Paar vas wat glo medisyne oorsee smokkel

Beamptes het beslag gelê op ’n groot hoeveel onwettige medikasie wat vir klante oorsee bestem was. Foto: SAPD

Die Wes-Kaapse polisie en die Valke het toegeslaan op ʼn netwerk wat glo onwettig voorskrifmedisyne van honderdduisende rande na die buiteland smokkel.

Die Valke se spesialiseenheid vir narkotika en Wynberg se sigbare polisiëringseenheid het die beweerde onwettige verspreidingsnetwerk in Kaapstad se suidelike voorstede Woensdag ʼn gevoelige slag toegedien toe hulle ʼn 62-jarige verdagte in hegtenis geneem het.

Hy is op heterdaad betrap waar hy in Kenilworth se poskantoor koeverte met voorskrifmedisyne daarin ingedien het wat bestem was vir Amerika.

Beamptes se voorlopige ondersoek het hulle na die verdagte se huis in dieselfde voorstad gelei.

Daar is nog ʼn 54-jarige verdagte in hegtenis geneem nadat wetstoepassers afgekom het op nog voorskrifmedisyne en dokumente met bewyse van bestellings uit lande soos die VSA, Brittanje en Swede.

Hulle het beslag gelê op verpakkingsmateriaal en op ʼn voertuig wat na bewering deur die vermeende medisynesmokkelaars gebruik is om beweerde misdade mee te pleeg.

Die twee verdagtes, blykbaar ʼn paartjie, het Vrydag in Wynberg se landdroshof verskyn op aanklagte van die oortreding van die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Middels.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

bgj van der westhuizen ·

waar kry hulle dit wand as jy n voorskrif moet he wie het dit uit geriek

Cherokee ·

Dit soort van verbaas my. Daar is apteke wat op Internet adverteer en dìt wat veronderstel is om voorskrifmedisyne te wees, kan sonder voorskrif gekoop word. Geen daarvan is sover my kennis strek lokaal nie, maar hulle voer wel uit na lokale adresse. Jy kan Grandpa Poeiers bestel vanuit Indië dan word dit gestuur vanuit Singapoer. Die wêreld het klein geword. Jy kan vanuit jou sitkamer shopping doen regoor die wêreld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.