Mark Stallenberg (39) is dood en sy vriendin (28) ernstig beseer toe hulle Sondagmiddag in sy huis in Helenvale in Port Elizabeth aangeval is.
Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die paartjie was ongeveer 15:00 in Mark se slaapkamer toe twee mans deur die agterdeur die huis betree het.
“Hulle het op die paartjie geskiet en Stallenberg is noodlottig gewond. Die vrou het ʼn skietwond in haar maag opgedoen,” het Naidu gesê. “In hierdie stadium is die motief vir die aanval nog nie bekend nie, omdat die slagoffers nie betrokke is by enige bendebedrywighede nie.”
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Die polisie se ondersoek duur voort.
Dis verskriklik! Ai die arme vroutjie, ek hoop van harte sy herstel gou. Maar nou haar vriend verloor. Dis bitter hartseer :(
Sommer net! Who cares, Ramaphosa kyk mos weg . . .
Moetief is rasisme. maklik soos dit.
Stem 100 persent saam.
Mens sien niks van die aanvalle op nuus nie…
Die motief is moord omdat hulle wit is en hul hanteerders dit aanhits . Dis hoekom !