Paarl-vrou vermis: Kêrel in hof

Jacobus Oosthuizen. Foto: Facebook

Jacobus Oosthuizen. Foto: Facebook

Die kêrel van Nicola Pienaar, die vrou van die Paarl wat sedert 5 Januarie vermis is, het Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof op ʼn aanklag van motordiefstal verskyn nadat haar ma se motor in sy besit gevind is.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak teen Jacobus Oosthuizen (32) is uitgestel vir nadere ondersoek en om die ondersoekbeampte kans te gee om Oosthuizen se woonadres te bevestig. Naidu het gesê Oosthuizen sal op 27 Januarie weer in die hof verskyn wanneer die saak na verwagting na die Paarl-landdroshof oorgeplaas sal word.

Maroela Media het vroeër berig Oosthuizen is Saterdag in Port Elizabeth in hegtenis geneem nadat iemand Pienaar (28) se ma se motor by ʼn kitskosrestaurant in Albanyweg opgemerk het. Pienaar, wat die motor gebruik het, se klere is in die motor gevind.

Oosthuizen het aan die polisie gesê dat hy en Pienaar op 7 Januarie na Port Elizabeth onderweg was, toe hulle ʼn uitval gehad het. Hy beweer hy het haar in Oudtshoorn afgelaai.

Intussen word Pienaar steeds vermis. Enigiemand met inligting word versoek om sers. Anderson by 021 807 4000 of Crime Stop by 0860 010 111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Apie ·

Hoe de hel kon hy haar sommer net so aflaai? Ek dink hy lieg!! Sy storie stink.

Adeline ·

Ek kry ñ gevoel die ou het dalk iets met haar verdwyning the doen.

Olga ·

Hulle se ook nie enige iets dat hy dalk betrokke is in haar vermis nie. slang in die gras!!

BS ·

Hy kan lieg soos hy wil. Haar kar. Sy sou hom kon aflaai. Nie hy haarnie.

Rasper ·

LIEGBEK hoe kon jy haar afgelaai het as dit nie eers jou kar is nie – die woord se reeds vir ons wie die vader van die leuen is. SATAN is die vader van die leuen, so net hy sal jou glo. As jy haar afgelaai het, sou sy al lankal iemand gebel het, of iemand sou van haar gehoor het. Dink jy ons is n klomp morone.

JANETTE ·

Verseker het hy iets daarmee te doen,hoe kan jy net iemand aflaai!!! die voertuig is dan nie eens syne nie – Nee wat jy is SKULDIG!!!!!!!!!!!! Hoop jy word verlank toe gesluit!!!!

Annie ·

Hier is iets baie snaaks aan die gang – hy is skuldig en het iets met haar verdwyning te doen, hoop hy praat en vinnig ook. Sterkte aan Nicola se ouers, familie en vriende. Hoop sy word vinnig gevind en dat sy veilig is.

Dankie ·

Dankie vir die 1 wat die voertuig opgemerk het en opgevolg het. Mag die Vader gee dat sy net iewers toegsesluit is. Hy onderskat almal se inteligensie om sulke snert op te dis.

LS ·

SKULDIG, SKULDIG, SKULDIG !!!
Ek hoop ek sluk my woorde, want ek hoop sy is iewerste in Oudshoorn en dat sy leef, maar soos almal hier bo noem, daar is defnitief ‘n GROOT slang in die gras, want ja, hoekom laai hy haar af as dit haar ma se voertuig is? Hoop haar ouers en familie kry spoedig moontlik antwoorde, want dit moet senu tergend wees om nie te weet waar sy is of wat met haar gebeur het nie. Sterkte aan die familie, ek wil my nie indink wat julle elke dag moet deur maak nie.

Suzette ·

As hy haar op Oudtshoorn afgelaai het wonder ek waar het sy gesit tot daar. As jy na daardie motor kyk en spesifiek na die voorste passasier sitplek twyfel ek of sy enigsins in die motor was tot op Oudtshoorn. Dink nie daar is plek vir ‘n muis in daai voertuig nie. Dink nie sy het ooit die Paarl uitgery nie………….net my opinie. Here mag sy veilig gevind word asb.

Alida ·

Hy moet mos nou lankal vir die SAPD gese het waar en by watter huis het hy haar afgelaai in Oudtshoorn. Genade begin dan daar soek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.