nee hulle kom om te steel, roof en moor. Veral om te moor. Sterkte vir julle. So kry hulle die boere van die plase af weg. Dit is ‘n uitgewerkte plan.

ECT ·

@Ouma ….. ja, kry die boere weg van die plase ….. en begin solank regmaak vir GROOT hongersnood!!!

As daar nie meer blanke boere is wat voedsel verbou nie, waar gaan die mense kos kry, Ouma? Nie almal besit grond waar hulle bv. ‘n groente en vrugtetuin vir eie gebruik, of ‘n koei/bok kan aanhou vir melk of waar hulle mielies of koring vir graan/brood kan verbou nie.

Dink weer oor die noodsaaklikheid van boere op plase …….

Christen ·

ECT, ek dink jy het Ouma se kommentaar nie mooi gelees nie… Wat jy dink sy gesê het en wat sy werklik sê verskil hemelsbreed.

Poeksie ·

Ja of eerder Plaasmoorde, dink meer dit is die woord van die jaar! Sterkte an hierdie gesin.

Mielie ·

Wat n swart naweek vir ons boere. Ag ek wens ons kon iets daaromtrent doen. Mens voel so magteloos. Jy bid elke liewe dag vir die mense. Dit is genadeloos daarbuite

Lou ·

‘n Lewe het niks werd geword nie. Die regering staan handjies gevou en toekyk. Dis alles deel van ‘n groter plan om boere van die plase af te dryf. Terrorisme in sy ergste vorm vermom as kamtige roof of diefstal.

Helien ·

Dierbare Jesus wat gaan aan hoekom word ons so uit vermoor. Net U kan ons help deur U liefde volle genade.

JAMMER ·

Dit is so onnodig. Wat ‘n pragtige gesin. Vandag sit ‘n vrou sonder ‘n man, kinders sonder ‘n pa en ‘n ouerpaar sonder hulle seun en broers en susters sonder ‘n broer, en almal blaai maar net verby want dit is net NOG ‘n (blanke) man wat in SA doodgemaak is. ‘n Persoon wat ONSKULDIG in sy huis gekuier en gebraai het en vermoor is vir niks nie. Hy was nie gewelddadig nie, hy het niks gebrand en vernietig en mense se lewens bedreig of met bakstene gegooi of hulle in ‘n kis toegesluit of aangerand nie. Hoekom word daar steeds niks hieraan gedoen nie? As daar ‘n aanval in Parys of in Duitsland of in London is, is die wereld up in arms, en ons boere word by die duisende uitgeroei en geen oorsese land knip ‘n oog of stel sanksies in of roep die ANC tot orde nie. NEEWAT dit is maar net nog ‘n’wit man se lewe . EK GEE OM, sterkte aan die gesin en familie en my innige simpatie met julle verskiklike verlies. Julle is ‘n pragtige gesin wat nou verwoes is. JAMMER DAAROOR!

Veronica ·

Mark . . .wat sê ons as volk wat hier lees oor die sinnelose moord!!!!
Jammer jy moes boet met jou lewe
Mag GOD in SY ALMAG ons wat agterbly beskerm en jare by ons lewens voeg want elke dag is NOU n STRYD TOT OORLEWING
sterkte aan Joanne , kinders & familie
mag hierdie bloedspoor die vyande se ondergang wees!!!

Chris Ws ·

Ons innige simpatie met mnr.Fagan se naasbestaandes in die’ tyd van rou en erge trauma.
WAAR IS DIE BELONING VAN DIE SAP vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van hierdie terroriste???Nee hulle “monitor” die situasie nog tesame met genoeg KFC!

LMF ·

Here my God ek het nie meer woorde oor om te smeek vir U hulp nie maar ek weet U weet hoe huil my hart hier waar hy aan stukke le so Glo ek U weet wat ek vra maar nou vra ek tog wees met die families en vriende want net by U kan hul berusting vind al is dit nie antwoorde nie en mag Mark in vrede rus

Rachel ·

Dis met trane van woede in my oe dat ek di berig lees ons volk is nog n wonderlik mens beroof nog kinders en vrou van n pa en eggenoot verlange sal altyd daar wees mense bly sterk ons volk sal opstaan en veg teen al die misdade dis no wat ons moet saam staan ek veg vir oorleweing

Lance ·

Ek persoonlik het nooit gedink dit is ons voorland nie.Ek moes 51 persent van my besigheid weggee sonder vergoeding,jy moet heeltyd net gee of anders verbeur jy jou kontrak,maar intussen voldoen die maatskapy self nie aan Beee status nie praat nou van level2. My hart breek vir hierdie mense.Ons sal êrenstig hulp moet kry ń leier met kwalifikasie.Ek bid en bid vir my mense,sterkte.Chorekee welkom terug en hoop jou plek is nog in een stuk daar in Natal.

MM ·

Boerseun – ek het nou al hoeveel keer na “Orania” se webwerf gegaan om te kyk hoe moet daar gemaak word om soontoe te gaan – maar as jy nie geld of n besigheid kan begin nie – Jammer – Kan JY dalk kontak besonderhede stuur met wie ons in aanraking kan n=kom. Ek is net n hardwerkende vrou (alleen) het 2 kinders wat by my bly (Huurhuis)wat werk maar sukkel om iewers te kom -Is daar plek en werk vir ons – Sal BITTER graag van jou wil hoor.

Danie Swanepoel ·

Die werklikheid van die plaasmoord voorvalle ruk n mens se hart uit. Ek sukkel om die vergewe knoppie te druk vir moordenaars wat geen gevoel het nie. Ek bid vir sterkte vir ons boere en hulle gesinne. Mag ons Heer julle beskerm. Ek moet my tong byt om nie sterker woorde te gebruik nie.

Violy ·

Joanne my hart gaan uit na jou. Dis verskriklik want dis moord. Oktobermaand is nie meer vir my die mooiste mooiste maand nie. My Pa is aangeval en op 6 Oktober 3 jaar gelede weg. My man is 28 Oktober 1 jaar gelede ook in die motor oorlede oppad na hulp. My hart gaan uit na jou vir die harde pad van rou wat nou voorlê. Dit verg elke greintjie wilskrag en moed om elke dag vorentoe net te oorleef en te aanvaar. Weet nie hoe het ek sover gekom te midde van die wêreld wat net aanhou draai nie.. Baie sterkte, met hulp van Bo alleen is dit haalbaar.

Johann ·

Ek lewe eerder as ‘n gewone ou as om te sterf as ‘n “held”

G ·

Johann, ek neem aan jy dink hy wou as ‘n held sterf? Hy het die mense vir wie hy lief is beskerm, en ander mense se kinders. Wat sou jy doen? Hulle los?

Spook ·

Johan ek dink jy moet oorsee trek asb. So jy reken jy aal jou dogter maar aan die dood en verkragting oorlos solank jy net ok is.

Oom Klasie ·

Dit is ‘n uitgewerkte plan om ons mense so te vermoor maar die wiel gaan draai. Die wereld is besig om regs te swaai – kyk nou vir Duitsland en Austria. Siener het gese dat die Duitsers in S A gaan kom help. Hierdie dinge gaan uiteindelik stop maar nie nou al nie. Maar daar gaan later ‘n wonderlike toekoms vorentoe wees. Dit neem net tyd – maar dit gaan kom.

BoelieBrandBesteInDieLand ·

Waarom moet die Duitsers ons kom red?

Mense, vergeet van Siener van Rensburg. Dit is terug-op-die-brug om te dink ons is die uitverkore volk en ‘n wonderwerk gaan ons red. Ons vyande juig elke keer as ons mense sulke prewelende nonsens kwyt raak, want dit beteken twee dinge:
1. Dit beeld die Afrikaner as agterlik uit
2. Dit beteken ons gaan onsself isoleer en nie iets doen om hulle te keer nie – want Siener se vision kom mos.

Die werklike wonderwerk is wanneer jy jou hande uit jou sak haal en werk vir ‘n beter toekoms vir Suid-Afrika, maar ook die res van die mense in ons land.

Neels ·

Ja Oom Klasie jy is reg – en dan ook met God se Hand by ons – kan ons nie verkeerd gaan nie .
Ons moet weer na Hom terugkeeer want sonder God is ons niks.

Connie ·

Jy vertrou op die Duitsers? Geen wonder dit gaan so met ons nie.

Leeu ·

Dié gaan seker gesien word as “huisroof” sterkte aan die familie.

Willie ·

Kinders wat alle beskerming moontlik moet vedien, moet sulke vieslikke dade aanskou…

Ilse ·

Paar rand se goed gesteel vir ‘n lewe. Die goed is nie mense nie. Ek raak woedend as ek die goed lees. Waar is die Afrikaaners? Hoekom kan ons nie saam staan nie??????? Is ons dan so sleg om net te sit en kyk hoe alles van ons gevat word??????????

Cobus ·

HEMELSE VADER , EK STEM SAAM IN CECILIA SE KRAG VAN GEBED VADER, SEUN EN HEILIGE GEES EK
BESORG NOU JOANNE EN KINDERS AAN U OOR

VADER VERTROOS EN VOU HUL IN U ARMS TOE STYF AAN U BOESEM BERG HULLE AGTER DIE RIEWE KRUIS

HERE PAPPA HET SY LEWE VIR SY GESIN KOM GEE IN BESKERMING ASOOK VIR HUL WAT DAAROORGEBLY

DAN VRA EK DIE GEBED SOOS DAVID UITGEROEP HET
PSALM 94:2 KOM,REGTERVAN DIE AARDE, REKEN AF MET DIE MENSE WAT HUL TEEN U VERHEF
(3)HOE LANK,HERE, HOE LANK SAL DIE GODDELOSES HULLE NOG VERLUSTIG IN DIE LEED VAN ANDER MENSE?
AMEN

JOANNE ,KROSIES ,FAMILIE VRIENDE JUL IS OPGESKRYWE BY MY NUSSIE GEBEDS MUUR

NEEM NOU VREDE KALMTE RUS DEUR DIE HEILIGE GEES WAT OOR JUL SPOEL IN JESUS NAAM AMEN

HYS SOOS N BROER VIR MY
SOOS ELKE ANDER BOER PLAAS GESIN IS VIR MY SOOS N GROOT FAMILIE

SAAM MOET ONS STAAN IN VASTE WARE GELOOF
EN GEBED GOD SAL ANTWOORD SY WEE IS NIE ONS WEE NIE SY TYD IS NIE ONS TYD NIE

GOD SAL VERSEKER HUL OORLEWER AAN DIE GEREG
DIS NIE LANK NIE
GROETE IN JESUS
COBUS

Renet van rooyen ·

Nog n moord– en NIKS word daaraan gedoen!!
Ons gesin is 13 jaar terug ook so verwoes!! My man geskiet en verlam agter gelaat en my dogtertjie van 2 dood geskiet!! Niks gevat!! Net gemoor!
Wanneer sal dit stop??
Nie voor die DOODSTRAF terug kom en di miljoene onwettige buitelanders terug gaan na hul eie lande toe nie!! Nie voor die ANC van bewind onttroon word nie!! Nie voor ons land deur n GODVRESENDE LEIER gelei word nie!!!!
Wie is volgende?, elke uur…elke dag???
Almal is moeg en gatvol!! Maar niemand besef waardeur ons elke dag moet struggle nie!! My man is n BOER en hy is n wonderlike mens!! Ons is nie rassisties nie maar ons HAAT ONGEREGTIGHEID!!!
Dis TYD dat ons ALMAL MOET SAAMSTAAN– blanke; swart; geel…maak nie saak– GEWELD IS AAN DIE ORDE VAN ONS LAND!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.