Pa wat vier kinders hang gevonnis

Sibusiso Mpungose gedurende ‘n vorige hofverskyning. (Foto: Leon Lestrade/ANA)

Die man van Pinetown in KwaZulu-Natal wat vroeër vanjaar sy drie biologiese kinders en sy stiefdogter vermoor het, is tot vier keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

Sibusiso Mpungose is Woensdag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof gevonnis, het Gert Nel van die Nasionale Vervolgingsgesag bevestig. Mpungose het in Oktober vanjaar skuld beken.

Maroela Media het vroeër berig Mpungose het op 3 September sy drie kinders, onderskeidelik 4, 6 en 10 jaar oud, kort ná 14:30 by die skool gaan oplaai.

“Daar is gesien hoe hy in die huis ingaan met die kinders. Die kinders se ma het gehoor dat hy hulle gaan haal het en agterdogtig geraak dat hy moontlik iets beplan,” het kol. Thulani Mbele, polisiewoordvoerder, toe gesê.

Die vrou het by die Kwadabeka-polisiestasie gaan hulp vra en ʼn polisielid het haar na die huis vergesel.

“By hulle aankoms by die huis het hulle twee kinders gekry wat in die hoofslaapkamer opgehang is en nog ʼn kind wat in ʼn ander vertrek opgehang is,” het Mbele gesê.

Die vrou is inderhaas na haar 16-jarige dogter se skool, waar sy meegedeel is dat die pa die kind reeds kom haal het.

ʼn Grootskaalse soektog is geloods na die tiener en die meisie se liggaam is in ʼn nabygeleë veld gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Die bly maar net hartseer ·

Dit bly maar net hartseer, ek hoop regtig nie dit moet gelyklopend uitgedien word nie.
Sterkte aan hierdie Moeder, ons kan net vir jou bid en dan hoop gee.

Eddie ·

Dit is gelyklopend , dis ongelukkig hoe die strafregstelsel werk !

Jo ·

Is hy al uit op Parool? Al lank genoeg gesit? Sal my geensins verbaas nie.

Realis Thailand ·

Die strafstelsel laat toe dat vonnisse opeenvolgend uitgedien word maar die regters dink dat vyf en twintig jaar lank genoeg is. Hoewel ek dink dit is ver te min en n minimum behoort 50 jaar te wees hoewel lewenslank sonder parool eintlik ideaal is
Gelukkig het die parool raad nie die reg om die vonnis te verminder nie.

Adel ·

Siek, siek, siek!! Jy moet nooit weer in die samelewing wees nie!!

Hoe vermoor mens jou kinders, wie “spite” jy nou eintlik???

DEE ·

Bring die doodstraf terug en hang hom soos hy daai kinder gehang het… hy hoort nerens nie eers in n tronk nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.