Pa wat seun doodskiet, wil pleit op strafbare manslag

Sibusiso Tshabalala in die hof (7 Junie 2018). Foto: ANA

Sibusiso Emmanuel Tshabalala, die pa wat sy 16-jarige seun, Luyanda, buite sy skool in Ennerdale, suid van Johannesburg doodgeskiet het, sal waarskynlik van strafbare manslag aangekla word.

Tshabalala het Dinsdag weer in die Lenasia-landdroshof verskyn.

Chewe Machaka, vir die verdediging, het vertoë gelewer vir die saak om by die Lenasia-landdroshof aangehoor te word en het versoek dat dit tot 6 November uitgestel word vir ʼn pleit- en vonnisooreenkoms.

Tshabalala staan tans tereg op ʼn aanklag van moord nadat hy sy seun op 5 Junie op die perseel van die Norman Secondary School doodgeskiet het.

“Ons sal vertoë lewer vir ʼn mindere aanklag. Ons sal pleit op strafbare manslag. Ons hoop die staat sal instem vir ʼn pleit op ʼn mindere aanklag,” het Machaka tydens die hofverrigtinge gesê.

Tshabalala voer aan hy het sy seun per ongeluk doodgeskiet nadat hy in sy motor aan die slaap geraak het  terwyl hy vir sy seun gewag het om klaar te maak met nauurse klasse. Luyanda het skielik aan die venster geklop; Tshabalala sê hy het gedink dit is ʼn kaper en het instinktief geskiet.

“Die direkteur van nasionale vervolging (DOV) het ingestem hierdie saak sal nie in die hooggeregshof gefinaliseer word nie,” het landdros Maggie van der Merwe gesê.

Die saak sal op 6 November hervat word.

“As alles goed gaan, sal ons moontlik dan alles kan finaliseer,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Siek en sat ·

Die misdaad situasie in SA het veroorsaak dat mense as gevolg van stres en vrees sulke dade pleeg. Ek hoop en bid dat hierdie man regverdig behandel.sal word deur die regter.

Anoniem ·

Ja, anders sit die res van die gesin sonder die broer én die pa.

Vraagteken ·

@siek en sat – ek dink nie jy verstaan wat regverdig in hierdie geval beteken nie. Regverdig sal lang tronkstraf beteken. ‘N goeie prokureur sal moord kan bewys.

Hartseer ·

ai… hierdie is n baie hartseer saak…
ek kry hierdie pappa so baie jammer.

W ·

Hierdie getraumatiseerde pa moet begenadiging kry. Dis as gevolg van Govt se swak hantering om misdaad te bekamp dat hierdi man deur hierdi hel moet gaan. Sterkte vir hom en almal betrokke

AW ·

Ekke verstaan nie….
Daar was al n geval waar n pa sy kind ook “per ongeluk” dood geskiet het, en daardie Pa was nie vervolg nie !!

Vir my as n leek, die pa dien al reeds n “Vonnis” uit met die wete dat hy vir sy kind se dood verantwoordelik is.

Waarom nou die Pa vervolg en n kriminele rekord gee….

Maar nou ja….

Lee ·

Ek kry die pa so jammer. Dis ons Regering se skuld dat hy sy seun geskiet het en niemand anders sin nie. Almal van ons leef heeldag in vrees. SA bestaan 90% net uit misdaad. Ek hoop regtig hy kom los, geen ouer behoort deur so iets te gaan nie. Hy suffer erg genoeg met die wete dat hy sy seun geskiet het. Sterkte.

Koos de Meyer. ·

Dan wonder ‘n mens hoe sulke dinge gebeur. Kyk hoe koelbloedig is twee veiligheids wagte dood geskiet sonder om ‘n vinger te veroer. Ons samelewing het so siek geword, onskuldige mense word dood gemaak.

Jacques ·

Die regering moet aan gekla word vir moord en die man laat gaan . Die regering skep die omstandighede in die hool waarin normale mense n bestaan probeer voer en dan gebeer sulke dinge .

Marlene Bothma ·

Vader en sy gesin beleef soveel trauma en hartseer. Dink die hofsaak sloer en vererger alles.

chris ·

Ek voel jammer vir die gesin, maar om regs – regverdig te wees moet die saak soos Oscar sin hanteer word.

Miekie ·

Nee genugtig Chris hierdie geval is soos in glad nie dieselfde as Oscar sin nie. Maar buiten daarvoor om ‘n kind te verloor kan jy vir niemand beskryf nie en om dan die kind op so manier te verloor sal jou lewe lank by jou bly. Sterkte vir die pa en die hele familie

Mm ja nee ·

Ek stem saam dat die regering aangekla moet word. Daar is meer as een geval wat soortgelyke omstandighede het. Bv die pa wat op die voertuig geskiet het waarin sy dogter was toe dit gekaap word.. Ons word gedwing om met gevaarlike wapens rond te loop om ons self te beskerm want die gereg is besig met wie weet wat en die publiek word nie beskerm soos verwag word van n polisie diens nie…. Wat ek maw se, die regering maak ons moordenaars van ons eie kinders.

christa ·

in ons land moet jy altyd paraat wees en dan is dit moontlik om so n ongeluk te maak. Ek dink hyt sy straf weg

Stripes ·

Die doodstraf is afgestel dus mag jy, as vuurwapeneienaar, nie meer net skiet omdat jy geskrik het nie. As iemand by jou huis inbreek terwyl jy by die huis is en jou meubels uitdra SONDER om jou of jou gesin se lewens te bedreig, mag jy hom nie sommer net skiet nie. Daar is nie ‘n misdaad wat jy kan pleeg waarvoor jy die doodstraf opgelê kan word nie. Volgens my oordeel was die Pa onverantwoordelik in die hantering van sy vuurwapen en moet dus daarvoor ook aangekla word. Wat die dood van sy seun aanbetref aanvaar ek dat die Speurder in bevel van die ondersoek sy werk deeglik sou gedoen het deur ook te kyk na die omstandighede tuis. Die sake word verwys na die Prokureur-Generaal wat dan besluit of daar enige vervolging moet wees of nie.

Elsa ·

Vraagteken, is jy nie bietjie gevoelloos om te dink dit sal regverdig wees as hierdie pa ‘n lang tronkstraf kry nie? Heng, hierdie man sal sy hele lewe lank in sy hart boet. ‘n Kind se dood is die ergste seer wat ‘n ouer kan hê, maar om self vir jou kind se dood verantwoordelik te wees, moet ‘n absolute hel wees. My hart gaan uit na hierdie familie en veral na die pa.

Meisiemens ·

Wat ek nie verstaan nie, is die pleit en vonnis verrigtinge gaan saam afgehandel word, so ek neem daaruit aan dat die pa skuldig gaan pleit?
As jy onskuldig is, baklei jy mos om dit te bewys?
Of verstaan ek verkeerd?

ctd ·

Baie sterkte vir die hele gesin ons bid vir vertrooting vir julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.