Paartjie in hof ná speurder se dood

Ao. Ben Strydom. Foto: Verskaf

Ao. Ben Strydom. Foto: Verskaf

ʼn Egpaar gaan na verwagting Maandag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn nadat adjudant-offisier Ben Strydom, ʼn polisiespeurder, doodgeskiet is terwyl hy aan diens was.

Maroela Media het vroeër berig Strydom (47) het as speurder by die Sinoville-polisiestasie gewerk. Hy en ʼn kollega wou omstreeks 10:00 die 64-jarige verdagte by sy huis in Montanapark in hegtenis neem in verband met verskeie aanklagte van bedrog.

Na wat verneem word, het daar ʼn bakleiery uitgebreek waartydens Strydom noodlottig gewond is. Hy is op die toneel dood. Die verdagte het ook na Strydom se kollega geskiet, voordat hy in sy voertuig gespring en weggejaag het.

Die ander beampte is nie beseer nie. Die beampte het hulp ontbied en die Sinoville-polisie het die verdagte sowat 15 minute later op die Moloto-pad aangekeer. Die man het van die pad afgetrek, die vuurwapen op homself gerig en probeer selfmoord pleeg. Hy het homself vermoedelik in die kop geskiet. Hy is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die verdagte se vrou (47) is kort na die skietery ook op aanklag van bedrog in hegtenis geneem

Beeld het vroeër berig die egpaar het glo ’n toerisme-onderneming bedryf wat veral bejaardes ingedoen het. Hulle het glo deposito’s van verskeie vakansiegangers geneem, die vakansie gekanselleer en dan met die slagoffers se geld verdwyn. Die egpaar het glo ook in twee Afrikaanse koerante en op die radio adverteer, maar nie daarvoor betaal nie.

ʼn Polisiebeampte van Upington, wat glo deur die egpaar ingedoen is, het hulle opgespoor.

Die verdagtes se name mag nie bekend gemaak word voordat hulle in die hof verskyn het nie.

Buiten die aanklagte van bedrog, gaan die man ook van moord en poging tot moord aangekla word.

Lees ook:
Man skiet PTA-polisieman, homself

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elizabeth ·

Dis net erg vir my van die arme bejaardes wat ingedoen is. Hulle wou dalk ook ‘n ou vakansietjie hê en het al hul geldjies wat hul ekstra kon afknyp aan hierdie skobbejakke oorbetaal en seker so uitgesien… Hoe DOEN mens sulke goed aan veral die wat juis gewoonlik min het! Die feit dat die jafel gewapen was en geskiet het omdat hy gearresteer sou word, wys al klaar hulle is mos skuldig! Jammer aan die familie van die oorledene wat sy werk gedoen het en so moes sterf.

Johann ·

Beste Elizabeth, laat my asb toe om by jou aan te sluit m.b.t jou vraag.

Hoe is dit moontlik dat die regering, oor hul hart kan kry, om pensioenfondse te plunder om E-tol te finansier? Hoe is dit moontlik dat trustees, Transnet se pensioenfonds plunder vir selfverryking?

Dit steek my dwars in die krop.

Trippie ·

Goeie more Elizabeth en Johann

Hoe verlang ek terug na die goeie ou dae, toe daar nog respek was vir die SAP, toe ons nog veilig was, in ons huise, waar ons, onsself ookal mag bevind het.

Ek stem met beide van julle saam – ek haat onreg.

Rus in Vrede en baie sterkte aan sy geliefdes.

Johann ·

Met hierdie sombere bostaande berig, mag dit gepas wees om aan Hercules se ouers, sussies, familie en vriende baie sterkte, troos, berusting en vrede toe te wens?

Julle is in ons gebede met Hercules se begrafnis om 11:00 vandag. Weet dat ons Vader by jul sal wees.

Vader, in U groot genade, hou U kinders asseblief styf vas? Dankie dat U elkeen sal ondersteun in hierdie verskriklike moeilike tyd.
Vader, daar waar die routydperk aangebreek het, dankie dat U saam met elkeen die pad sal loop en dat U sal sorg dat elkeen heel anderkant sal uitkom.

Amen.

Leeutjie ·

Hallo Johann. Ek lees dat jy medelye het met Hercules se familie en sy begrafnis van vandag. Lees ek verkeerd want die polisie beampte wat sy lewe verloor het is Ben? Help my reg as ek iets misgelees het.

Adri ·

Weet iemand dalk wie is die ondersoekbeampte in hierdie aangeleentheid? My skoonma en haar skoonsuster is September 2013 amper ingedoen, gelukkig kon ons met baie drama en groot baklei die geld uit Hendrik/Johan uitkry. Ek het nog al die korrespondensie en bankbesonderhede, die geld is destyds uit Renette se rekening oorbetaal en nie Zambezi Toere s’n nie, dit het destyds al vir ons verdag voorgekom dat al die geld geskuif word na ‘n ander rekening toe. Hierdie “toere” is spesifiek gemik op pensioenarisse, mag hierdie mense die straf kry wat hulle toekom.

Elizabeth ·

@Adri – ek hoop jy kan regkom, jou inligting kan dalk NET help dat die twee aan die pen ry. Absolute skande! Probeer uitvind by die landroshof van Pretoria Noord wie dit is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.