Paar dae vir mondelinge voorleggings, sê Artikel 25-komitee

Argieffoto (Foto: Michal Jarmoluk/Pixabay)

Die ad hoc-komitee wat aangestel is om te begin met wetgewing om artikel 25 van die Grondwet te wysig, wat onteiening sonder vergoeding moontlik sal maak, het Vrydag ingestem om ʼn paar dae opsy te sit vir mondelinge voorleggings van organisasies wat dié versoek in hul geskrewe voorleggings gerig het.

Dr. Mathole Motshekga, voorsitter, het gesê die komitee sal nie op ʼn “visvang-ekspedisie” gaan om organisasies uit te soek wat in die verband aangehoor wil word nie, maar eerder dié organisasies uitnooi wat in hul geskrewe voorleggings aangedui het dat hulle verder wil uitbrei tydens mondelinge voorleggings.
Volgens die jongste program vir die komitee, sal drie staatsdepartemente, wat ook versoek het om aangehoor te word, volgende week die geleentheid gebied word om hul standpunt te stel. Verskeie organisasies het soortgelyke versoeke ingedien en sal die daaropvolgende week aangehoor word. Dit sluit AfriForum, die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa), Cosatu, Black First Land First, die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika en AgriSA in.

Wat betref die versoek vir uitstel van die sperdatum vir die komitee om sy werk af te handel, het die komitee bepaal dat hy nou ʼn beter idee het van hoeveel tyd hy benodig vir die mondelinge voorleggings. Die komitee sal die parlement versoek om die sperdatum tot 21 Mei 2021 uit te stel. Die komitee sou na verwagting teen 19 Maart 2021 die wysigingswetsontwerp oor grondwetlike wysigings aanvaar het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Werner ·

Enige iemand wat dink dat sy protes n verskil gaan maak leef in n droom wereld.Die regering volg maar net die protokol om die wet deur te voer.Die onteieningswet gaan deurgevoer word ons moet ons daarvolgens voorberei.

Chris ·

Alles net uit vrees dat daar iewers ‘n foutjie insluip vir die aanloop tot die verkiesing. Na dit, sal gevat word wat hul wil hê. SA, my gebede gaan op dat mense nou sal besef dat die cANCer alles van jul gaan vat, ten spyte van ras.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.