Paaie gesluit in Ennerdale weens betoging

Foto: @admaharaj op Twitter.

Foto: @admaharaj op Twitter.

Betogers het Maandagoggend motors met klippe bestook in Ennerdale, suid-wes van Johannesburg, het die metropolisie gesê.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê die betoging is by Provincial- en Jamesstraat. Volgens Minnaar is dié paaie intussen gesluit. Hy het motoriste aangeraai om van Lenasiaweg as alternatief gebruik te maak.

Volgens berigte betoog inwoners oor behuisingskwessies.

Foto: @BJoshTaylor op Twitter.

Foto: @BJoshTaylor op Twitter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.