Paarl-vrou vermis: Kêrel teruggestuur na Wes-Kaap

Nicola Pienaar. Foto: Facebook

Nicola Pienaar. Foto: Facebook

Jacobus Oosthuizen (32) wat voorlopig aangekla word van motordiefstal nadat sy meisie, Nicola Pienaar (28) verdwyn het, het Vrydag in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn.

Die saak is tot 2 Februarie uitgestel wanneer Oosthuizen in die Paarl-landdroshof in die Wes-Kaap moet verskyn. Hy sal dus nou van Port Elizabeth na die Wes-Kaap reis. Hy bly in aanhouding. Oosthuizen het aangedui dat hy van voornemens is om skuld te ontken.

Maroela Media het vroeër berig hy is op 21 Januarie buite ʼn KFC in Port Elizabeth in hegtenis geneem waar hy ʼn goudkleurige Peugeot, parkeer het. Dié motor behoort aan Pienaar se ma.

Pienaar is op 5 Januarie laas gesien toe sy haar ma se huis in die Peugeot verlaat het en sy is op 8 Januarie as vermis aangemeld.

Volgens die polisie het Oosthuizen tydens sy inhegtenisneming aangevoer hy en Pienaar het ʼn uitval gehad en hy het haar op 7 Januarie in Oudtshoorn afgelaai.

Intussen duur die soektog na Pienaar voort en daar is nog geen nuwe verwikkelinge nie. Kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die ondersoek na haar verdwyning is na die Oos-Kaap, Wes-Kaap en al langs die Tuinroete uitgebrei.

Pienaar se ma, Marlaine Pienaar-Vice, het vroeër aan Maroela Media gesê omdat sy en haar dogter ʼn baie noue band het en mekaar byna elke dag gesien het, is dit vir haar baie vreemd dat haar dogter nog nie met haar kontak gemaak het nie. “Dit is totaal uit karakter vir haar om net te verdwyn en niks van haar te laat hoor nie. Ek het onmiddellik gedink iets is fout toe ek niks van haar hoor nie en haar nie in die hande kon kry nie,” het sy gesê.

Lees alle vorige berigte oor Nicola Pienaar op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Roper ·

Hoe nou?

Die man is soooo skuldig. Net hy glo sy eie bull5#1+

Anne coetzer. ·

Wat vreemd is. Dit is haar ma se motor. Hy kry n saamry geleentheid. Maar hy laai haar af en ry verder asof dit sy reg is. Ek ruik n rot

Hendrina ·

Presies Anne. As hulle gestry het moes sy hom afgelaai het en teruggery het Paarl toe – dit is immers haar ma se motor wat sy gebruik het. Hoe kan hy haar aflaai en verder ry?

Alida ·

Wat is fout met die speurder laat hom sing soos n kanarie. Gemors gaan nou seker weer gestuur word vir waarneming. Geldmors hy moet praat.

Wouter ·

Ek wonder maarnet? Hoekom word die res se name nie genoem wat van misdade verdink word soos bv. die baba pornografie saak nie, omdat hulle nog nie gepleit het nie. Maar die ou se naam word dan genoem. Hy het mos nog nie gepleit nie. Noem almal se name of geen name nie. Hoekom word party beskerm en party nie? Maar dat hier ‘n helse rot geruik word is verseker.

Riaan ·

Ek kan nie glo dat vroumense saam met sulke “lae drêk” uithang nie… Hierdie dude moet uitkom met die waarheid want hy is die enigste skakel in die raaisel wat weet. Elke kar moet ‘n opspoor toestel hê vir sulke voorvalle.

Jajaja ·

Hy het dan verkeerde adres op gegee. ? Gaan kyk by regte adres. Hy Moet praat. Hou hom aan tot hy praat

Derek ·

Jamner ek glo nie sy storie nie bring terug die dood straf dat sulke drek van die same lewing kan verwyder word bring hom vir ons sal op die ou metode sing soos n kanarie en die waarheid sal uit kom

Nicolene Boshoff ·

Weet jy, praat maar net die waarheid dis al. Gevolge is daar maar ten minste sal die gevoel van frustrasie verdwyn. Net die waarheid.

muis ·

Waar in daai kar wat tot op die voorste sitplek oorlaai is sou daai vroutjie gesit het.? Waarom al die klere was hulle onderweg met vakansie??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.