Pa wil skole help ná seun in puttoilet verdrink

James Komape. Foto: Mary-Anne Gontsana van GroundUp.

Die pa van Michael Komape, ʼn vyfjarige leerder wat verdrink het in ʼn puttoilet by sy skool, is vasberade om die swak toestande van skole in Limpopo te verbeter.

GroundUP berig James Komape het begin by die skoolbiblioteke.

“Dit is iets wat ek doen nie nét om die kinders te help nie, maar ek doen dit ook ter ere van Michael,” het Komape in Sepedi gesê. “Ek wil nie hê my seun moet vergeet word nie, ek wil hê sy naam en sy herinnering moet voortleef. Selfs voor hy dood is, het ons beplan om hierdie biblioteek-inisiatief saam aan te pak, so ek gaan voort daarmee. Sodra ons daarin kan slaag om ʼn biblioteek te bou, sal dit na hom vernoem word,” het Komape gesê.

“Ons gemeenskap het ontwikkeling nodig. Ek het die plaaslike stamhoof hier by Chebeng-nedersetting genader en hy het vir my ʼn stuk grond gegee, maar nou soek ek donasies om die biblioteek te help bou.

“Intussen het ek ʼn biblioteek-veldtog by die Hosea Ntsoane Primary School in Chebeng begin,” het Komape gesê. “Boeke en lessenaars is vir ons geskenk; meeste van die donasies kom van Section 27.”

Die biblioteek is reeds amper vol en is daagliks van 06:00 tot 20:00 oop. Dit maak voorsiening vir leerders van gr. 5 tot 7.

Hy sê dit maak hom diep hartseer dat daar sedert sy seun se dood in 2014 geen visuele ontwikkelings óf verbeterings in terme van die toilette in daardie omgewing was nie.

Komape; sy vrou, Rosina; seun, Lucas; en dogter, Lydia, was almal teenwoordig by die Bhisho hooggeregshof in die Oos-Kaap verlede week om die saak wat deur Equal Education gebring is as deel van die FixOurSchools-veldtog by te woon.

By ʼn Round Table-vergadering voor die hofsaak het Komape vurig sy teleurstelling en pyn oor wat met sy seun gebeur het en die gebrek aan infrastruktuur by skole, nie net in Limpopo nie, maar ook in die Oos-Kaap, uitgespreek.

“Ek is ʼn persoon wat lief is vir kinders en die onderwys. Dit het my gebreek toe ek ʼn laerskool in Limpopo besoek het en die hele klas een boek gedeel het omdat hulle nie enige boeke het nie. Die skool en die klasse is oorvol. Ek wens die regering wil toilette en biblioteke bou en water aan skole voorsien,” het Komape aan die vergadering gesê.

Die dag voor die hofsaak is die 5-jarige Lumka Mketwa ook dood in ʼn puttoilet by Luna Primary School in Bizana in die Oos-Kaap.

Bron: GroundUp

Maroela Media het vroeër berig pres. Cyril Ramaphosa het verlede week die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, ʼn maand gegee om ʼn oudit te doen oor alle gevaarlike skoolstrukture en om ʼn plan te beraam om dit te herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wonder net ·

Wonder maar net……………die pa lyk oud vir ‘n 5 jarige kind

Hoekom? ·

Nou vir wat pla die man se ouderdom jou? Die seun was 5jaar oud vier jaar terug toe hy oorlede is. Hoekom sê jy nie liewers iets positiefs oor die man wat besig is om te probeer goed doen vir die skool nie?

Ai tog ·

Aan wonder bet en die ander: My pa was 44 toe ek gebore is. Ek is n laat lam. Dis die pa wat “oud lyk” nie die ma nie. Hy kry nie menopause op 45 nie. Wees eerder net bly die pa wil iets positief en volwasse doen en nie klippe gooi nie

Mielie ·

Plaas die fabrieksfout van die rooispan eerder fokus op sulke gevalle en hier n verskil maak en ook seker maak die leerlinge word in hulle eie taal onderrig. Hy kan die wereld vir CR sodoende baie moeiliker maak, maar nee hy gokus eerder op homself.

Oeps Nee! ·

Ek wonder of julle weet julle geld gaan alles by KFC ingehandig word!

PJC ·

Hierdie ouers kan hulle kinders en kleinkinders help deur in die eerste plek nie vir die ANC te stem nie want as hulle nie aan bewind was nie sou alles nie in so ń haglike toestand gewees het nie.

Christo ·

Ek hoop die Minister van Onderwys doen ook ‘n ondersoek na hoeveel skole gevandaliseer en afgebrand is. Ek het al skooltoilette en geriewe gesien wat in hulle maai verniel is nadat dit ses maande gelede herstel is. As mense nie hulle kinders leer om op te hou om al die skoolgeriewe op te neuk nie sal daar definitief meer geld beskikbaar wees. Elke jaar kry geenfooi skole ‘n bedrag wat aan die skool toegeken word. Die bedrag is relatief groot. Dit word nie doeltreffend bestuur nie. Dit word nie behoorlik geoudit nie. Die kwessie van handboeke is strooi. Skole kry elke jaar die geleentheid om boeke te bestel om die tekorte aan te vul. Dis ‘n slapg** hoof en personeel wat nie sorg dat boeke opgeneem word aan die einde van die jaar nie, en ook nie sorg dat die vermiste boeke se geld verkry word van die ouers nie. SADTU doen net mooi niks om skoolhoofde te bemagtig om skole te bestuur nie. Die ouers op die beheerliggaam van die hierdie skole woon ook nie departementele opleidingsessies by nie. Met elke vergadering wil hulle eet en vervoer eis van die skool. Die vergaderings beteken gewoonlik niks. Sulke skole moet liewer deur departement bestuur word. As jy iets breek kos dit geld om dit te vervang. Enige mens verstaan dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.