Paartjie in hof oor hulle glo baba mishandel

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Paartjie van Benoni, wat daarvan verdink word dat hulle hul sewe week oue babaseuntjie mishandel het, verskyn Vrydag weer in die plaaslike landdroshof.

Die man en vrou, onderskeidelik 26 en 25 jaar oud, is tydens hul vorige hofverskyning in Mei op borgtog van R3 000 elk vrygelaat.

Hulle staan tereg op aanklagte van kindermishandeling en aanranding met doel om ernstig te beseer.

Volgens The Star is die paartjie in hegtenis geneem nadat personeel van die Linmed-hospitaal, wat die baba vir brongitis behandel het, gesien het hy is beseer en dit by die polisie aangemeld het.

Die babaseuntjie het drie gebreekte ribbe, ʼn gebreekte knie en breinbeserings gehad. Hy is na ‘n plek van veiligheid geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Madelein ·

Ek kan nie dink hoekom mense dit doen nie. Weet julle hoeveel mense graag kinders wil he, maar kan nie kry nie. Julle is verskonings van lewens en julle verdien mekaar. As julle te lig gestraf gaan word deur mense, is daar gelukkig ‘n HoEr Hand wat julle sal straf soos julle dit verdien.

Johann ·

Mishandelaars, besef julle wat julle gedoen het aan ‘n weerlose mensie?
Mishandelaars, besef julle dat God se trane oor Sy wange stroom deur julle toedoen?
Mishandelaars, besef julle dat kindertjies nie net deel van God se hart is, hulle ís Sy hart?
Mishandelaars, besef julle dat julle, julle kindjie moet grootmaak tot Sy eer en verheerliking van Sy naam?
Mishandelaars, besef julle dat die galbeker nie by julle verby sal gaan nie?

Seën aan die hospitaal personeel, julle loon is groot.

Mag daar vir jou, kleine mensie, volkome genesing plaasvind en weet, God sal altyd by jou wees.

Grassie ·

Ek stem saam, T. Ek dink nie enigiemand anders kan dit beter verwoord nie. Ek glo die Skepper sal daardie stukkende kind in Sy groot hande toevou, hom genees en ‘n normale lewe vorentoe vir hom beskik.
Voorspoedige dag vir jou vorentoe. Ek sal die 14e onthou.

Trippie ·

Grassie, jou woorde is net so besonders ! Ek sê AMEN daarop.

Weet jy, toe ek die “vrou” se ouderdom was, het ek self gedroom van ‘n bondeltjie liefde wat ek eendag myne kon noem, vashou en koester – dis egter nie vir almal beskore nie, daarom verstaan ek nie hoe ‘n “moeder” dit aan haar eie kan doen nie.

Ons bid steeds saam (14de) – geseënde dag vir jou ook.

Theresa ·

Ek stem saam Madelein. En daardie onskuldige ou mensie het nie gevra om daar te wees nie. Ek verstaan ook nie hoekom doen mense dit nie. Baba’tjies is so weerloos en afhanklik van grootmense. Ek wil nie eers dink aan wat die seuntjie deurgemaak het nie. Wat moes deur sy breintjie gegaan het. Dis mos nie hoe die lewe moet wees nie. Ek is ook moeg vir die verskoning van dwelms, hulle kinderjare ens. As jy in so lewe is of wil wees dan het jy nie kinders nie – my magtig. Sulke mense kry nie swaar genoeg straf vir wat hulle doen nie! Kyk maar al die vorige gevalle. Maar dis waar wat jy sê – daar is die Hoër hand wat straf uitdeel.

Elizabeth ·

Nog ‘n kindermishandeling gruwelstorie. Hou dit nooit op nie? Hoe DOEN mens so iets aan ‘n weerlose mensie. Breinskade? Met ander woorde hy is sy lewe lank nou afhanklik van sorg, dus moontlik ‘n tipe inrigting want die Vader behoede dat hulle een of ander tyd “gerehabliteerd” is en die arme kleinding terugkry. So wat se lewe en toekoms het die mensie? Ek kan ampers nie eers sluk soos ek hier skryf so hartseer voel ek. Ek voel sulke goed moet ook ALBEI gesteriliseer word sodat daar nooit ooit weer ‘n kans is dat hulle kinders kan hê nie, en dit moet net ‘n klein deeltjie van ‘n hengse straf wees…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.