Pa weer in hof ná hy 4 kinders glo vermoor

(Foto: SA Polisie)

Die pa van Limpopo wat daarvan beskuldig word dat hy sy vier kinders vermoor het, het Donderdag vlugtig in die hof verskyn.

Lucas Phasha (50) het in die Mecklenburg-landdroshof naby Burgersfort verskyn en die saak is tot 16 Julie uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Phasha het na bewering in Februarie vanjaar sy vier kinders vermoor. Hy het na bewering die voertuig wat die kinders van die skool af vervoer het, voorgekeer.

Die bestuurder van die voertuig ken hom en het toegelaat dat hy die kinders saam met hom neem, het brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, vroeër gesê.

Die pa het die volgende dag aan ʼn buurman gesê dat die kinders, Katlego (9), Joyce (7), Tshepo (5) en Adel Phasha (3), vermoor is. Hy het ook aangedui waar hulle liggame gevind sou word en het oënskynlik daarna verdwyn.

Drie van die kinders se liggame is in ʼn veld by mekaar gevind terwyl die driejarige se lykie sowat 3 km daarvandaan gevind is.

“Drie van die kinders het steekwonde gehad. Die jongste het oop wonde gehad,” het Mojapelo gesê.

Die pa staan tereg op vier aanklagte van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.