Paartjie in plas bloed gevind

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Polisievrou en haar lewensmaat van Mhluzi naby Middelburg in Mpumalanga is Woensdag in ʼn plas bloed in hul huis aangetref.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê die 43-jarige konstabel was verbonde aan die plaaslike polisiestasie. Sy het egter nie Woensdag vir werk opgedaag nie en teen 10:00 het haar kollegas bekommerd geraak aangesien hulle haar ook nie op haar selfoon in die hande kon kry nie.

Die polisiebeampte se kollegas is na haar huis waar hulle gevind het dat die hek, deure en vensters van die huis gesluit was. Hulle het oor die muur rondom die erf gespring en deur die venster in die huis in geloer.

“Hulle het besef daar is fout toe hulle ʼn liggaam op die vloer in die huis sien lê,” het Bhembe gesê.

Die kollegas het die venster oopgebreek en intussen ook hulp van die polisiestasie ontbied. “In die huis het hulle die liggaam van ʼn 37-jarige man op die vloer aangetref met ʼn vuurwapen nog in sy hand. In die slaapkamer het hulle die konstabel se liggaam aangetref. Albei oorledenes het in ʼn plas bloed gelê en skietwonde gehad.”

Bhembe het gesê die omstandighede van die paartjie se dood word ondersoek, maar die moontlikheid van ʼn moord en selfmoord kan nie uitgeskakel word nie.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het gesê die polisiemag is geruk deur die verlies van nóg ʼn lid nadat die provinsie onlangs ook drie senior polisiebeamptes aan die dood afgestaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tania ·

Daar is so baie SAPD lede wat selfmoord pleeg of familie moord pleeg, is daar nie hulp vir hulle nie? Sielkundige hulp of berading?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.