Paaie in KZN versper; voertuig gebrand

Die N2 tussen Munster en Port Edward is tans ontoeganklik weens versperrings in die pad. (Foto: Twitter / SAPD)

Sowat 400 betogers het Maandag en Dinsdag toegang tot die N2-snelweg in die KwaNzimakwe-omgewing naby Port Edward in KwaZulu-Natal met stompe en klippe versper.

Volgens kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het betogers gisteraand ook ʼn voertuig aan die brand gesteek.

“Die Port Shepstone-polisie is tans op die toneel en hou die situasie dop,” sê Gwala.

“Die N2 tussen Munster en Port Edward is tans ontoeganklik weens versperrings wat in die pad geplaas is en ons beveel aan dat motoriste alternatiewe roetes gebruik.”

Luidens berigte is betogers glo vies oor die toestand van paaie in die omliggende landelike gebied en dat herstelwerk slegs aan die hoofweg gedoen word. Die polisie kon dit egter nie bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Diline

Help nie hulle haal hulle woede uit deur goed te brand en paaie te ontwrig. Hulle moet gaan protes hou by die Minister wat verantwoordelik is op die dinge ins stand te hou. Hulle verdien ‘n hengse salaris en doen net mooi NIKS inruil daarvoor nie, wag net vir die volgende salaris.

marius

As ‘n slang na jou pik dan gryp jy ‘n graaf en gaan slaan die buurman se kat dood . Hoe lafhartig kan jy wees ?

Lesly

Hulle is boos oor swak dienslewering, maar stem keer op keer vir dieselfde klomp wat die swak diens lewer. Selfs ‘n donkie stamp nie sy kop twee keer teen dieselfde klip nie. Domners as donkies, dus

Persheks Adri

En die polisie hou die situasie dop ag asb doen iets moet nie kyk nie werklik waar! Pateties

Blikkies

Ja ek verstaan ook nie daai van bly stem vir hulle nie, ek bly maar dink hulle wil so in absolute armoede en sukkel leef……, dit is wat die mense wil he..