Pa wis hele gesin uit

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die Mfuleni-polisie ondersoek die omstandighede rakende die dood van vier gesinslede in Kuilsrivier, sowat 40 km buite Kaapstad.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggame van ʼn man (36), sy vrou (35) en hul twee kinders, ʼn dogter (12) en seun (8), is Donderdag in hul huis in die Bardale Village-veiligheidsoord aangetref. Al die gesinslede het ʼn enkele skietwond gehad.

Volgens Traut het die voorval in die vroeë oggendure plaasgevind.

“Daar word vermoed dat die man verantwoordelik is vir hul dood,” het Traut gesê.

Hy het bygevoeg dat die man nié ʼn polisiebeampte is soos elders beweer is nie.

Die polisie ondersoek drie sake van moord. ʼn Geregtelike doodsondersoek word ook gedoe

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Aneleh ·

Hoe op aarde doen n mens so iets???? Bitter selfsugtig as iemand my moes vra…

Geitjie ·

Aneleh loop eers n myl in iemand se skoene voor jy kan oordeel.

zeno ·

Daar is altyd baie hulp beskikbaar vir sulke mense. Hoekom die onskuldiges saam neem. Dit is selfsugtigheid. Die kinders het nog nie eens `n behoorlike lewe gehad nie.

Maljan ·

Julle moet dit tog net nie vir Geitjie sê nie. Sy het nog stink voete van die myl wat sy in die selfsugtige blik.. se skoene geloop het.

Moedeloos ·

Ek kan dit verstaan. Tans as gevolg van die droogte is ons al 14 maande sonder inkomste. Ons skuld die skool al ‘n plaas se geld ons moet Maandag uit ons huis uit en het nêrens om heen te gaan nie. Niemand gee om nie niemand staan by ons nie en niemand steek hand uit nie. Soms wonder ek ook… is dit regtig selfsugtig….

Bert ·

Aan almal wat so uitvaar en verwyt, wie het al vir Moedeloos ‘n helpende hand aangebied sodat ons dalk nie oor ‘n paar maande hier weer dieselfde verwyte van selfsugtigheid moet lees!!

Blommie ·

@Geitjie,
Ek het nie nodig om een tree in iemand se skoen te loop wat so iets doen nie.
Dis inhalig en selfsugtig ONGEAG wat sy verskoning was, eindig dan jou EIE lewe.
Geen mens het die reg om te besluit tussen lewe of dood nie. Net God het en hy gaan antwoord vir sy dade, daai KINDERS het nog n lewe voor hulle gehad.

Vraag ·

Maar Blommie, God het mos nou toegelaat dat dit gebeur, ook dat hy blykbaar in onhoudbare omstandighede beland het of hoe?

m ·

Dit is so sad om die goed te lees, tekens van die tye, en sosiale druk waaronder mense in SA lewe. Dat hy nie meer ‘n toekoms kon insien vir hom, sy vrou en kinders nie. Baie sad!!

Lydia van Rooyen ·

Ek hul vat almal saam sodat hul nie sonder hom moet swaarkry nie

Biddend ·

Baie simpatie en empatie vir almal wat deur sulke gebeure geraak word Hemelvader verhoor ons NOODROEPE ASB.????Sameloop van so baie omstandighede in RSA, asook die afgelope 30 jaar gaan samelewing nie voorentoe maar af. Sterkte daars altyd HOOP.

Gesiggie ·

Kan dit nie hanteer om sulke berigte te lees?? dit baie sad, my hart gaan uit na hul familie.

Johanna cronje ·

Stem baie seer om die soort nuus te moet Lees, en hoekom n mens tot so n daad oorgaan, sien nie n toekom vir familie nie….break n mens……

Sandra ·

Mens weet nie wat die standighede was nie. Daar is so Baie hoekom en waaroms. Die lewe is wreed en tans gaan Baie mense ook gebuk onder die oorlewing angs. Kan ek nog vir my gesin sorg, het my skuld Las te groot geword. Ek simpatiseer met die naasbestaandes en vertrou dat hulle berusting Sal vind.

Sundra ·

Sandra, watter omstandighede regverdig dat hy sy vrou en onskuldige kindertjies ter dood veroordeel en dan nog self die laksman is? Kan jy jou die vrees voorstel wat die ander twee moes deue maak nadat daardie eerste skoot hulle wakker gemaak het?

Elna ·

Dis vreeslik hartseer om die tipe nuus te lees maar niemand van ons sal weet wat deur die persoon se gedagtes gegaan het om oor te gaan na so besluit nie. Die tipe dinge gaan meer gereeld gebeur in hierdie wonderlike SA van ons want die verdrukking word by die dag net al hoe erger en erger geen mens kan meer onder hierdie verdrukking en haaglike omstandighede lewe in SUID AFRIKA nie!!! Dis my punt.

Sann ·

@Moedeloos:
Baie sterkte vir jou. Moet asb nie almal se kommentaar ter harte neem nie. Droogte, is bitter swaar. Dit lyk glad nie na God se liefde nie. Maar as ons leer dat God ons nader trek na Hom, dan dink ons dis altyd met sagte hande. En tog, dalk is dit soms vir ons nodig dat Hy ons stoot waar Hy ons wil hê. En dit is tot by algehele oorgawe aan Hom. Om eers te kan sien dat niks van ons eie handewerk tot iets kom, as Hy dit nie seën tot vrug nie. Ek hoop van harte dat julle ‘n ander heenkome het totdat dit weer beter gaan.

Huh ·

Elkeen vd gesinslede het ‘n enkele skietwond gehad. Nie ‘al die gesinslede het ‘n enkele skietwond gehad nie’.

HPV ·

Die mens wat hul moes vertrou en beskerm word toe hul enkel grootste vyand!
Tragies maar niks regverdig so daad nie.

RooiSarie ·

Sterkte aan die familie wat die begrafnis moet reël, ek verstaan 100%
hoekom die goed gebeur, as jy nie in finansieële probleme sit, of op die rand van ‘n
egskeiding staan, sal jy nie verstaan hoe dit is

Riv, julle is beter af

Blommie ·

@RooiSarie,
Ek is jammer ek kan dit nie verstaan nie. My dogtertjie is 8jaar oud en al daai lewens lus en uitsien na more en wat sy eenag wil word kan ek net nie oor my hart kry dat iemand so ongevoeloos kan wees nie. As sy net onder die bed moet kyk vir monsters is sy bang, nie eers om van boetie te praat nie. Hoe kan enige iemand so iets doen. Hoe gemeen en ongevoeloos. RIV disnet te tragies

Penellope Jones ·

Hoe kan enigeen weet wat aanleiding kon gee tot hierdie hartseer gebeure?
Ander mense se boeke is duister en mens weet nie mos nie alles wat in hul lewe gebeur of skeefloop nie.

Mens kan net hoop vir berusting.

Michael P ·

Ai daar moes groot fout gewees het vir n pa om so iets te doen ons sal nooit weet nie maar ja raak ontslae van jou self en los die gesin uit hulle sal later met dit cope en aan gaan met hul lewens. Shoe dit moet erg hartseer wees vir die famielie wat daarmee moet saam leef.

Stofdonkie ·

Al wie verkwalik kan word in so geval is die mense om die gesin. Niemand sal tot so ekstreem gaan wat nie geweldige druk gehad het nie. Mense wat so erg oordeel, maak bietjie julle oë oop vir mense om julle wat dalk smeek vir hulp en later voel hulle kan nie meer uit ‘n donker put kom nie.

Pienk Marie ·

Ek was getroud met n gek wat vir elke baketel wou gesinsmoord pleeg soos n ander sot in sy kinderjare gedoen het. Dis loutere selfsug en egoïsme wat hulle dryf. Soos n dier gevreet ook as hy tereggewys was wou hy Gesina!oord pleeg. Ek is tot vandag oortuig as hy almal klaar geskiet het en iemand het hom n bier gebring was hy tot vandag doodgelukkig om almal se vroutjie in die tronk te wees.

Abe ·

Niemand het die reg om so’n daad te pleeg nie. Niemand kan besluit dat n ander persoon se lewe beeindig moet word nie. Niemand kan se dat n ander persoon geen regverdigbare toekoms het nie. Vraag bly staan: mag iemand besluit dat hyself nie n toekoms behoort te he nie?

Cherokee ·

Eish, daar is hulp beskikbaar. As jy dit nodig het, google vir dit. Maklik genoeg. Jou antwoord aan Pienk Marie laat slegs ‘n ‘eish’ as antwoord. Google is your friend.

Vintcent ·

SA het ‘n terminaal siek samelewing en dit dryf mense uit desperaatheid tot sulke optredes. Die gebrek aan ondersteuningsisteme, burgers se gebrek aan respek en mensliewenheid en ‘n regering se toenemende terrorisme teen sy eie burgers, maak dinge ondraagbaar in hierdié land.

Michael P ·

Shoe daar moes groot fout met hierdie gesin gewees het om so iets te doen .maar ja ek stem saam raak ontslae van jou self en los die gesin uit die lewe vir hulle sal aangaan sonder jou. Shame die jong kinders se lewe het nog nie eers begin nie. dit is baie tragies.

Vermoed ·

“Daar word VERMOED dat die man verantwoordelik is vir hul dood”. Klaar blyklik het baie kommentators hier nie die kennis van die woord vermoed nie. Ek kry julle innig jammer. Julle wil net al wat ‘n klip is gooi. Laat die gereg sy gang gaan voordat julle aannames maak…

Vraagteken ·

LC, lykmy jy vergeet dat daar ‘n persoon oorleef het????????+++?????????? As hy ‘n vuurwapen by hom gehad het, dan sou die dogter ook nie lewend wees nie. Met ander woorde: juis omdat daar nie ‘n vuurwapen was nie, het iemand oorleef!!!!!

Leon ·

Die Suid Afrikaanse troepe het in Suid Wes Afrika (Namibië) geveg vir jare. Die ANC aliansie het teen dir RSA geveg vir jare. Toe vrede verklaar is, het niemand hierdie troepe geneem en vir hulle sielkundig bygestaan nie. Dieselfde gebeur met polisie en huidige troep. Dit is ‘n vreeslike traumatiese ondervinding.
Die spanning en stres loop so hoog dat skielik ondervind jy die trauma en jou kop haak uit. Dan skiet jy net wat voorkom. Hoekom dink julle het ons nog plaasaanvalle. Die ANC regering het nognie vir die vryheidvegters gesê hulle kan nou maar ophou nie. Hulle verkondig nog steeds die sogenaamde “stuggle” aan.
Dieselfde geld vir troepe en polisielede.
Dieselfde gebeur in die VSA met vormalige Viëtnam troepe en treope wat terugkom van oorseese diens.
Soos gesê, loop ‘n myl in hulle skoene. Dit is moeilik.

charmaine ·

Dis dalk uit desperaadheid wat mense sulke dade doen. So baie plekker betaal mense af deesdae, banke, myne kyk hoe gaan dit by DENEL mense kry net 85% salaris, en dalk was die man ook oppad om sy werk te verloor en was bang wat van sy gesin word indien hy sy eie lewe neem, waarvan gaan hulle dan leef. n Familielid van my het ook selfmoord gepleek wat by n bank gewerk het en daar was finansiele probleme tussen haar en haar man en niemand kon dit voorsien of keer nie. Sulke mense maak n besluit en op daai oomblik dink hulle dis reg. So nie een van ons kan oordeel en vra hoekom nie, hulle het hulle lewe gelei en dit was dalk n moeilike een. Of dit reg of verkeerd is ek weet nie dis omstandighede wat tot sulke aksies ly. Mense kry swaar in SA.

Cherokee ·

So charmaine, jy soek finansiële verskonings vir ‘n gesinsmoordenaar. Vir iemand wat ‘n vrou en kids vermoor.. vrou wat weer met ‘n meer suksesvolle man kan trou en kindertjies wat dekades van eie toekoms voor hulle gehad het. En jy soek verskoning daarvoor? Op my beurt dink ek dit is boosaardig. Jý charmaine, moet jou eie sienings en menings in heroorweging bring.

Se maar net ·

Daar word nou kommentaar gelewer van die persoon het dalk geskree vir hulp en mens kon hom dalk help. My eerlike opinie party mense wil net nie gehelp word nie. Die hulp is al aangebied maar dalk van die hand gewys…dis selfsugtig gaan as jy moet jou eie lewe neem en gaan doen dit op n ander plek as om jou hele gesin saam met jou te neem, nee man dis regtig . Hoeveel trauma berading gaan die maatjies van daardie kinders alleen nodig he. Siek wereld die

Mari de Jager ·

Wie kan my help as ek my werk en huis verloor agv personeel vermindering. Waar kan ek hulp kry?

Cherokee ·

HPV, dit is ‘n sinvolle antwoord maar skort leiding. Dit is die tipe antwoord wat meer as slegs een sin regverdig. Jy ken nie die ontvanger nie. Jy weet nie of die ontvanger leiding nodig het en of verstaan word met jou soort van kortaf antwoord nie. As jy wil die evangelie wil verkondig, moet jy dit nie halfhartig doen nie.

J ·

BID die Here se genade is groot is nie nodig v selfmoord of nog erger gesinsmoord nie NEE
Bid

HPV ·

Cherokee ja, dit mag dalk so oorkom al is dit nie so bedoel. Nee ek probeer nie die evangelie verkondig, sekere kerke kry dit nie eers reg nie. Sal maar volgende keer stellings in meer as een sin probeer maak.

Michael P ·

Ek het dit al voorheen gese om jou hele famielie so af te maai kan mos nie jou probleme op los nie. Jy is dan die man die pa die oupa wat ook al daar sal en is altyd n uitweg. maak nie saak hoe moeilik dit is nie.Daar. is n GOD wat jou sal ly.

weet ook! ·

Aan Moedeloos wil ek net sê…..Ek was daar. Het alles verloor! Geen huis nie, tot my kar verloor.
Toe kry my vrou Lyme siekte en n jaar later is ek gediagnoseer met MS.
Geen werk geen bly plek en te siek om te werk geen Geld vir medikasie nie. Al wat ek vir jou kan sê is ,ja ek het ook gedink ek loop sommer die see in want dis waar wat jy se dit is ongelooflik hoe min mense n hand uitsteek om jou te help! Nie eers familie nie!
Dis verbasend dat skielik kla jou vriende wat man en vrou alby nog werk kar en karavaan het en een maal n maand nog gaan kamp,hoe die armoede druk! Uhg ons het nog nooit so swaar gekry nie….ou pel as ek kon het ek gehelp….maar ons kry vrek swaar…en vroulief draai nog eenkeer n week by die haarkapper en my pel koop nog elke week sy brannas en 12 biere…..Nê!!
Ek het net besluit,bid en nog maals bid en dan my en my vrou se humor het ons deur getrek maar eerlik ons het vir die eerste keer in 38 jaar van getroude lewe,God se hand in ons lewe gesien! As jy nie agslaan nie sien jy dit nie raak nie! Dis 5 jaar later en nog steeds so arm soos n kerk muis maar nog nie een dag in ons lewe honger gely nie!

Hoop ·

@Moedeloos my hart breek vir jou. Ek lees sommer die wanhoop raak. Ek bid vanaand spesiaal vir jou en jou mense. Mag Pappa God jou en jou mense vanaand styf vashou en julle troos en hoop op Sy skoot vind. Onthou die nag is altyd op sy donkerste net voor die dag breek. Be blessed and stay encouraged. Shalom

Onbekend ·

Dis nie die mense wat siek is nie, dis die werêld wat siek is, dan probeer jy maar iets te doen om uit die siek werêld uittekom..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.