Pa wat vier kinders glo vermoor dán verhoor

Die toneel waar drie van die kinders se liggame gevind is. (Foto: SA Polisie)

Die pa van Limpopo wat daarvan beskuldig word dat hy sy vier kinders in Februarie vermoor het, het Woensdag vlugtig in die hof verskyn.

Volgens Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Limpopo, het Lucas Phasha (50) in die hooggeregshof in Polokwane verskyn. Sy verhoordatum is vir  15 tot 19 Maart 2021 vasgestel.

Phasha, van Ga-Pasha naby Burgersfort, het na bewering in Februarie vanjaar sy vier kinders vermoor nadat hy hul ma van ontrou beskuldig het. Phasha word daarvan beskuldig dat hy Katlego (9), Joyce (7) en Tshepo (5) met ʼn byl doodgekap en Adel (3) met ʼn groot klip doodgeslaan het.

Malabi-Dzhangi sê Phasha was uit op parool toe hy die beweerde moorde gepleeg het.

Hy het voor die moorde ʼn rits inskrywings op sosiale media gemaak waarin hy sy vrou ook daarvan beskuldig het dat sy hom weens haar beweerde ontrou met MIV besmet het. Hy het gedreig dat sy die kinders nooit weer sal sien nie.

Maroela Media het vroeër berig Phasha het glo die voertuig wat die kinders van die skool af vervoer het, voorgekeer. Die bestuurder van die voertuig ken hom en het toegelaat dat hy die kinders saam met hom neem, het die polisie destyds gesê.

Phasha het die volgende dag glo aan ʼn buurman gesê dat die kinders vermoor is en het aangedui waar hulle liggame gevind kon word. Drie van die kinders se liggame is kort daarna in ʼn veld by mekaar gevind terwyl klein Adel se lykie sowat 3 km daarvandaan gevind is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jax ·

Wat de hel! Wat is fout met ons howe en regstelsel? Hou op om mense op parool vry te laat en opgeskorte vonnis toe te staan. Jy het swak besluite gemaak en jouself skuldig gemaak aan een of ander manier van wan-gedrag. Dan sit jy maar jou tronkstraf uit tot op die laaste dag. Dit is immers jou eie stupid besluit! As jy 2 of meer kere vir dieselfde misdaad opgesluit word, is jy n gewoonte misdadiger en hoort jy nie in die samelewing nie. Geen versagtende omstandighede nie en ook nie humanitêre “regte” nie. As jy iemand vermoor, verkrag, disnis slaan ens, tree jy nie menslik op nie. Waarom moet daar dan aan jou menslike regte gegee word.
Ons strawwe is te sag en word nie end-uit deurgevoer nie. Aksies het reaksies. Jy kies self hoe jou aksies gaan verloop met die wete wat daar altyd n reaksie sal wees. Hierdie geld vir klein en groot. Kinders moet van jongs af leer dat dit is hoe dit is. Jy sal in die moeilikheid beland as jy reëls verbreek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.