Paartjie glo uit weerwraak op kleinhoewe aangeval

Argieffoto

Argieffoto

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

ʼn Man en sy vriendin is vandeesweek op ʼn kleinhoewe in KwaZulu-Natal aangeval wat vermoedelik beskou word as ʼn wraakaanval wat verband hou met ʼn loongeskil.

Larry Erasmus, uitvoerende hoof van Security 4 U wat in beheer is van die Empangeni-plaaswag, het aan Maroela Media gesê die paartjie is Dinsdagaand op hul kleinhoewe in die Eindhoek Suiker-landgoed deur drie mans, glo bekend aan hulle, oorval en erg aangerand.

Volgens Erasmus is die man in sy 50’s en sy vriendin in haar 30’s en grens die kleinhoewe teen die Cebekhulu- tradisionele tuisland-omgewing.

“Die aanval het tussen 20:00 en 21:00 plaasgevind. Die drie mans het hulle in hul huis oorval en vermoedelik met kieries, messe en pangas aangerand,” het Erasmus gesê.

“Die paartjie se buurman, mnr. Mario Wehncke, het onraad gemerk toe hy die oproer gehoor het en tot die slagoffers se redding gekom. Hy het die verdagtes onder meer met bakstene verdryf en hulle het te voet gevlug sonder om iets te steel.”

Die paartjie is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir behandeling. Na wat verneem word, is die man in ʼn stabiele toestand, maar die vrou kritiek. Haar toestand was teen Vrydag nie bekend nie, aangesien sy glo na ʼn onbekende hospitaal in Durban oorgeplaas is.

“Ons het die toneel ná die aanval besoek en met sommige ooggetuies gepraat. Die aanvallers was glo aan die slagoffers en bure bekend en het soms los werkies vir die slagoffers verrig. Die aanval was vermoedelik ʼn wraakaanval wat verband hou met ʼn loongeskil. Daar is ook gerugte dat die verdagte voorheen gereedskap van die slagoffers gesteel het.”

Erasmus het gesê die Empangeni-polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur en niemand is nog teen Vrydag in verband met die aanval in hegtenis geneem nie.

Maroela Media het navraag by die polisie gedoen oor die stand van die ondersoek en die vrou se toestand en wag nog vir terugvoer.

WAARSKUWING: Die foto’s is grafies van aard en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Lee ·

Die beste dink ek vir boere deesdae is om nie vir hulle geensins werk te gee nie. Daar is baie wittes daar buite wat werk soek en wat enige iets sal doen. Hierdie plaaswerkers is nooit met niks tevrede nie. Of kry eerder familie en vriende om te help. Wens julle albei ‘n spoedige herstel toe.

Hannelie ·

Lee ek stem saam met jou. Moenie vir hulle werk gee nie, al is hul van die goeie plaaswerkers, want ongelukkig moet almal nou onder dieselfde kam geskeer word. Wonder of die president in sy staatsrede gepraat het oor die aanval en moorde op onskuldige mense…..dat die moordenaars met die dood gestraf word!? Bid vir herstel vir die man en vrou.

Karma ·

Jy sien, Lee, ons blanke mense dink dikwels sekere soorte werk is benede ons – bv., hier in die Wes-Kaap, watter vrou sal soos die kleurlingvroue uur na uur in die hitte staan en druiwe pluk? En arbeidswetgewing dwing mos BBEEE op werkgewers af. Nee wat, ek dink die beste is om te outomatiseer, waar dit gedoen kan word. Geweldige hoë insetkoste, ja, maar beter as om ons boere – landbouprodukverbouers bedoel ek – elke dag te hoor en sien uitgemoor raak (en dit dikwels oor ‘n “loongeskil”).

Celia D. ·

Daar is bitter baie van ons mense in wit plakkerskampe. Plaas hulle op ons plase- hulle sal n bydrae lewer en die plaasinwoners is nie alleen nie. Sal graag wil hoor wat MM lesers dink van so n plan.
Verder, daarmoet ernstig besin word oor paraatheid.
Selfs n pepperspray is beter as niks. Maak dit vas om jou pols dan is dit altyd byderhand. n Wettige vuurwapen in jou holster(nie in kluis) en neem lesse. Niemand gaan iets doen nie, niemand gaan ons help nie- ons moet onsself help net daar waar ons is en selfverdediging leer. Baie boereis aln wrede dood gespaar omdat hulvuurwapen by hulle was en hulle t geweet hoe om dit wettiglik te gebruik. Ek moedig nie geweld aan maar staan selfverdediging voor. Jy het n reg daartoe as jou lewe bedreig word.

JK ·

Nog een … kyk maar, daar is elke dag so n berig in die koerant !!

Geen verskoning ·

Dit gee hul nog nie die reg om mense so wreed aan te val nie…. gaan dan polisie toe. .. maar om uit te gaan om te moor… dankie tog dat daai man tot hul redding gekom het…. hulle is maar uit die hel!

AL ·

Werkers sal altyd ongelukkig wees oor lone want hulle is ondankbaar en opportunisties. Doen eerder jou werk self. Dis beter dan lyk almal wat naby jou plek beweeg verdag en hanteer hul as verdagtes. Sterkte aan die paartjie en dankie Here dat jul gespaar is!

Genieve ·

Ek het nie woorde nie regtig.Dit lyk nou asof dit n gewoonte gaan word om elkedag n moord te pleeg.

louwrens ·

Ja so bly wees as ons n einde aan plaasaanvalle kan kry kyk net hoe gaan.dit in Parliament aan

Ouma ·

Ek stem saam! Daar is baie wittes wat werk soek wat graag op ‘n plaas sal wil werk! Beskerm ons volkie nasie en toekoms! Daar is nie meer duisende van ons nie.

johny ·

wat van die berig dat laerskool kinders deur hoerskool kinders aangeval is omdat daar nie net swart kinders in laerskool is nie .het blykbaar vandag gebeur in Polokwane .Ek se nie dit is waar nie maar kan dit asb ondersoek word .het berig op facebook ontvang

Johny ·

Polokwane .Aanranding op laerskool leerlinge deur Hoerskool leerlinge wat gaan daar aan

zeno ·

Ja, doen eerder jou werk self, dit wat jy nie vandag kan doen nie, los dit vir die volgende dag. Wreedheid is nie `n verskoning vir `n loon geskil nie,maar nog net `n rede om ander seer te maak.

Janine ·

Ja ook moeg gehoor alles gaan oor loonverskille…twak man…

Inge ·

Ek is ook nie heeltemal tevrede met my lone nie, maar ek gaan nie en val my baas aan nie! Dit is belaglik.

Christa ·

As lone die ekskuus was moes hulle die CCMA genader het!!

Annie ·

Hulle kla oor loon verskil … wat van die gesteelde items!!!!! Of het hulle dit geleen!????

amvi ·

Dis nie net op afgelee gebiede wat dit gebeur nie. Veiligheids komplekse is in net so gemors agv die bose elemente wat daar werk. Daar is geen beheer meer oor wie die kompleks binnegaan en inbrake is ook al ‘n algemene ding. Raak ontslae van julle huishulpe en tuinwerkers. Dis nie meer soos dit was 20 jaar gelede nie. Hulle besteel jou sonder dat jy die agterkom en hulle weet alles van jou persoonlike lewe. Ek sal sowaar nie rustig slaap indien ek weet een van hulle weet presies wat in my huis aangaan nie.

Belaglik ·

Hierdie is altyd net ‘n VERSKONING om wrede aanvalle te loods op blankes. AS jy ontevrede is met jou salaris, gaan soek ander werk. Maar nee, die demands word net groter by die dag. Hoekom val jy’n paartjie met pangas aan as jy ‘n loongeskil met hulle het? Dit is belaglik man, ons kan nie almal aanval en doodmaak waarmee jy n GESKIL het nie, maar hulle weet dit word altyd as versagting aangevoer of as regverdiging vir ‘n bloedige aanval. Hulle het voorheen gesteel ook na bewering, so moes hulle ook nou aangeval word uit weerwraak vir die diefstal? Dis darem regtig belaglik dat mense met MOORD wegkom deesdae.

Pietman ·

Tyd dat boere in europa gaan leer hoe om met geen arbeid te boer. Wat ook kan werk is die Kibutz stelsel van Israel. waar die boere as ‘n gemeenskap saambly en bedags na hul plase omsien. Tegnologie is duur vir kleiner boere maar tegnologie kan gedeel word. Die dae van hande arbeid is getel. daar is nou al robotte wat selfs vrugte kan pluk.

hans ·

Solank daar n zuma en malema is sal dit nie beter word nie. Rassehaat kan nie vrede bring nie.Hoop net hulle sterk gou aan.

Nicolene Boshoff ·

Ons heel eerstr werkers was blank. Drie keer vir die een werk gegee en tot n troupe betaal en hyt gewaai soos n boom van n blaar. Drie ander blankes ook gehelp net twee maande gehou. Nog n egpaar gehelp en dit 9 maande gehou. Probleem? Ons begin nou eers en kan nie so baie betaal nie maar behuisi g en kos en om hulle te vervoer was deep can die pakkie. Plaaslewe is food vir hulle hulle soek die rumoer en kuier van dorpe. Draadspan is vir ander tipe werkers en as beeste nie wil hoor nie vloek ons hulle DAT hulle eienaar gaffel. Ons wil took terwyl ons beeste dip en selfoon werk terwyl ons op trekkers is. Ons voel raadop want beide kante toe sukkel mens maar. Ons het ook gese net blankes mense dis nie maklik nie. As hulle nie wil nie of nie Lus het nie kan jy niks doen nie. Jy kan maar hulle soos families behandel en kersfees saam gou en klinieke toe ry en by bevallings staan. Too bad for you sucker houding. Baaaie yrane en hartseer gewees!!
Se maar net

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.