Paaie gesluit vir Winnie-gedenkdiens

Argieffoto: Winnie Madikizela-Mandela. Foto: GCIS

Verskeie Johannesburgse paaie is Dinsdagaand gesluit ter voorbereiding van die gedenkdiens van Winnie Madikizela-Mandela wat vandag plaasvind.

Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie (JMPD), het gesê die paaie rondom die Orlando-stadion in Soweto is gesluit en verkeer sal in die gebied herlei word. Die paaie is vanaf 19:00 Dinsdagaand gesluit.

“Motoriste sal nie toegang hê tot Mookistraat tussen die Soweto-snelweg en Sofasonkestraat nie. Die Klipspruitvalley-pad sal ook afgesper word tussen die N17-sirkel en Khumalostraat. Inwoners wat van die paaie gebruik móét maak, moet toegangspermitte by die Orlando-polisiestasie verkry,” het Minnaar gesê.

“Roubeklaers sal nie toegelaat word om deur die afgesperde gebied te ry nie. Mense wat die gedenkdiens bywoon, moet by die Nasrec Eksposentrum parkeer van waar hulle met busse na die stadion aangery sal word.”

Minnaar het gesê die paaie sal weer om 18:00 ná die gedenkdiens heropen word. Die Reya Via-busroete word nie geraak nie.

Maroela Media het vroeër berig Madikizela-Mandela is verlede week in die ouderdom van 81 in ʼn Johannesburgse hospitaal dood ná ʼn lang siekte. Die amptelike gedenkdiens sal vandag gehou word, terwyl die amptelike staatsbegrafnis Saterdag gehou sal word. Pres. Cyril Ramaphosa sal ʼn huldeblyk tydens die begrafnis lewer.

Madikizela-Mandela sal by die Fourways Memorial Park-begraafplaas ter ruste gelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Elsje ·

Doen al hierdie eerder vir Pam Golding, sy het geld vir SA ingebring en was n ware sakevrou. Ambasadeur vir SA.

skerwe ·

pam golding het te veel waardigheid gehad om so n sirkus te wou hê.

Pieter ·

Vir die laaste twee weke hou die regering hulself besig met daaglikse tydverkwistende toesprake en byeenkomste besig. Geen werk word gedoen waarvoor hul indiens gemeem is nie.
Hoop die sirkus is nou verby. Daar sal seker nog ‘n standbeeld vir haar opgerig word. Wat ‘n mors van tyd en geld.

GM van Rooyen ·

Nou word Winnie as die grootste engel voorgehou, maar almal weet dat sy bloed aan haar hande het.

ANC ·

Bloed op haar hande, dalk ja… maar hoeveel bloed het daardie morsry van n regering nie teen haar gehad nie. Sys soos n dier behandel. Jammer vir mense wat soos j dink. Siek…

Beweeg Aan ·

Hoe lank moet ons nou nog oor die vrou berigte sien?
Daar moet iets anders wees wat nuuswaardig is?

Manie ·

Sy moes soos Wallus nooit rondgeloop het op op straat maar haar einde in dié tronk beleef het. As dit n voorbeeld van n ma van die nasie is dan wil ek nie n ma hê nie

christa ·

sluit die strate en maak ook seker dat haar graf baie deeglik geseel word. Genoeg is genoeg

Casper Labuschagne ·

@christa, en diep, grawe baie, baie diep – want in haar heel diepste is sy dalk beter as wat ek nog altyd gedink het nie.

andre louw ·

Ek dink dit is elkeen se reg om sy/haar geliefde(s) te eer na afsterwe te spyte van wat ander se mening is. Hier is dieselfde geval alhoewel ek van mening is dat daar diegene is wat nou so oorboord gaan net om te se “ek was ook op die wa” Dan net iets ander; wens die belastingbetalers van PE wil vir die klomp narre in die provinsiale kabinet in geen onduidelike taal se dat hulle moet probeer doen waarvoor hulle betaal word – nie probeer om oudisie te kry in ‘n wilde weste rolprent nie. Dit is dinge soos dit wat geen vertroue in SA stel nie

zoom zoom ·

Sal graag wil weet wat die kostes beloop om die sirkus aan te bied en hoeveel geld word gepocket deur die wat die sirkus moes reël. Mors van belasting geld

marous ·

Waarom word sy nie langs haar oorlede vervreemde man tot rus gele nie? Ek is seker sy familie sal nie kibbel daaroor nie ….

zeno ·

Die Boere wat vermoor word, behoort ook sulke begrafnisse te kry,of is ek dalk verkeerd.

Alida ·

Kry net end met hierdie sirkus. Met elke byeenkoms word daar duisende rande spandeer aan kos en drinkgoed terwyl daar miljoene is wat nie kos het om te eet nie agv die ANC.

Nel ·

Maar e Nuus dink dit goed om haar bakkies nou al vir die hoeveelste agtereenopvolgende aand in ons kele af te druk. Waarom doen hulle nie soveel moeite om beriggewing oor die daaglikse plaasmoorde/aanvalle te beeldsend nie??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.