Paarl-plaasaanval: ‘Nou moet ons stilbly, want hulle gaan ons doodmaak’

Foto: Facebook

Isak (Sakkie) Kleinhans. Foto: Facebook

ʼn Boer van die Paarl-area in die Wes-Kaap is in die hospitaal opgeneem nadat sy kop tydens ʼn plaasaanval met ʼn panga oopgeslaan en sy ribbes met ʼn koevoet gebreek is.

Isak (Sakkie) Kleinhans (53) en sy verloofde, Kerry, is Dinsdagaand op hul plaas ongeveer 12 km van Wellington deur vier verdagtes oorval. Jannie Kleinhans, Sakkie se neef, het Donderdag aan Maroela Media gesê Sakkie was omstreeks 22:20 in die kombuis toe hy ʼn geluid by die agterdeur gehoor het. Hy het daarheen gestap om ondersoek in te stel en hom in vier rowers vasgeloop.

“Hulle het ʼn koevoet, ʼn panga en ʼn lang ysterpaal gehad wat hulle seker net daar by die heining uit die grond geruk het. Sakkie het gesê die paal was nog vol modder,” het Jannie vertel.

“Ons vermoed hulle is van die omgewing, want hulle het Afrikaans gepraat. Sakkie het hulle uitgejaag, maar hulle het hom net begin aanrand. Hulle het sy kop met die panga oopgekloof en sy ribbes met die koevoet gebreek.” Hulle het ook glo Sakkie se oor met ʼn mes gesny.

Twee van die verdagtes het na die kamer gegaan waar hulle Kerry op die bed vasgemaak en geslaan het. Hulle het later vir Sakkie ook kamer toe gesleep en op die bed vasgemaak. “Daarna het hulle die huis omgekeer. Dit het gelyk asof ʼn orkaan daar deur is,” het Jannie gesê. “Sakkie en Kerry het op die bed gelê en hy het net vir haar gesê ‘Nou moet ons stilbly, want hulle gaan ons doodmaak’.”

Die verdagtes het omtrent 20 minute later op die vlug geslaan met ʼn bakkie se sleutels, selfone, ʼn rekenaar, televisie, klere, komberse, vleis en ander huishoudelike goedere. Sakkie kon later daarin slaag om homself los te wikkel en hy en sy verloofde het teen 01:00 die oggend na die buurplaas gehardloop om hulp te ontbied. Sakkie is in ʼn plaaslike hospitaal opgeneem en Woensdagaand ontslaan.

“Hy het vir my gesê hy sal nie weer op daardie plaas slaap nie, hy is te bang,” het Jannie gesê. “Hulle trek nou binnekort Riebeeckkasteel toe waar hy op ʼn varkplaas gaan werk, maar ek dink hulle sal in die dorp bly. Dit is te gevaarlik op ʼn plaas.”

Jannie vertel hy het self jare lank op ʼn plaas gewoon, maar dorp toe getrek het uit vrees vir sy veiligheid. “’n Baie goeie vriend wat ek al sedert my universiteitsjare geken het, is twee jaar gelede op sy plaas vermoor. ʼn Mens probeer positief bly en goedgesind teenoor die regering wees, maar dit lyk nie asof iets gedoen word nie. Nou kan ek net dankbaar wees dat Sakkie en Kerry leef.”

Konst. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê ʼn saak van huisroof word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Lindie ·

My skoonsuster en swaer het ook op ‘n plaas buite die Paarl gebly en is seker so maand terug aangeval. Haar man is sewe keer met ‘n mes gesteek en hulle het in die huis ingekom en haar gevra waar die laptops en ipads is. Sy het deur God se genade uit die agterdeur weg gekom. Dokter se hulle het hom gesteek om dood te maak want jy kan sien hulle het gesoek vir ‘n slagaar. Een keer is sy oog gesteek, drie keer in nek en drie keer in sy!!

Hulle bly ook nie meer daar nie. Hulle is te bang. Dis vreeslik. Die mans het net begin steek en gese hulle maak hom vannaand vrek!! Ons sal moet begin dinge in ons eie hande neem en ons eie lewens begin beveilig want die hele ding raak by die dag net erger.

Dawie ·

Sluit aan op ons FB blad Proaxion, of stuur my jou epos na [email protected].
ons stem 100% saam en veral plaasboere kan iets doen om hulself te beskerm.

Ons kannie meer aanhou ander blameer nie, tyd dat elkeen iets vir sy eie veiligheid dorn.

Theresa ·

Dit is absoluut siek, Absoluut onaanvaarbaar en wragtig – daar moet nou iets gedoen word oor hierdie plaas aanvalle. Dit kan nie so aangaan nie. Sterkte vir julle. Mag die Here julle nogsteeds styf vashou!!

Renske ·

Dit het tyd geword dat ons weer as groooot families saam op plase bly. Nie weg te gaan nie dit is wat hulle wil hê maar om saam te boer saam te staan want dis as ons geisoleerd is dat ons maklike teikens word.

Olivia ·

Ek stem 100% saam Renske!

Ons self en ‘n hele klomp van ons vriende, almal met professionele beroepe, meestal by die Universiteit van Stellenbosch werkend of gegradeer, is opsoek na ‘n plaas om ‘n “community” op te begin of selfs ou plaas huise wat ons kan restaureer en in woon. Ons moet ophou terugstaan en opstaan in die autoriteit wat God aan ons gegee het!!

Laat weet asb as julle van ‘n boer weet wat sou belangstel.

Debs ·

Ons moet nou begin saamstaan en opstaan want hierdie flippen useless regering van ons worry nie oor ons nie….. so as hulle nie hulle sin kry nie dan ToiToi hulle ons het dalk net meer ordentlike opvoeding maar liewe land genoeg is genoeg … my moeder is ook deel van die misdaad statistiek in die land …. ons prober maar hel hoeveel kan mens nog probeer … Steve dis tyd dat hy jou toetrede na die politiek begin ….. Sterkte aan hierdie familie …..

SommerNet ·

Dankie Maroela dat julle hierdie plaas – aangesien die groot koerante en media dit duidelik nie as belangrik ag om die hele land en wéreld van hierdie gebeure bewus te maak nie !!!

Rina ·

My dogter en haar man en twee baba seuntjies bly op ‘n wyn plaas in Paarl! (Klein Hoewe). Ek bly in Londen, so ek is heeltemal uitgestres en hoop en bid daar is mense wat patrolleer of iets? As iemand my op hoogte kan hou, sal ek dit erg waardeer!!

cornelia ·

Onthou jy mag geskiet en aangeval word maar jy mag nie terug skiet nie dan is jy die boef en word vervolg. Ons wette laat ons so in die steek. Baie sterkte Sakkie en Kerry

KarooKlong ·

Nee cornelia,
Jy is duidelik onder ‘n wanindruk.
Let wel, kortom gestel: indien jy in so situasie is en indien jy vermoed dat jou lewe in gevaar is dan mag jy jouself verdedig/beskerm. Hiermee bedoel ek jy moet terselfdertyd ook kan bewys dat jou lewe werklik in gevaar was. Vroumense moet leer om te skiet en wapen te alle tye byderhand he. Dink dieper as wat ek hier beskryf.

Berhalet Beukes ·

Skiet jy ‘n inbreker wat gewapen is word jy van moord aangekla…. En jou punt is?

KarooKlong ·

Berhalet Beukes,
Enige persoon wat iemand doodskiet word van moord aangekla.
Afhangende van omstandighede word moordklagtes ook teruggetrek.
Vergewis jou met die vuurwapenwet voor jy kritiek lewer.
Jy lees en antwoord net. Lees weer my laaste sin. Dalk vang jy ‘n punt.

Francois Burger ·

Natuurlik Berhalet! Wil jy Dan nou net skiet sonder dat die boor all onder soek word?!?! As jy geregtelik opgetree het word die ondersoek gedoen en die saak laat vaar.

Carl ·

Net ‘n regstelling die wet van toespassing is die Straf Proses wet en spesifiek Art 49. Hierdie is nie ‘n nuwe wet nie! Die toepassing daarvan kan soms tekort skiet.
Criminal Procedure Act, 1977 (Act No. 51 of 1977)
Notice No. 748 of 1977
(Afrikaans text signed by the State President.)
(Assented to 21 April, 1977)
(Date of Commencement: 22 July, 1977)
Die wet op Vuurwapen beheer het slegs een bepaling van toepassing op selfverdediging – dit is jy mag net ‘n vuurwapen vir ‘n wettig doel gebruik. SV is wettig. Dus mag jy enige vuurwapen (of ander wapen-mes, hamer, stok, motor) binne jou bereik gebruik vir SV. Ons moet ophou om die Facebook stories en die ou volksmond oorvertelling te glo as die waarheid. Bemagtig jouself deur goeie kennis.

Berhalet Beukes ·

Jy het duidelik nie my punt gevang nie. Ek ken die wet. Ek het ook gesien hoe iemand skuldig bevind word omdat hy ‘n inbreker doodgeskiet het. DIT was my punt. Ons wetstoepassers is korrup. Dis ‘n skande dat selfverdediging nie net as dit geklassifiseer kan word nie maar as moord ondersoek word. Hoop ek maak myself nou duidelik? :-)

Frik ·

Nee, jy mag skiet as jou lewe in gevaar is. Maar die punt is meneer, het jy n wapen, kan jy hom gebruik, akkuraat skiet want jy oeffen gereeld?? En dan die coup de grace, is die wapen beskikbaar en aan jou sy as jy dit nodig het!?

Ons moet wakker wees mense, moenie dink God gaan jou bas red as jy nie ook SELF IETS DOEN NIE!!

jacques ·

Wonder wie die ou is wat so graag die witmense van hulle plase af wil he,hy sit agter die plaas moorde en word klomp geld betaal om dit te doen.Gaan kyk bietjie wie gee vir hom geld dan sal julle sien wie sit eintlik agter die plaasmoorde.Met genoeg geld kan jy die wereld beheer, ons is nou regtig sitting ducks.

Andra ·

Waarom is daar geen alarmstelsels op plase, daar is ordentlike beams soos Roboguard(honde breek nie die sein en sal nie die alarm laat afgaan), met ‘n groot sirene en ligte wat aangaan as daar beweging is wat ook met infrarooi kameras gekoppel is sodat jy kan sien waar die skurke is, en die beste is steeds ook honde IN die huis. Mense wil stry en bakly oor hoekom moet ons geld uithaal vir dit net om veilig te wees… Ek sou se jy moet eerder weet hul is daar voor hul in jou huis is of by jou staan. Hul moet glad nie eers in die huis inkom nie. Mense met teel dakke, sit ‘n beam in die dak. In die land moet ons die tipe dinge doen om ons self te beveilig.

anet ·

Ek dink ons moet te alle tyd gewapen wees, en ons wapens aan ons dra.

albertus ·

Ek stem saam.As hulle net ons wapen lissensies wil goedkeer dit vat maande en soms jare. Dan word dit meskien gegee of vir niks afgewys.

Carl ·

Ek verskil hiermee. Ek het na ‘n insident op ons plaas aansoek gedoen en binne 4 maande my SV pistool gehad. Ja daar is soms probleme en foute wat mense maak. Moenie terugdeins en kla dat dit onmoontlik is nie – trek uit die Kolonie was ook as onmoontlik gesien :-)
*Skryf ‘n goeie motivering wat feitlik korrek is.
*Sluit aan by ‘n klub of organisasie wat vuurwapen besit voorstaan – SA Jagters of NSA of Sportskiet. As jy ernstig is, is dit die geld werd. Selfs in die VSA en dele van Europa word dit gedoen.
*Behou jou bevoegdheid.

Raadop ·

Daar is so waar as wat die padda manel dra ‘n stille oorlog teen ons blankes – ek gaan vanaand Treurgrond kyk en my seker doodhuil want ek verstaan wat die mense deurgaan wat mense na aan hulle verloor op die plase en dit is onse blankes wat geneem word. Dit raak dag vir dag net erger. Dankie Maroela dat julle die berige plaas – dit is net flippen hartseer. Liewe Jesus hou asseblief U hand oor ons blankes my God. Amen

Retha ·

Waar is my kommentaar vir Philemon, Maroela Media??????? Moenie wegskram nie- ons is gereed!

Robi Schwab. ·

Alles goed-en-wel. Hy’t iets by sy agterdeur gehoor en toe soëntoe geloop om ondersoek intestel. Okay, maar WAAR was sy WAPEN? Wanneer gaan julle WIT boere OOIT flippen LEER?

albertus ·

Ek stem saam ons moet maar op ons hoede bly, maar tog n man wil mos voel jy is vry in jou eie huis. Ons moet maar op ons hoede bly komerade.

Elize van Niekerk ·

“n Saak van huisroof word ondersoek? Wat van poging tot moord of mag jy mense net links en regs aanval soos jy wil en nie boet daarvoor nie?

Jaco Strauss ·

Presies wat ek wou sê Elize! Waar is die “like” knoppie?

Ryno de Villiers ·

Ek en my hele gesin maw my broers en ouers verkoop nou ons huise en soek n groot erf waar ons saam gaan bly in hoeveelhede en goed gewapen gaan wees( Ons is al klaar goed gewapen)Ons het goed geleerde honde en alarm stelsels en veiligheids sisteme in plek. Ons is reg vir wat kom. Ek hoop meer van julle blankes beveilig julle self. Ek werk in Afrika state en ek sien die skrif aan die muur. Eerder reg en niks gebeur as andersom. Sterkte

jennefer ·

Ek weet van n plaas wat leegstaan, die eienaars soek iemand verantwoordelik om daar te gaan bly. nie baie middeljarige mense sien meer daarvoor kans nie. Alreeds moet ons die jaar n deel koring en mielies invoer, daar sal seker jaarliks meer voedsel ingevoer moet word.Ek hoop die Rand sal nie so verswak dat ons niks kan invoer nie.

De Wet ·

Hi Jennefer, is die plaas ook in die Paarl omgewing? Ek weet van mense wat sal belangstel om te bly op die plaas.

m ·

Nou kan jul ‘n bohaai maak, want die is blatante rassisme! Nie die arme onskuldige skoolkindertjies nie.

moeks ·

Nie eers in die groot stede is jy meer veilig in jou eie huis nie. Ek en my dogter wat maar 12jr oud is, is deur ‘n gewapende roof. Daar was vyf persone. Ek dank ons Vader dat ek kon loskom en hulp gaan soek het. Hoekom moet mense altyd gemartel en geslaan word? Sterkte aan Sakkie en Kerry.

vernon vd westhuizen ·

Dit was vreemd of van n plaas aanval voor 1994 te hoor. Dit is duidelik dat iemand n terrorisme oorlog teen die boere verklaar het. Wie sit agter dit? Gaan ons maar wag tot al die boere vermoor is?
Hierdie plaas moordenaars is te goed opgelei.
Kan n mens nie n paar ou reckies of privaatspeurders kry om vas te stel wie sit agter hierdie aanvalle en dan daarvan n aksie plan instel nie.

Francois Burger ·

Net ter inligting – voor 1994 was daar daagliks telke sulke aanvalle op swart swart huise in die landelike gebiede. Die media het dit net nooit bekend gemaak nie!

Sean ·

So dit is nou ons beurt en ons moet maar stil bly of verstaan ek vir Francois verkeerd – my ouers is 24 April ook aangeval deur 4 skurke en was soos almal se gelukkig om lewend weg te kom – as jy n vasgebinde man van 70 jare met jou kop slaan is dit nie net roof nie dit is iets anders – doen maar navorsing daar is min plase wat nie al die laaste paar maande deurgeloop het nie maar almal bly stil

Bernadette ·

Ek stem saam dat mense wat allen op plase bly sal natuurlik kwesbaar wees. As hulle not redelik oud is is dit ook a maklike teiken vir diewe en moordenaars. As mense nog onbeskof is met die aanvallers maak dit dinge ook net erger. Soos Sakkie gese het, bly liewer stil. Kry diefwering en ander tipe sekuriteit by jou huis. Al moet jy die huis met diefwering omring soos n tronk – doen dit, want niemand kan toelaat dat mense aangerand word en vermoor word nie. Moet dit ook nie politiseer nie, maak ernstige “effort” om die mense op die plaas te beveilig. Die regering sal en kan niks doen nie. Help liewer om geld in te samel en oumense op plase se sekuriteit aan te spreek as om tyd te spandeer op politieke uitlatings.

Leon Olivier ·

Dis ongelooflik hoe boere nog steeds nie alarmstelsels het nie. Hulle het niks wat hulle waarsku dat daar iemand buite die huis is. Dis hoe ons in die stad woon. Beams buite die huis. Sensors op die deure. Sensors binne die huis. Paniek knoppies by elke slaap kamer langs dir bed en by elke deur wat na buite gaan. Afstand beheer stelsel om alarm te aktiveer ook. Wanneer ons by die huis is die beams aan. Wanneer ons gaan slaap is alles aan behalwe ons kamers waar ons slaap. Dan n hond wat ons ook waarsku daar is iemand. O’ja my wapen is nie in my kluis nie hy is naby my pappie. As die hoof van die huis is jy verplig om jou familie ten alles koste te beskerm al moet jy nou in die hof gaan draai dis jou manlikke plig. Dis hardseer om te sien hoe die boere seer kry of vermoor word en dan lees jy geen stelsel is in plek om hulle te waarsku teen gevaar en hul waoen is in die kluis. As iemand nie n wapen lisensie kan kry beteken dit jy het n kriminele rekord anders het jy nie n verskooning. As dit teen jou beginsels is om n wapen te besit kan ek net sê GOOD LUCK

Freddie Strauss ·

Maklike oplossing. Keer terug na ou bywoner stelsel Honderde eks weermag en polisie lede sit in plakkerskampe in SA Elke plaas in die land het huise wat leeg staan Gee hierdie mense n dak oor die kop,n kwota vleis en n stukkie grond vir groentetuin In ruil het jy gewapende persoon/persone wat jou plaas beveilig. Enige organisasie bv Agriforum/ Sekuriteits firmas kan hierdie mense streng keur en n konrak tussen boer en bywoner opstel Hierdie kriminele spog daarmee dat n plaas n atm is Dit is tyd om die teendeel te bewys

Jacques ·

..Nee wat, ons hoef nie onsself te bewapen en paraad te wees of voorsorg vir die dinge te tref…dit gebeur mos net met ander mense ..sal nooit met ons gebeur nie….Ooo dammit, wanneer wil die mense dan leer!!??

Lewisa Maree ·

Ons woon ook op n plaas. Plaas is Elektries omhein, sowel as die huise. Elektriese hekke, alarm stelsels, beams die hele kaboedel. Nog steeds voel n mens onveilig. Is dit nie tyd dat ons meer tyd op ons knieë deurbring nie. Niemand anders kan of gaan ons red nie!

Survivor ·

Jip, ook wreed met mes aangeval in my huis op die plaas met diefwering, honde, geweerlisensie maar helder oordag… Iewers vang hul jou steeds onkant. Plaas van jouself beveilig, kom ons haal die kwaadwilliges uit die samelewing en sit hulle liewers agter tralies as om self so ingehok te lewe. Ek bly selde alleen, maar die tik malkoppie wat my nek wou afsaag is gevang, gevonnis en weggesit. Die polisie is aan ons kant, kom ons skop bohaai op elke keer dat geregtigheid nie seevier nie! En kom ons begin gemeenskapdiens instel vir klein oortredings sodat die kiem in kleine reeds gesmoor word voordat dit loopbaan word om op ander se bessittings te oorleef. Plaas, dorp, stad en alle kleure mens behoort in ons mooi land sonder vrees en in vrede te kan leef.

Rynhardt ·

Die manier hoe hulle vir Sakkie aangerand het en hom met n panga oor die kop geslaan het,is uiters barbaars!Die moordeop boere sal toeneem so ook op ons mense in stedelike gebiede,want die vryheidsmanifes van die Anc spel die rewolusie uit.Boere op plase sal ten alle tye gewaoen moet wees,so ook hul vroue!n Belangrike wenk vir boere.Moenie uitgaan as jy geluide hoor nie.Die moordenaars beplan dit,sodat die lafaards jou kan uitoorle en doodmaak.Boere wees ten alle tye op en wakker!

Michelle ·

Mense, my pa was in die weermag en het my vertel wat ons blankes aan die swart mense gedoen het, alhoewel hy op grenspos was, hy het ‘n swart vrou deur die rug geskiet, maar voor die koeel haar getref het was dit eers deur haar baba op haar rug. Ons voorvaders het hulle ook aangerand as hulle na sewe in die strate was, en bygese, ek kryp nie by hulle agterstewe nie, dis net hoe dit is, soos ons nou kwaad is, so kwaad het ons hulle gemaak voor apartheid verby was, hulle verkrag hul eie vroue so en sny hul bene af en brand die onderlyf, ek noem dit ook martel. Ek weet van baie swart mense wat ook deur swart en wit mense gemartel was. Ek se nie maak babies saam nie, ek se nie soen mekaar stukkend nie, maar almal moet net oor hulself kom en VERGEWE. Kan niemand net die land reg maak vir hul kinders, Wit, Swart, alle rasse.

sannie ·

dis darem erge dinge wat jy kwytraak, voel jy nie skaam nie.

Willem Grobler ·

Ag nee tog – kom net reg sussie. Jy sluk die propaganda van die liberaliste darem pens en pootjies! As jou pa ‘n swart vrou met ‘n baba op haar rug doodgeskiet het dan moet hy aangekla word van moord. Wil jy nou beweer dat hierdie moordadige plaasaanvalle is die Afrikaner se skuld? Weet jy wat sou met ons gebeur het as ons nie teen die ANC met sy Stalinistiese lewens en wêreldbeskouing baklei het nie? Nou, selfs na die val van die Kommunisme, is hulle besig om die land deur hul agterente te trek met hul sentrale beheer van alles.

Barend P Uys ·

” ‘n saak van huisroof word ondersoek ” Hoe is dit nié ‘n saak van “poging tot moord” of “aanrading met die doel om ernstig te beseer” nie?

Neem die SAPD plaasaanvalle ernstig op?!

Ooohhh ee eeeeee ·

O aarde….Michelle jy leef in n droom wereld Pop!!

Berhalet Beukes ·

Aan die manne wat so klits met woorde: julle vang duidelik nie wat ek sê nie. In ons kans werk dit nou so, skiet jy ‘n gewapende inbreker dood, word jy van moord aangekla. En ja natuurlik weet ek dis die proses. Wat ek tong in die kies gesê het is, is dat jy boonop heel moontlik skuldig bevind gaan word, soos ‘n kennis van my. Só, watter regverdigheid is daar daarin? My punt is as jy wit is, word daar redes gevind waarom dit MOORD en nie SRKFVERDEDIGING is nie. En maak nie saak watter WET julle voorlê nie, wette word gereeld aangepas om massamoord te bevorder. My opinie, so ek weet nie regtig waarom julle vere so gepof staan op my uitlating nie. :-)

Carl ·

Berhalet
Dit mag wees dat jou iemand ken wat gevonnis is. Ek ken baie mense wat hulself verdedig het en nie aangekla of gevonnis is nie. Op Gunsite is daar ‘n lys gevalle.
Ons moet nie die onwaarheid versprei dat die regstelsel altyd faal en altyd jou gaan vonnis vir moord nie. Dit veroorsaak dat mense nie vuurwapens wil koop nie, nie dit by hulle dra nie en dan aangeval en vermoor word.

Mense moet en kan hulself verweer. Maar indien die gevalle verdag is maw die mate van geweld gebruik of bv die skoot blindelings in die donker skiet, kan dit beteken dat die Staat jou makliker kan aankla. Sorg dat jy die regte prosedure volg, die regte verklarings maak aan SAPS. En moenie die SAPS rassisties behandel nie.

Robert ·

Ek stem nie saam nie dit is ‘n on -ingeligte opinie. Daar is bitter min waarheid daar in en grootliks propaganda. Daar is ook duisende meer swart op swart en swart op wit aanvalle as wat daar ooit was voor 1994

Winston ·

Dit help nie jy vergeld kwaad met kwaad nie. Almal oeee en aaaa maar doen niks nie. ek is oortuig dat daar derduisende is wat dieselde sentiment deel. Wie gaan manmoedig genoeg wees en hand opsteek en ware massa aksie teen die regering instel. Nee, dit het niks met politiek te doen nie. Poliktiek staan my nie aan nie. My reg op basiese beginsels is wat saak maak. Ordentlike wet en orde. Goeie opleiding en mediese sorg. Hiermee sluit ek ALMAL in.

Seookmanet ·

@ Winston, jy lewe in ‘n droom wereld broer, word wakker. !!!

Rynhardt ·

WINSTON,ek vind jou kommentaar verstommend.Jy praat van “ordentlike wet en orde” asook “goeie opleiding en mediese sorg” wat jy waar gaa kry!SA het reeds onder Anc n gewelddadige en korrupte land geword!By die parlement heers klaar chaos,my ou!Glo jy nog in jou wet en orde?Goeie opleiding?Het jy gehoor al van regstellende aksie?Goeie mediese sorg?Ons gesondheidsdienste is in n halglike toestand!Sekere hospitale het nie eens water nie,my ou!Winston,jy bly beslis in n ander SA!Kan jy vir ons almal se waar dit is?

Robert ·

Ek sal graag wil weet hoekom die stuk wat ek geskryf het af gehaal is. Ek kan nie dink dat ek enige iets gese het wat nie die waarheid is nie, en het ook ‘n hele paar mense se vra beantwoord. Ek hoop genoeg mense het dit gelees. Sterkte

Winston ·

Rynhardt dankie vir jou kommentaar. miskien skrik jy en talle ander betyds wakker en besef dat ons daadwerklik moet optree pleks van kyk en laat gaan. Die Suid Afrika wat ek in woon is een van glo en hoop, my ou. Een waar ons te doen het met n klomp slapgatte wat wegkruip agter beskuldigings en te lafhartig is om betrokke te raak by dit wat almal raak. Jy sien my ou as jy nou ALMAL in jou gemeenskap mobiliseer teen bv plaasmoorde en ons ruk in duisende op na polisiestasies toe en BETOOG kan dit dalk werk. My ou, het jy al gedink wat ons ALMAL teen Eskom kan doen? Jy is duidelik nie tevrede met van die punte wat ek genoem het nie. Ek benadruk weer wat ek gese het. Politiek staan my nie aan nie. Dit is die beginsels wat tel. Dalk het dit tyd geword om n keuse te maak, my ou.

Kojak ·

Winston. Uiteindelik iemand wat dink soos ek dink. Almal praat en praat maar doen niks. Ons kan praat van ons voorvaders maar ons kleinkinders en agterkleinkinders kan net praat oor hul aanvaders. My lese – moenie kla as jy niks wil doen nie. Vraag is: Hoe kry jy mense om saam te staan as hulle nie eers kan saampraat nie. Kyk maar net hoe gou het mense hul wapens ingehandig toe die veldtog begin is om ons te ontwapen. Wat was die gesprek toe. Ooo asb doen tog net die regte ding en moenie oortree deur nie jou wapen in te handig nie. Ek het nog myne, het julle nog julle wapens of het julle dit ingehandig soos goeie burgers. Goeie burgers het geen reg meer nie. Kyk maar net na wanneer iemand by jou inbreek en bv homself op die ruit sny wat hy gebreek het. Hofuitspraak – Jy is verantwoordelik vir sy mediese koste. What a joke. En so kan mens aangaan en aangaan. Regtig mense ons kan dit nie miskyk nie. SA het die Nar van die wereld geword

Winston ·

My ou, jy gaan ongelukkig nie my kommentaar kan lees nie want dit voldoen nie aan al Maroela se standaarde nie. Miskien moet hulle vir ons n kamer bou op die stoep waar ons dan grensloos kan redeneer. Mekaar aan die keel kan gryp en hande skus as ons klaar is.

Winston ·

Rynhardt my ou. Laat staan vir n slag die sopperigheid. Laat staan al die sleg. Los die vingerwys en doen iets daadwerklik wat vir JOU en ALMAL om jou belangrik is. As ons ALMAL saamstaan ruk ons die land in n japtrap reg. Dit belowe ek jou. Groete my ou.

Sakkie Kleinhans ·

Hi almal,dankie dat julle almal aan my en Kerry gedink het,ons waardeer julle insae en beterskap wense!Die fisiese aanval is 1 ding maar die trauma is veel erger(slapelose nagte,nagmerries en kort termyn geheue verlies)Skokkend om te lees dat sommige van julle mekaar oor snert aaval!Kry die gevoel dat van julle was nog nie in so n oomblik vasgevang nie!Waar ek op daardie oomblik was,moes ek n vuurwapen in my hand gereed gehad het om te vuur,dit was sekondes vanaf n stille oomblik tot n chaoties oomblik!Geen maar geen mens sou kon gereed gewees het vir daardie aanval nie gee nie om wie wat se nie!Baie van julle hap regtig bubbles oor ons voorval,maar dit daar gelaat!Ek as X SAP lid en Kerry as X Weermag lid dra kennis van algehele veiligheids maatreels,maar niks sou en het iets beteken in daardie paar sekondes van inbars en aanval op ons nie want nie 1 van julle was daar om dit saam met ons dit te beleef nie,elke aanval is unieke omstandighede en ons bid elke dag dat dit nie met iemand anders moet gebeur nie,maar dit gaan daagliks nogsteeds wreedaardig voort!Ek is met n swaar yster paal op die kop geslaan(om dood te slaan en n rib is gekraak)Die angs om jouself te bevry en dan uit jou eie huis te vlug in die swart nag in om hulp te gaan soek 1km verder,verg guts veral met n vrou wat so aan skok ly dat sy nie kan loop nie en haar moes saam sleep en dra na veiligheid,my pyne het nie getel op daardie stadium nie,haar veiligheid het 1ste gekom!Wie van julle was al daar?Ons verneem graag van jul ondervinding!Dit daar gelaat!Geseend is julle in ons Pragtige Land Suid Afrika en ons se dankie aan ons Hemelse Vader dat Hy ons Lewens gespaar het om dit met julle te kon deel en julle meer paraat te maak,ook se ons so baie dankie aan ons Familie en Vriende in hierdie deur mekaar tyd veral aan ons Kinders wat ons so baie bygestaan het,en nogsteeds doen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.