Paartjie in kar doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 48-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die skietdood van twee mense in ʼn motor Maandagaand in Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die man het na bewering sy 32-jarige vriendin, met wie hy ʼn verhouding gehad het, in ʼn motor saam met ʼn ander man aangetref. Dié man (49) was glo haar minnaar.

“Die stilstaande motor was op die hoek van Retief- en Pretoriusstraat in die dorp se sakegebied. Die man het hulle glo genader en albei in die motor doodgeskiet sonder om ʼn woord te sê,” het Ngoepe aan Maroela Media gesê.

“Die motief vir die moorde word nog ondersoek, maar die moontlikheid van ʼn liefdesdriehoek word nie uitgesluit nie.”

Die man is in hegtenis geneem op twee aanklagte van moord. Hy moet binnekort in die Mokopane-landdroshof verskyn.

Die oorledenes is geïdentifiseer as Elliott Makalela en Sina Kgosana, albei inwoners van Mokopane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

m ·

Soveel hartseer en dit nou vir wat? Mense moet begin leer om hulle dinge uit te sorteer en nie mekaar dood te maak daaroor nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.