Pa wat seun ‘per ongeluk skiet’ se saak lank uitgestel

Luyanda Tshabalala (Foto: Facebook via Fred Norman Secondary School)

Die saak teen Emmanuel Sibusiso Tshabalala, wat sy 16-jarige seun Luyanda doodgeskiet het, is tot Februarie 2019 uitgestel om pleitonderhandelinge af te handel.

Chewe Machaka, vir Tshabalala, het gesê hy hoop daar sal ʼn positiewe uitkoms wees in die saak en dat die saak afgehandel sal wees wanneer Tshabalala weer in die Lenasia-landdroshof verskyn.

Landdros Maggie van der Merwe het ʼn brief van die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) voorgelees waarin ʼn vergadering met Tshabalala se prokureur versoek word om die pleitooreenkoms te bespreek.

Tshabalala staan tereg op aanklag van moord. Hy beweer hy het sy seun op 5 Junie 2018 per ongeluk geskiet toe hy hom by Fred Norman Secondary School in Ennerdale, suid van Johannesburg, vir ʼn kaper aangesien het.

Van der Merwe het die saak tot 12 Februarie 2019 uitgestel. “Ek wil graag die saak afhandel,” het sy aan Tshabalala gesê. “Ek is teleurgesteld [oor die uitstel], want ek het gehoop om die saak vandag nog af te handel om berusting te bring vir jou en jou familie.”

Machaka het die hof versoek om die aanklag van moord te verander na strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Marlene Bothma ·

Ek wens die staat wil die saak terugtrek. Daar is ander hofsake waarin opsetlike misdaad gepleeg was. Die arme gesin beleef genoeg trauma.

Janet ·

Genade. Kon hulle hom nou maar nie net vryspreek nie. Die man is al soveel deur nou moet hy nog in spanning lewe vir 2 maande.

Poppie ·

Hy het klaar sy straf dubbel en dwars weg. Die wete ek is verantwoordelik vir my kind se dood. Om daarmee saam te leef, moet erg wees. Hoop hy vind berusting want dit was een hengse ongelyk/fout/misverstand en dit deur ons land se misdaad wat al erger word.

Henk ·

Waarom word die saak nie net laat vaar nie? Ek is seker iemand soos die oud Springbok Rudi Visagie kan aan die hof verduidelik presies hoe so iets jou lewe verander. Die man het nie nog die swaard van n hofsaak oor hom nodig nie

Uiltjie ·

Hendrik! Hendrik! Hendrik! Plaas jou self vierkantig in daai ou skoene, da praat ons weer!

Philip ·

Die arme man gaan deur hel. Hy het mos nie sy kind opsetlik dood geskiet nie. Dis die omstandighede waarin hierdie land tans verkeer wat dit aangeroer het.

RG ·

DIT is wat misdaad in SA veroorsaak. Laat vaar die saak, liewe hemel, wat is fout met mense.

RHG ·

Die pa het al my simpatie. So jammer dit het so ‘n nasleep.
Laat hom net gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.