Paartjie in hof oor vakansieslenter

Argieffoto (Foto: Steve Buissinne/Pixabay)

Megasen Roland Chetty (38) en Sarasvathi Belinda Pillay (47) het Vrydag in die Durbanse landdroshof verskyn op aanklag van bedrog. Hulle is vrygelaat op borgtog van R5 000 elk en moet op 7 Julie weer in die hof verskyn.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee is in hegtenis geneem oor ʼn rits bedrogklagtes wat tussen Februarie 2018 en Oktober 2019 aanhangig gemaak is. “Die verdagtes word met 14 klagtes van bedrog verbind wat in Chatsworth, Phoenix, Malvern, Town Hill, Tongaat en ander gebiede gepleeg is.”

Chetty en Pillay word daarvan beskuldig dat hulle beloftes aan niksvermoedende mense gemaak het van afslag-vakansies plaaslik en oorsee. Hulle het uiteindelik sowat R900 000 gebuit.

“Die dossiere is oopgemaak en na die provinsiale eenheid wat handelsmisdaad ondersoek, oorgedra. Hulle is die oggend van 28 Mei in hegtenis geneem.”

Enigiemand wat slagoffers was van dieselfde slenter word versoek om die ondersoekbeampte, konstabel Durugiah, te kontak by 082 334 8454.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.