Pa wat seun (6) aanrand oor kos swaar gestraf

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn Man (43) is tot ses jaar tronkstraf gevonnis vir die mishandeling van sy sesjarige seun.

Kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het Maandag gesê die pa is 6 Julie in die Johannesburg-landdroshof skuldig bevind aan kindermishandeling.

“Die polisie was in Oktober 2016 besig met roetine-misdaadvoorkomingspatrollies in Brixton toe hulle ʼn wenk van beweerde kindermishandeling ontvang. Hulle het hulle na 6de Straat in Vrededorp gehaas en die seun wat uit sy neus en mond bloei aangetref,” het Mbele gesê.

Die pa het hom met sy vuiste aangerand omdat hy ʼn stuk polonie geëet het.

Die kind is na die hospitaal vervoer en die pa is in hegtenis geneem vir kindermishandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Adri ·

En tog gebeur dit gereeld dat kinders mishandeld word en die wat die dade pleeg weg kom met ligte straf en vonnis dit maak my as n ma so kwaad.

Vryheid ·

As hy dit met sy eie vlees en bloed kan doen, dink net hoe min respek hy vir jou lewe gaan he.

FIEKIE ·

My hart is net so seer. Die seun word so seergemaak oor polonie terwyl my kinders nie eers hul kos wil eet nie…

susan ·

Ek het Nie woorde Nie. Ek slaan net my oë op na die Hemel en kan net vra Here wat Gaan aan ???

MissDemeanor ·

Of dalk slaan hy hulle nogsteeds maar nou word dit net baie baie baie goed weg gesteek.

andrea van vuren ·

Kos is deesdae so duur dat daar selfs ‘n moord gepleeg sal word oor ‘n stuk polonie! Ek voorspel mense gaan mekaar in die toekoms nog meer verniel oor ‘n stukkie droë brood! Dis ons land wat eens op ‘n tyd melk en heuning status gehad het…hoe tragies.

Ai ·

Breuk my hart. My ma sou honger gaan vir my en die man slaan sy kind oor n stuk polonie.

Ek bid die kind is nou veillig.

Ouma ·

Tien uit tien vir die persoon wat die wenk aan die Polisie gegee het en dat dit dadelik opgevolg is. Dit kos ‘n hele gemeenskap om een kind groot te maak, en dit is ons almal se plig om geraas te maak as ons dit net VERMOED. Mense wat kinders mishandel sal dan besef hulle word dopgehou. So kan ons nie net lewens réd nie , maar ook keer dat kinders grootword in n omgewing van geweld, en ‘n bose kringloop stop sodat kinders wat in so ‘n huis opgroei, nie dink dit is die norm nie.

Hanna ·

Dit is vreeslik. Ek voel skoon naar.
Wat gaan deur so klein seuntjie se kop as pappa hom met die vuis slaan. As hy na pappa op kyk en nie kan verstaan hoekom pappa hom so seer maak nie. Dis wreed.

Pappa was dalk ook so geslaan as n klein seuntjie. n Siklus wat móét gebreek word. Niks regverdig die mishandling nie. Die skade is gedoen.

Kinders het hulle ouers lief maak nie saak wat nie. Dis hulle ouers. Hy gaan dalk nou weggeneem word uit 6e straat Vredesdorp en voel dit is sy skuld.
Daar moet dringend meer gratis dienste beskikbaar gestel word vir BERADING van ouers en kinders waar mishandling voor kom.
Ek stel voor die Polisie móét record hou van sake waarvoor hulle uitgeroep word en die WET moet enige aangemelde sake verplig om vir 6 maande se Berading te gaan. Skuldig of onskuldig . Waar n rookie trek is n vuurtjie.
Dis n siklus wat MOET gebreek / gestop word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.