Paartjie in plaashuis oorval, aangerand

plaas-polisie-veld

Argieffoto

Niemand is nog in hegtenis geneem ná ʼn paartjie Vrydagaand op ʼn plaas deur drie mans oorval, aangerand en beroof is nie.

Volgens kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het die voorval omstreeks 20:15 op ʼn plaas sowat 10 km buite Kirkwood in die Oos-Kaap plaasgevind.

Die man (40) het om 20:00 by die huis gekom en twee gewapende mans het kort daarna by die huis ingekom en voorgegee dat hulle na drank op soek is.

“ʼn Derde verdagte, ook gewapen, het by die ander twee aangesluit en die man en sy vriendin gedreig. Hulle het geld geëis en albei slagoffers aangerand deur hulle met die vuurwapens oor die kop te slaan,” het Swart gesê.

Die verdagtes het daarna te voet met kontant en selfone van die toneel gevlug.

Albei slagoffers moes mediese behandeling ontvang.

ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

Swart het teen Sondagmiddag aan Maroela Media bevestig dat die polisie steeds op soek is na die verdagtes. Enigiemand wat inligting het, word versoek om AO Wouter Verwey by 084 846 2273, of die noodnommer by 0860 010 111 te skakel.

Oproepe sal anoniem hanteer word as dit so versoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anoniem ·

Dankbaar dat Julle nou veilig is, iets ergers kon gebeur het ! Dankie Jesus ???

LouE ·

Die tyd net na jy by die huis aankom is die gevaarlikste. Dan is die deure oop en almal loop in-en-uit. Die enigste ding wat jou dan kan waarsku is ‘n paar foxteriers.

1+1 ·

Versteekte veiligheidskomera’s in al die vertrekke van jou huis en buite waar jy die meeste kom en wat aan en af geskakel kan word. Koppel die uitsendings aan veiligheidsmaatskappye wat met alarms ook op bure se selfone geaktiveer kan word.

Elsa ·

Waar is “ramaphosa” en polisie wat veiligeheid moet verseker en ook optredes waar mense so beroof en aangerand word? beginom voorbeeldete maak van boowigte wat dink hul regeer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.