Die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl steier onder ʼn dubbele terugslag nadat twee gr. 11-leerders daar die afgelope week hul eie lewe geneem het.
Jade Gouws (17) is Woensdagaand by haar huis dood. Die skool het Jade as voorbeeld vir haar maats en ʼn steunpilaar bestempel. Sy is ook onlangs verkies as een van die gr. 11-VRL-lede.
“Ons innige simpatie gaan aan haar ouers, broer, familie, vriende en mede-Larries,” het die skool gesê.
Intussen is tientalle boodskappe van medelye ook betuig ná die dood van Zara Malherbe, ook ʼn 17-jarige gr. 11-leerder van die skool. Zara is Donderdag dood.
Debbie Schäfer, LUR vir onderwys in die Wes-Kaap, het gesê sy is diep ontsteld oor die twee meisies se dood.
“Ek wil eerstens my diepe medelye met die meisies se gesinne, vriende, onderwysers en almal by Hoër Meisieskool La Rochelle betuig.
“Ek het met die skoolhoof gepraat – wat platgeslaan is – maar steeds leiding aan die skool gee. Berading is beskikbaar en die Wes-Kaapse onderwysdepartement ondersteun die skool.”
Schäfer het gesê dit is tragies dat mense die punt bereik dat hulle geen ander uitweg sien as om hul lewe te beëindig nie. Sy het ʼn beroep gedoen op leerders wat swaar kry om hul emosies te verwerk om na hul onderwysers uit te reik wat hulle kan bystaan om die nodige hulp te bekom.
“Kom ons doen alles wat ons kan, waar ons kan, om mekaar by te staan met die struikelblokke wat die lewe op ons pad bring.”
- Vir hulp, skakel die Safe Schools-noodnommer by 0800 45 46 47.
Let us all do what we can where we can, to support each other to navigate the difficulties that life throws our way.
My innige simpatie aan die familie en vriende in die moeilike tyd mag God julle dra! Dis regtig hartseer as enige iemand so iets doen en nie ‘n ander uitweg sien nie…
Was die 2 leerders bevriend of op enige manier aan mekaar verbind? Dis darem baie toevallig dat die een Woensdagaand en die ander Donderdag selfmoord pleeg.
Dis hartverskeurend, ons innige simpatie met die families.
Só hartseer en laat hul ouers met soveel onbeantwoorde vrae agter. Sterkte aan hulle en gesinne.
Nee !
Tragies!!
Is daardie hulp nommer sigbaar en beskikbaar by skole? Hierdie tragiese ding gebeur jaar na jaar, amper klokslag kan mens se, waarom is daar nog nie programme om dit te keer nie? Ek het in die lockdown 3 vriende so verloor, volwassenes, kan mens die vraag vra wat se sielkindige impak het die lockdown op mense gehad… Alle sterkte aan almal wat geliefdes so aan die dood afstaan