Pa wat seun per ongeluk skiet sal vervolg word

Sibusiso Tshabalala in die hof (7 Junie 2018). Foto: ANA

Die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) het die besluit geneem om die man wat verlede maand per ongeluk sy seun buite ʼn skool in Ennerdale doodgeskiet het, te vervolg.

Staatsaanklaer Tumi Maunye het Dinsdag aan landdros Maggie van der Merwe gesê die ondersoek is nog nie voltooi nie.

“Foto’s van die toneel is nog uitstaande. Ek het ʼn brief van die DOV aangeheg wat meld dat die saak by die hooggeregshof aangehoor sal word,” het Maunye gesê.

Maunye het versoek dat die saak tot September uitgestel word vir verdere ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig Sibusiso Tshabalala (51)  het buite die Fred Norman Secondary School in Ennerdale vir sy seun, Luyando, gewag toe hy aan die slaap geraak het. Die seun het teruggekom en aan die passasiersvenster geklop, waarna Tshabalala geskrik, sy vuurwapen uitgeruk en verskeie skote in die rigting van die venster afgevuur het.

Sy 14-jarige seun het op pad na die hospitaal gesterf.

Chwewe Machaka, prokureur vir die verdediging, het die uitgestelde datum bevestig en gesê sy verstaan dat daar ondersoeke moet plaasvind.

Siphiwe Kalashwayo , Luyanda se ma, het gesê sy sukkel steeds om die dood van haar seun te verwerk en is nou op medikasie. Sy het bygevoeg sy het Tshabalala vergewe en dat sy hoop die hof hom genadig sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

32 Kommentare

jongste oudste gewildste
Loxtonbride

Belaglik! Dit was duidelik ‘n ongeluk. Almal lewe in vrees hoekom sal die man beplan om sy kind in die aand vir aand klasse vat, buite wag dat sy klas moet klaar kry en hom dan dood skiet. Kry hy nie swaar genoeg nie, fokus op belangriker goed.

Ouvrou

Het die arme man nie al genoeg pyn nie.? Hoekom hom nou vervolg? Dis gek!!!

Sandy B

Ek dink ook dit is baie onregverdig. Arme man gaan seker dwur hel ‘ en nou dit ook nog.

Chris Mynhardt

Die man wat sy seun per ongeluk dood geskiet het namens my moet nie vervolg word nie maar wel die regerende party moet vervolg word saam met al die kabinets lede. Die rede is want die regering kan ons as gewone burgers nie beskerm nie. ons Konstitusie se dit is die regering se verantwoordelikheid on alle lands burgers te beskerm teen geweld en misdaad. Deur die regering se ontvermoe om sy burgers te beskerm moet ons as burgers ons self bewapen om ons self te beskerm. Almal is tans op hul senuwees en verwag om enige tyd aangeval te word.… Lees meer »

Attie

As die polisie net n beter werk gedoen het en mens hoef nie in vrees te gelewe het nie sou so ongeluk nooit gebeur het nie