Paartjie geskiet ná hul glo weier om huis te verhuur

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Paartjie van die Oos-Kaap is Maandagaand geskiet toe hulle na bewering nie hul huis wou uitverhuur nie.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 20:30 in New Brighton plaasgevind by die huis wat aan Nomfundo Ndaleni (58) behoort waar sy saam met haar 57-jarige vriend woon.

“Drie verdagtes is na die paartjie se huis in Nqolombostraat en het by Ndaleni navraag gedoen om die huis te huur. ʼn Stryery het ontstaan, waarna een van die verdagtes ʼn vuurwapen uitgehaal en albei slagoffers geskiet en gewond het.”

Ndaleni is in haar gesig geskiet en haar vriend is in die heup gewond.

Die verdagtes het op vlug geslaan en is steeds soek.

Die paartjie is na die Dora Nginza-hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die New Brighton-polisie ondersoek twee sake van poging tot moord.

Genl.maj. Dawie Rabie, bevelvoerder van die Motherwell-polisiegroepering, het sy skok uitgespreek dat die egpaar vir hierdie motief geskiet is.

“Ons sal nie rus totdat die gewetenlose verdagtes in hegtenis geneem en voor die hof gedaag word nie,” het Rabie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Louis ·

Wonder waar is al die reaksie nou op die voorval? Is die gebrek daaraan te wyte aan die feit dat die slagoffers swart is? Indien wel, is dit siek.
My innige meegevoel met die familie van hierdie mense asook die van van elke slagoffer van geweld.

Daisy ·

Is dit wat bedoel word met grond sonder vergoeding? My innige meegevoel en baie sterkte

Gesiggie ·

Ag nee… nou het ek al als gehoor ? hoe net wil skiet omdat hul nie die huis aan jou wil verhuur? klink na my na iets anders” maar hul sou inelkgeval nie baie goeie huurders wees as hul instaat is om net te skiet?? en stem saam Mnr Rabie vang die gewetenlose verdagte…

Cherokee ·

So maklik – verhuur nou die huis aan hulle en trap hulle dan vas.

Grondregte ·

Dis wat gebeur wanneer n land respek vir eiendomsreg verkleineer.

madels ·

Dis verskriklik dat die paartjie geskiet is net omdat hulle nie hul huis wou verhuur nie!! :-( wat het van ons land geword?? Sterkte vir die paartjie, mag hulle heeltemaal wonderbaarlik herstel en veral die vrou, daai skending is n verskriklike ding om mee saam te leef as vrou, veral..

Gideon ·

Madels, niks het ‘van ons land geword’ nie. Dit was nog altyd soos dit nou is. Kulture vernader nie vinnig nie.

Meegevoel ·

Sterkte aan SLAGOFFERS….oortreders MOET baie swaar GESTRAF word…dié is gevolke van WETTELOOSHEID.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.