Paartjie erken dat hul dowes, blindes besteel

Ruvanya Ramiah (30) en Ayush Rambally (31). (Foto: KwaZulu-Natal Blind and Deaf Society/Facebook)

ʼn KwaZulu-Natalse egpaar het in die Durbanse handelsmisdaadhof erken dat hulle miljoene rande van die Vereniging vir Blindes en Dowes in dié provinsie gesteel het.

Ruvanya Ramiah (31) het skuld op 354 aanklagte beken, terwyl Ayush Rambally (32) op 79 aanklagte skuldig gepleit het.

Dít kom op bedrog van onderskeidelik R12 miljoen en R1,7 miljoen neer.

Ramiah het in haar pleitooreenkoms gesê dat sy tussen Maart 2012 en Februarie 2019 as ʼn finansiële beampte van die Vereniging vir Blindes en Dowes werksaam was.

Haar pligte het ingesluit die betaling van salarisse en die hantering van ander algemene betalings. Sy het dus toegang tot en beheer oor die vereniging se bankrekeninge gehad.

Volgens Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het Ramiah erken dat sy die bedrog gepleeg het deur aan haarself ʼn verhoogde salaris te betaal – dikwels twee keer of meer in een maand. Sy het ook bedrieglike betalings vir verskaffers geskep en bewyse gefabriseer om dié betalings te staaf.

Die geld is in haar en haar man, Rambally, se bankrekeninge inbetaal.

Rambally het in sy pleitooreenkoms gesê dat hy die geld gevat het met die wete dat hy nie daarop geregtig is nie. Hy het ook erken dat hy nie ʼn werknemer of krediteur van die vereniging was nie.

Hy het verder erken dat hy geweet het sy optrede is verkeerd, asook dat hy van plan was om die vereniging voortdurend te plunder en die geld vir eie gewin te gebruik.

Die saak is tot 4 Augustus vir voorvonnisverrigtinge en korrektiewe verslae uitgestel. Die paartjie is voorheen borgtog geweier en bly in aanhouding.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

JohanR ·

Wat ‘n wonderlike ANC land. Nou word die blindes en dowes beroof!

Delia ·

Stuur hulle tronk toe. Geen borgtog. Geen opgeskorte vonnis.

hermiena ·

Ai ai, jy kan niemand meer vertrou nie ….. uit en gedaan!!

Miskruier ·

Lees Openbaring, mens sal op n punt nie eens jou geliefdes kan vertrou nie.

Anel ·

Kan jy nou meer! Hoop hulle word toegesluit en die sluit verloor. Hoe laag kan mense daal?

Witbaard ·

Ek het slegte nuus vir hulle…..hierdie wiel gaan hard draai.

Herman L ·

Hulle moenie net terugbetaal nie, hulle moet sit! So lank as moontlik.

Yvonne ·

Ai die mammon bring menige tot n val…..gierigheid neem net toe

Tokkel ·

My woorde is op vir hierdie tipe mense……..geen maar geen respek vir hulself en ander nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.