Pa wat seun per ongeluk skiet sal vervolg word

Sibusiso Tshabalala in die hof (7 Junie 2018). Foto: ANA

Die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) het die besluit geneem om die man wat verlede maand per ongeluk sy seun buite ʼn skool in Ennerdale doodgeskiet het, te vervolg.

Staatsaanklaer Tumi Maunye het Dinsdag aan landdros Maggie van der Merwe gesê die ondersoek is nog nie voltooi nie.

“Foto’s van die toneel is nog uitstaande. Ek het ʼn brief van die DOV aangeheg wat meld dat die saak by die hooggeregshof aangehoor sal word,” het Maunye gesê.

Maunye het versoek dat die saak tot September uitgestel word vir verdere ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig Sibusiso Tshabalala (51)  het buite die Fred Norman Secondary School in Ennerdale vir sy seun, Luyando, gewag toe hy aan die slaap geraak het. Die seun het teruggekom en aan die passasiersvenster geklop, waarna Tshabalala geskrik, sy vuurwapen uitgeruk en verskeie skote in die rigting van die venster afgevuur het.

Sy 14-jarige seun het op pad na die hospitaal gesterf.

Chwewe Machaka, prokureur vir die verdediging, het die uitgestelde datum bevestig en gesê sy verstaan dat daar ondersoeke moet plaasvind.

Siphiwe Kalashwayo , Luyanda se ma, het gesê sy sukkel steeds om die dood van haar seun te verwerk en is nou op medikasie. Sy het bygevoeg sy het Tshabalala vergewe en dat sy hoop die hof hom genadig sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Loxtonbride ·

Belaglik! Dit was duidelik ‘n ongeluk. Almal lewe in vrees hoekom sal die man beplan om sy kind in die aand vir aand klasse vat, buite wag dat sy klas moet klaar kry en hom dan dood skiet. Kry hy nie swaar genoeg nie, fokus op belangriker goed.

Wonder ·

Ek dink nie dit gaan hier spesifiek oor die verwantskap tussen pa en seun nie. Ek dink dit gaan meer oor die feit dat die man net geskiet het.

Ouvrou ·

Het die arme man nie al genoeg pyn nie.? Hoekom hom nou vervolg? Dis gek!!!

Santjie ·

Dis so jammer – hier word ‘n pa nou vervolg wat per ongeluk sy eie kind geskiet het, maar die wat moord pleeg net om te moor, word nie vervolg nie. Sibusiso, everything of the best to you.

Sandy B ·

Ek dink ook dit is baie onregverdig. Arme man gaan seker dwur hel ‘ en nou dit ook nog.

Chris Mynhardt ·

Die man wat sy seun per ongeluk dood geskiet het namens my moet nie vervolg word nie maar wel die regerende party moet vervolg word saam met al die kabinets lede. Die rede is want die regering kan ons as gewone burgers nie beskerm nie. ons Konstitusie se dit is die regering se verantwoordelikheid on alle lands burgers te beskerm teen geweld en misdaad. Deur die regering se ontvermoe om sy burgers te beskerm moet ons as burgers ons self bewapen om ons self te beskerm. Almal is tans op hul senuwees en verwag om enige tyd aangeval te word. Ek kan die arme man se optrede verstaan. Elk een van ons het een of ander vorm van misdaad deurgeloop. Die kind se dood moet voor die regering se deur gesit word.

Siek en sat ·

Nou praat jy. Kom ons begin n petisie vir hierdie pa. Ons moet hom ondersteun.

madels ·

Ek stem saam met Siek en Sat, hierdie man is al so getraumatiseer deur al die geweld dat hy gewapen is wanneer hy selfs sy seun by die skool moet gaan haal. Ek sal ook saamstaan vir die petisie..

Attie ·

As die polisie net n beter werk gedoen het en mens hoef nie in vrees te gelewe het nie sou so ongeluk nooit gebeur het nie

John ·

Was dit nie sy stiefseun nie? Aanvanklike berigte het glo soiets aangedui.

Wonder ·

Of dit nou sy bloedseun of stiefseun was, as hy die kind as sy eie grootgemaak het, maak dit mos nie ‘n verskil nie.

Lindie ·

My hart breek vir hierdie man! Mag Die hof hom genadig wees, want vir Die res van sy lewe sal Die gebeure hom by bly!

Andrea ·

Hierdie man het genoeg straf, lewenslank. Hy behoort nie vervolg te word nie. Tensy daar dalk feite is waarvan ons nie bewus is nie…

Chekoree ·

Baie tragies, maar die wetgewing vir vuurwapenbesit is duidelik dat jy nie net kan skiet en dit moes Oscar ook op die harde manier leer!

Rooi Jan ·

Chris jy sê presies wat ek wou sê. Dit behoort die regering en die ANC/EFF/BFLF te wees wat in die hof staan. As die regering hulle werk gedoen het en die politieke partye opgehou het om mense op te sweep sou hierdie arme man nie in die hof wees nie. As n ouer en man wat ook al deur n aanval op my gesin in ons eie huis is kan ek my net indink hoe hy voel. Hy het die vuurwapen gehad om homself en sy gesin te probeer beskerm teen die booswigte wat vryelik deur ons strate beweeg. En toe doen hy die een ding wat alle ouers permanent sal knak hy dood sy eie kind in n oomblik wat hy vir die res van sy lewe oor en oor sal beleef. Nou vervolg dieselfde wetstoepassers wat hom moet beskerm en hom versaak deur dit nie te doen nie hom ook nog. Ons leef in n mal land.

LouE ·

Soms moet logika eerste gestel word. Daar is geen sin daarin om die man te vervolg nie. Verklaar hom net onbevoeg om ‘n wapen te besit.

Siek en sat ·

Het die arme pa nie al genoeg hartseer beleef nie. Ek le hierdie voorval reg voor die deur van hierdie land se regering want misdadigers kry voorkeur en hierdie arme pa het seker soooooo erg geskrik dat hy nie tweekeer gedink het voor hy geskiet hey nie. ANC se skuld. Hulle kan nie die misdadigers hanteer nie.

Vraagteken ·

Vir al die mense wat sê dis belaglik – Ongelukkig kan julle nie oordeel nie!!! Ja, die man gaan deur hel (en ek hoop so iets gebeur nooit met my nie), maar hy was baie onverantwoordelik.

Wat as hy iemand anders per ongeluk geskiet het wat nie sy seun was nie? Dan sou julle ook geskreeu het ONVERANTWOORDELIK. Neem die feit dat dit sy seun was uit die prentjie, dan sal julle opinie baie vinnig verander het. Punt bly staan; die wet is die wet.

FYI, ek het regtig baie simpatie met die man.

Yankee ·

Ek verstaan ook die pyn wat hierdie ouers sekerlik nou ervaar. Maar as almal nou deur n toe venster of deur skiet as hulle n klop hoor, hoe dan nou?

Koos ·

Klink of al die kommentators hierbo omstanders was. Vreemd hoe hulle weet dit was ‘n ongeluk. Dan moet Oscar ook onskuldig wees aan moord volgens hulle misplaaste afleidings?

Gus ·

Ek onthou hoe ek so bewoë was terwyl ek die aanvanklike berig oor hierdie hartseer voorval van Pa en seun gelees het.. die trane het geloop. Sjoe hoe ongenaakbaar is dit nie, hierdie pa se smart is is groter as enige denkbare vonnis wat ñ gefaalde stelsel wat hom nou wil verantwoordelik hou en voorstok kry. Ja kom ons stel n petisie vir reg en geregtigheid op. Ons kan nie langer gyselaars wees van so n gefaalde sisteem.

leon ·

Ek verwelkom die ondersoek. Sy storie hou nie water nie.

Hoop al die wat kommentaar lewer is bewus van die weergawe van gebeure van die veilgheidswag wat oog getuie was. Vra maar net….

Santjie ·

Nee…. ons weet nie van die veiligheidswag nie. Se maar vir ons asseblief?

kas ·

Duidelik neem die kommentators aan dat dit ‘n ongeluk was.Ons het nie al die feite nie en ek glo die D O V sou nie vervolg het sonder rede nie en hoekom die saak na die Hooggeregshof verwys.Die streekshof kan strafbare manslag en moordsake behartig.Iets maak nie vir my sin nie.Dit sal interessant wees om te sien wat se die ooggetuie.

Wonder ·

Leon, as jou mede-kommentator dink ek ons moet die gereg sy gang laat gaan. Hopelik kom die volle waarheid uit. ‘n Mens is wel onsentitief as jy nie die man jammer kry nie. Kom ons wag en sien wat gebeur.

DIT IS DIE REG ·

Ongelukkig word blankes ook vervolg wat hulle familie/vriende/oortreders op plase per ongeluk skiet . so dit is maar die wet, as jy iemand doodskiet word jy vir moord aangekla tensy jy jouself verdedig het (en dan word jy ook eers aangekla) en die hof besluit dan of daar genoegsame bewyse is dat jy wel jou self verdedig het of opsetlik iemand doodgeskiet/raakgeskiet het .. Soms tel die onverantwoordelike hantering van ‘n wapen ook teen jou al was dit ‘n ongeluk. Sterkte aan die man .. persoonlik glo ek dat hy nie dit met opset gedoen het nie, tog voel ek almal moet vervolg word .. Julle kan nie een dag verwag dat die REG sy gang gaan en die volgende dag ‘vergewe’ of sien ons maar net mense oor wat ander skiet nie. WAT HET GEFAAL??? Twee ouens is vir 16 jaar tronk toe gestuur wat ‘n vermeende kabeldief in ‘n kis toegemaak en hom gedreig het sonderom hom EEN bloukol te gee .. ‘n pa skiet sy seun (per ongeluk) dood, en word vervolg . WAT HET HIER GEFAAL???

ZAR ·

Die gereg moet sy gang gaan, dis hoe dit werk. Die man dra alreeds swaar aan sy vonnis. Dis net ‘n tragedie. Sterkte met die pad vorentoe Sibusiso.

Sarel ·

Mense, die gereg moet sy gang gaan ja! die vraag is of die daad doelbewus gepleeg is en of die pa n vlug risiko is. Hoe word daar besluit om hom summier aan te kla ? Indien daar n kans is dat dit n ongeluk is moet n Geregtelike Doodondersoek gehou word om opset of nalatigheid te bepaal. Sou die ondersoek gronde vir vervolging toon moet die oortreder vervolg word. Ons moet dus aanneem dat daar faktore is wat die optrede om summier te vervolg bestaan.
Indien nie is dit weer n diskresie probleem van die beamptes se kant.
Mens wonder nou net waarom die selfde ywer nie gehandhaaf word tov die Esudomeni geval nie.
DISKRESIE – WAT N GEVAARLIKE WOORD IN VANDAG SE TYD

Meisiemens ·

Daar word in sulke sake bewyse ens ingedien om te besluit of die persoon vervolg gaan word.
Ons het geen idee anders as die media se min inligting rondom die saak nie.
Daar sal nie net, sonder bewyse besluit word om te vervolg nie.

Forrie ·

Ek stem heeltemal saam Koos, jy’t gese wat ek gedink het. Almal neem aan dit was n ongeluk, nes Oscar, maar hy sit vandag in die tronk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.