Pa wat vlug na baba sterf vasgetrek

Marthinus Pelser. Foto: Facebook

Marthinus Pelser. Foto: Facebook

Marthinus Pelser, die pa van Johannesburg wat verdwyn het nadat sy babaseuntjie van ses maande Saterdagaand dood in sy wiegie aangetref is, is in hegtenis geneem.

Ao. Karen Jacobs, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê iemand het die Kia Picanto gesien waarin Pelser Saterdag gevlug het en die polisie in kennis gestel. Pelser was glo kort daarna terug by sy huis in Honeydew, maar het besef die polisie is op sy spoor en het weer in die motor gevlug. Hy het egter sonder brandstof gaan staan en te voet verder gevlug.

“Ons het die hele gebied afgesper en na hom gesoek. Hy is in Honeydew in ʼn veld vasgetrek,” het Jacobs gesê. Sy het gesê Pelser sal Vrydag in die Roodepoort-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Maroela Media het vroeër berig Pelser se vrou, Bianca, het Saterdag omstreeks 19:00 van die werk af gekom nadat Marthinus die dag na die egpaar se baba, Deon, omgesien het. Bianca het glo in die slaapkamer na Deon gaan kyk en sy liggaam in sy wiegie gevind waar dit in ʼn kombers toegedraai was. Hy het brandwonde aan sy lyf, kopbeserings en bloed aan sy gesig gehad.

Toe Bianca uit die slaapkamer kom, het Marthinus met die egpaar se motor gevlug. Bianca het paramedici ontbied, maar die seuntjie is met hul aankoms dood verklaar.

Die polisie het vroeër Woensdag gesê die uitslae van die nadoodse ondersoek is nog nie beskikbaar nie en dit is dus nog onduidelik hoe Deon dood is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

So onnodig en so sad ·

Bernard ja dit gaan geen verskil maak nie, die baba is oorlede. Dit is so onnodig en so sad, ek kan nie dink wat hierdie Pa Saterdag gedink en gedoen het nie. Dit is eenvoudig onglobaar, op die oog af lyk hy heel mal oor sy seuntjie. As dit die resultaat van ‘n rusie dalk skeiding is, is hy ‘n groot gevaar vir die samelewing, want om jou eie kind se lewe te neem is die wreedste ding om te doen en dit nog ‘n weerlose baba!

marianne ·

Marthinus waarom vir Klein Dion vermoor??? As jy nie ‘n PA wou wees nie moes jy dit aan Bianca erken het voor haar swangerskap!!! Hoe lewe jy met jouself???
Bianca my Hart bloei vir jou en julle familie. Koester jou seuntjie in jou hart, hy sal altyd deel van jou wees.
Ek is so bitter jammer!

Rena ·

Hoekom sal enige mens n baba so wil verniel…? Ek sal dit seker nooit verstaan nie.

sonja ·

Ag my liewe Bianca my hart bloei vir jou wat se tiepe mens is hy om dit aan n baba tedoen mag hy so lank as wat moonlik toe gesluit word en die sleutel weg gegooi word

Se maar net ·

Ek wens die opskrif wil eerder lees ‘Man wat…’ – want dat die monster ‘n Pa genoem word maak my sommer naar. Dan weer, ‘n man is hy ook beslis nie. My hart bloei vir daardie mamma…

Frans ·

Flipen lafhard ek die week my dogter gesien boom klim vir die 1 keer as pa was ek so trots man dit was leke om n kind te sien boom klim hoe maak jy so iets dood

Joann ·

Kop uitgehak die simpel ding. Ook maar stres en depressie soos Oscar en dan mag jy maak wat jy wil. Sies

Hoe kan jy? ·

‘n Baba wat hom nie self kan beskerm nie. Hoe kry jy dit oor jou hart Om dit aan jou eie kind te doen. Maar weet in die tronk gaan daar nie genade vir jou wees nie.

Frederik ·

Maroela wys die man se foto met sy naam voordat hy in ‘n hof verskyn het of gepleit het.
Maar as dit ‘n swarte was, nooit ooit nie.

Jan ·

Ek dink die verskil hier is dat die polisie amptelik sy foto en naam uitgereik het as deel van die soektog, so was dit reeds bekend

Ai tog ·

Maroela is die mees bedagsaamste en gehoorsaamste koerant, ai tog so jammer party moet net kla, die Polisie het foto uitgereik vir soektog nadat hy gevlug het, eish dit kan darem nie te moeilik wees om te verstaan nie! Waardeer due gratis inligting.

Vleisman ·

Sy dag gaan kom… Wag net totdat hy in die tronk is dan sal hy kry wat hy verdien en nog meer… Die hel is nie eers goed genoeg vir hom nie.

Cobus ·

Is waarlik tyd vi die doofstraf want n baba is net plesier.
Geen normale “mens” doen so iets nie.
Wens ek kon hom vir n paar uur kry sonder toesig.sal hom wys wat hom toekom.

Ek help jou ·

Cobus ek help jou, hy moet so magteloos voel soos sy babatjie gevoel het!

GvdM ·

Ek werk by n gevangenis. Glo my, Jul wil nie weet wat ander gevangenisse met kinder moordenaars en -verkragters aanvang nie. Hy gaan so bitterlik spyt wees oor dit wat hy gedoen het.

Rapes ·

Ai jongman wat het verkeerd geloop? Jy weet om ‘n kind te he is ‘n groot voorreg en hul gee jou as ouer soveel plesier in die lewe. Jy het dit jouself ontneem.

chantal ·

Dit is net siek. Die wereld van ons is in n toestand. Mag daai man brand in die hel

Amelia ·

Dis bitter hartseer!
En die slegste is dat n ma nie eers haar man kan vra om na sy eie kind te kyk as sy moet gaan werk nie!!!!! N kind so onskuldig vra net liefde, aandag en kossies en dan kry hy dit by sy pa! EK kan net dink hoeveel pyn daai arme baba moes deur gaan! Baie sterkte mamma en familie bid vir julle

Johann Marx ·

Enige mens kan kinders hê….min mense kan ouers wees!!

Strydom-:Stryslim eerder ·

Wees bly die polisie het jou gekry, sou anders gewees het as ek jou gesien het! Gemors, siek siek siek

Sterkte ·

Sterkte aan die Ma, jy kan sien op haar foto’s dat klein Deon alles in haar lewe was, mag ons Liewe Vader jou beskerm en dra deur hierdie tragedie. Sterkte aan die familie.

Billy ·

Ekt pragtige baba dogtertjie hulle gee mens soveel vreugde geluk en plesier hoe mak jy jou eie baba dood hu leef jy met jouself saam babas vra ni om in wereld te wees ni dis geskenk van bo waardeur hulle want hulle word vi jou geleen om jou as ouers die vreugde te kan ge om sam jou kind lewe te kan geniet

Heleen ·

Waarom, o waarom moes die arme klein seuntjie so wreed sterf. As iemand nie kans sien om n ouer te wees nie of as jy voel jy wil jou huweliksmaat leed aandoen, slaan eerder jou eie kop teen die muur en stap uit die verhouding uit. Kinders is n seen van God, wat jy ookal aan n kind doen om hom/haar seer te maak of te na te kom sal nie ongestraf bly nie. Daar is duisende wat smag daarna om n klein bondeltjie in hulle arms te koester, gee dan die outjie liewer vir so n persoon. Jy is die naam man nie werd nie.

Jaco ·

Mt baba seuntjie is nou 8 maande. Elke mylpaal van hom is vi my en my vrou n groot vreugde. Ons is oneindig lief vi ons kids en sal mal raak sone hul in ons lewe. Ons mag nie oordeel nie maar flip die monster. Ek weet nie hoe hy dit kon doen ni. RIV Baba Deon. Ons het j fotos gaan kyk op FB en jy is werklik n pragtige seuntjie. Jou pappa het nooit besef hoe geseen hy is ni.

Absoluut ·

Ja nee Lolla, so word ons ook misdadigers in ons gedagtes, jou woorde is presies my woorde. Die misoes moes homself liewr net van die aarde verwyder het, ons sou nogsteeds ontsteld gewees het, maar ten minste sou ons nie moes hoor en toekyk hoe hy nou gaan verduidelik hoe hierdie pragtige seuntjie hom gedryf het tot so iets. Hy het nie net sy babatjie vermoor nie, sy vrou haar kind ontneem nie, familie se emosionele skade gedoen nie, maar vir jou en my ook misdadige denke geskep. So onnodig, so sad, net te veel vir ons verstand.

Breggie ·

Lolla, jy is heeltemal reg. Gemors soos hy verdien eintlik erger as wat jy uitspreek. Daar is niks wat n ma se pyn sal regverdig nie. Ek wonder net: met dit wat hy aan die baba gedoen het, dink net hoe daai baba moes skree en huil. Het die bure niks gehoor nie? Met sulke sootr pyn gille kan enige mens in die omtrek mos agterkom dat iets nie pluis is nie? Mens noem so iets nie inmeng nie, want dis ter wille van n weerlose kind teenoor n volwassene. Dis soos om n kind te los om homself te verdedig teen n wrede wilde dier!

Gogga ·

So verskriklik hartseer, ek kyk na die Outjie se facebook fotos saam die ou seuntjie, dan kan mens nie glo watter monster kruip binne hom weg nie. Dis walglik!! Sterkte Bianca, mag geregtigheid seevier

HEVW ·

Ons reken ons leef in n tydvak van beskawing, maar wat ons waarneem is die verdierliking van die mens. Waarom? Omdat God nie die belangrikste Deel is van ons beskawingsopvatting nie

oogies ·

Waar gaan alles eindig as dit nie n ouer is wat n kind doodmaak of half dood mishandel nie is dit kinders wat ouers vermoor……….waarom en ek is so moeg om te lees dit is dwelms se skuld wens net hulle wil die doodstaf terug bring miskien sal dit help. My hart gaan uit na die ma van die weerlose baba wat hom nie eerns kon verdedig het teen die monster nie .Hoop hulle sluit jou toe en vergeet van jou in die sel

BiancavN ·

Maroela dink jul nie dalk die foto op hierdie artikel is onvanpas nie??

Charmine ·

Laat ons los al die kommentaar help nie die mamma dt laat haar mal raak in haar kop dat sy dt nie kon sien kom nie nou se ons nog dinge wat sy nie kan uitwerk nie los eers

gogga ·

mensies wie het nooit daar aan gedink dat dit n ongeluk was,nie en hy het gevlug uit bang wees ek sou ook,niemand is perfek nie,ek ht al met my baba ook al paar stampe en stote gehaat bje kwaad geraak… Ja maar nooit gedink om haar seer te maak nie… Maar mense dink btjie mooi,ek het n comment n rukkie trug gelees wat hulle se,hy kon deon in te warm water lat bad het en dan weer lat val het????? Niemand dink daar aan nie,nee almal dink net hys n MONSTER maar hy is n goeie persoon… Ek ken hom 16 jaar mense kan se wat hulle wil… As hy skuldig is,is dit bje erg… Maar as hy nie is nie gaan almal hulle woorde sluk…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.