Paaie gesluit tydens Parkwood-betogings in Kaapstad

Parkwood-betogings (Foto: Cindy Waxa/ANA)

Gewelddadige betogings het Woensdag weer in Parkwood in Kaapstad opgevlam oor grond en behuising. Inwoners het die strate ingevaar en polisiebeamptes en ander wetstoepassers met klippe bestook.

Die Stad Kaapstad het gesê 111 onwettige strukture is afgebreek en sewe vragte materiaal is verwyder.

“Altesaam 17 persone (12 mans, vyf vroue) is in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld. Die verdagtes is na Grassy Park-polisiestasie geneem,” het Wayne Dyason, woordvoerder van die Stad Kaapstad, in ʼn verklaring gesê.

Dyason het gesê Prince George-rylaan is in albei rigtings gesluit tussen Dick Burtonweg en De Waalweg, waar inwoners probeer het om strukture langs die snelweg op te rig.

“Die strukture word tans afgebreek,” het Dyason gesê. “Daar was ook ʼn paar voorvalle waar beamptes met klippe bestook is. Die situasie is tans onder beheer.”

Die betogings het ʼn week gelede begin toe inwoners van Parkwood grond en huise begin eis het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mrs H ·

Die nuwe Suid Afrika se mees intiligente probleem oplossing metode onder die massas. Sad en Embarrassing. Wie het die proteste vandag in Centurion by Checkers wearhoouse gesien op Brakfontein Straat?

Koos de Meyer. ·

Die Geldenhuyse is nie net in die Kaap nie. Hulle is die hele land vol. Ons soek geld en huise. Kry maar vir julle.

Chris Ws ·

Ek wonder waar is Maroela media se berig oor Koster se onluste vandag??Die burgemeerter se luukse gastehuis is in die proses afgebrand en Nigeriese dwelm smokkelaars/smouse se twee huise ook en alle uitgangs paaie geblokkeer maar MM weet niks?Dis verstommend.
Weet MM dat die onluste so pas versprei het na Derby toe waar ‘n vragmotor reeds aan die brand gesteek is net voor 21h00 vanaand??

Neewat ·

Brand, BREEK AF en vernietig .. daar gaan een van die dae niks meer oor wees om op AANSPRAAK te maak nie!! Doen so voort .. Ek het geen simpatie met enigeen wat oor dienslewering kla nie want hulle stem STEEDS dieselfde .. AS jy dieselfde aksies uitvoer is die uitslag altyd dieselfde . hulle wil ‘grond’ he van die witte maar kry nie eers water en ligte van die regering waarvoor hulle stem nie .. GEEN SIMPATIE, net soos in ZIMBABWE > hulle het verkeerd gestem . maar met blinkogies die wittes se plase afgevat . nou dat daar 94% werkloosheidsyfer is nou stem hulle STEEDS verkeerd . NIKS geleer nie …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.