Paaie gesluit weens betogings in Kaapstad

Betogings in Khayelitsha die afgelope week. (Foto: Phando/Jikelo/ANA)

Die N2 tussen Sir Lowry’s Pass en Somerset-Wes in die Wes-Kaap is Vrydag teen 09:30 weer vir verkeer oopgestel, hoewel betogings in die omgewing steeds voortduur.

Wimbledonweg, Rangeweg, Buttskopweg en Skoolweg in Blackheath in Kaapstad bly egter op versoek van die polisie gesluit, het die Wes-Kaapse verkeersdepartement vanoggend gesê.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het gesê betogings duur voort in Lwandle, waar verskeie sakeondernemings oornag geplunder is. Minstens 31 mense is sedert gister in hegtenis geneem.

“Die polisie en ander wetstoepassingsowerhede is op die toneel en bly daar tot wet en orde herstel is,” het Rwexana gesê.

Sy het gesê die situasie in Khayelitsha is in dié stadium rustig.

Onderrig ontwrig

Debbie Schäfer, LUR vir onderwys in die Wes-Kaap, het intussen die geweld wat gelei het tot die kommerwekkende ontwrigting van skole ten sterkste veroordeel. “Gister moes die Wes-Kaapse onderwysdepartement 21 skole in die omgewing van Lwandle, Nomzamo en Khayelitsha sluit. Die Happy Valley-omgewing word ook geraak en nog agt skole word óf dopgehou sodat ʼn besluit geneem kan word om dit te sluit, óf is hewig ontwrig,” het Schäfer in ʼn verklaring gesê.

Daar was vanoggend weer berigte van ontwrigting by skole in hierdie gebiede. By sommige skole het min leerders opgedaag, terwyl leerders wat in ander gebiede skoolgaan weens die betogings nie hul woonbuurte kon verlaat nie. Baie onderwysers word ook geraak en die departement is deurlopend in kontak met skoolhoofde om die situasie te monitor.

“Dis ons prioriteit om die veiligheid van alle leerders en onderwysers te verseker. Terselfdertyd is onderrig noodsaaklik, en klastyd mag nié onderbreek word deur mense met hulle eie agendas nie,” het Schäfer gesê.

Sy het gesê mense het die reg om vreedsaam te betoog, maar die gewelddadige aard van die optrede is kommerwekkend en onaanvaarbaar. Schäfer het gesê sy hoop die polisie tree spoedig en beslissend op om orde te herstel.

Talle leerders is op die oomblik besig met eksamen of assessering.

“Ek doen ʼn beroep op invloedryke gemeenskapsleiers om ons te help om te verseker dat onderrig en veral die komende nasionale senior sertifikaateksamen (matriek) nie ontwrig word nie.

“Dis hoog tyd dat mense wat ander se geleenthede verwoes, verantwoordelik gehou word vir hulle skurkagtige gedrag,” het Schäfer gesê.

Jessica Shelver, Schäfer se woordvoerder, het gesê die skole wat gister gesluit is, word almal vanoggend gekontak om vas te stel of dit weer heropen het.

Toename in betogings, druk op hulpbronne

Volgens die Stad Kaapstad was daar die afgelope ses weke ʼn toename in die getal betogings, wat gelei het tot die beskadiging van eiendom, die ontwrigting van dienslewering en grootskaalse ongerief vir inwoners. Betogers het gister boonop toegang tot die Khayelitsha-hospitaal verhoed.

Die Stad Kaapstad het in ʼn verklaring gesê teen gisteraand is minstens drie winkels geplunder deur misdadigers wat óf die onwettige betogings aanhits “óf dit as ʼn verskoning gebruik om te steel en te roof”.

Volgens die verklaring is 21 betogings vandeesmaand al aangemeld vergeleke met 76 in Maart.

“Die stad respekteer die reg om te betoog, maar dit is die aard van die betogings wat ons inwoners se lewens in gevaar stel,” het JP Smith, Kaapstadse burgemeesterskomiteelid van veiligheid en sekuriteit, gesê. “Die geweld, vernietiging van infrastruktuur, die risiko’s vir openbare veiligheid en die sluit van groot paaie – wat weer die ekonomie beïnvloed – kan nie goedgepraat word nie. Dié voorvalle van openbare geweld berokken skade aan die ekonomie en lei tot werksverliese, ook vir diegene uit die geraakte gebiede.

“Die betogings plaas ook enorme druk op wetstoepassingsdienste, wat beteken hulpbronne word weggeneem uit gebiede wat polisiëring benodig. Wat bemoedigend is, is die verskeie inhegtenisnemings wat reeds in verband met die openbare geweld in die Strand en Blackheath gedoen is. Die strafregstelsel het egter nie ʼn goeie geskiedenis om vervolgings te verseker nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johann M van Heerden ·

Die regering van die dag sal iets moet begin doen aan die probleem. Polisie kan nie net staan en toekyk terwyl mense brand breek nie. Die een of ander tyd gaan iets breek en mense hulself en hul eiendom met geweld begin verdedig. Ek dink daar moet ‘n hofbevel kom om die regering te dwing om op te tree. Ek het ook ‘n sterk vermoede dat die ANC hier agter sit en die Kaap wil destabiliseer.

Sylvia ·

OPSKRIF IS MISLEIDEND – REGTIG KAAPSTAD EN N2 EN SIR LOWRY’S PASS

IS PLUS MINUS 130 KM VANAF KAAPSTAD

Marius ·

Plus/Minus 130KM?
Probeer 55km.
En dit val onder City of Cape Town munisipaliteit, so dit is deel van Kaapstad.

Hennie Theart ·

Dit is onaanvaarbaar dat mense wat niks doen of gee aan die land, die land so verniel.
Dit is onaanvaarbaar dat party mense ander forseer om ongerief te trotseer omdat hulle “issues” het wat hulle nie deur die regte kanale kan regstel nie.
Dit is onaanvaarbaar dat wanneer iets nie na ons smaak is nie dan betoog ons, brand af en maak ‘n ashoop van alles.
Dit is onaanvaarbaar dat wanneer dit alles afgebrand is dan huil die wat dit gedoen het want dan is daar niks.
Dit is onaanvaarbaar dat die regerende party niks wil of kan doen daar aan nie.
Dit is onaanvaarbaar dat dinge verwoes word wat ander opgebou het.
Dit sal aanvaarbaar wees as julle julself sal vernietig en uit die land padgee.

Verskriklik ·

Jaco jy kan dit nie beter gestel het nie, hul maak en breek nes hul wil. En absoluut niks sal daarvan kom nie.

Elize ·

Ek sê Debbie, dit is omdat julle almal, DIE DA, ANC, EFF ens ens hulle die REG REG gegee het om te betoog. Dit is n euwel wat nooit ooit toegelaat moes gewees het nie. Dit is totaal buite beheer en op die ou einde van die dag sal ons ons eie besighede en wonings moet beskerm. Alles word mos in die land gemonitor. Ek freak al uit oor die woord monitor.

Alida ·

Hulle word betaal deur die ANC dit is tog duidelik. Hoekom net in DA beheerde gebiede? 2+2 is nie 5 nie !!!

Nugter ·

Hennie Theart, jou kommentaar is 100%.

Die anc en eff se aanhangers is onbekwaam, dom, agterbaks, onverantwoordelik, wil net alles hê en dra niks by nie. Julle breek af wat ordentlike mense opgebou het.

jakes ·

Al oplossing is skerppunt amunisie. Maak dan behoorlik skoon dan sal hulle 2 keer dink.

Elsabie ·

Dit sal ongelukkig nie gebeur, want dan wis jy die helfte van die “comrades” uit.

AI TOG ·

Nee regtig Ramaphosa!!! DOEN IETS HIEROMTRENT!! EN SOMMER IN PRETORIA OOK.

Stuiwer ·

Hierdie mense sal nie ophou met hulle nonsens nie, want hulle weet daar sal niks met hulle gebeur nie. Hulle word vandag in hegtenis geneem, net om môre weer vry te wees. Die tronke is te vol en kan nie nog mense akkommodeer nie. Dis ‘n skreiende skande!

Trojaanse Donkie ·

Die mense van Kaapstad moet ophou kla. Dis die prys wat jy moet betaal om in ” skadu van ou Tafelberg” te woon, en julle het nog die see en die wynlande!

Kat ·

Leer hulle dalk by die geel vessies in Frankryk? Of leer die vessies by hulle?

Attie. ·

Wie moet ons bedank, FW…..FW de Klerk. In die vorige bedeling het niemandprobeer om die res dood te skiet nie alhoewel die buiteland so gedink het. Ons Het ‘n staatsdiens gehad waaroor ons kon trots wees. Ons het ‘n weermag gehad wat oor Afrikansou loop so vinnig die voertuie ons daar sou kry. Ons . SAP gehad wat nie nonsens vat nie. Ons kinders het werk gehad. Ons was ‘n eerste wereld binne Afrika. Ek weet van niemand wat dood gegaan het van armoede nie. Toe kom FW en Pik en hulle stuur ‘n ongewalifiseerde Roelfie in as veggeneraal by die onderhandelings, en die res is geskiedenis. Ons het nie meer n polisie nie. Ons weermag kan nie eers die Vaalrivier skoon kry nie. Ons voer nie meer G5 Kanonne uit nie. Ons kinders moet wegloop oorsee toe vir ‘n werk. FW en Pik sou anders gedoen het indien hulle ‘n paar jaar geboer het en op die manier al die kiesers beter leer ken het. Nogmaals dankie FW…ons waardeer jou nalatenskap. Die geskiedenis gaan leer hoe laag jy regtig was, of hoeveel in jou buitelandse bankrekening inbetaal was na die suksesvolle bloedlose oorgawe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.