Paartjie in sop oor ‘liegstorie’

Argieffoto

ʼn Paartjie van Limpopo is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ʼn liegstorie uitgedink het om die man se werkgewer om die bos te lei.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die man, ʼn 29-jarige minibustaxibestuurder, en sy 31-jarige vriendin is in die Jerusalem-nedersetting van Monsterlus buite Groblersdal in hegtenis geneem oor ʼn beweerde valse ontvoering.

“Die man is na bewering Maandag omstreeks 05:30 na sy vriendin se huis waar hy haar glo aangesê het om sy baas, ʼn taxi-eienaar, in te lig dat hy deur onbekende mans in drie motors sonder registrasienommers ontvoer is. Die meisie het dit gedoen en ook dieselfde dag ʼn ontvoeringsaak by die Hlogotlou-polisiestasie aanhangig gemaak,” het Ngoepe gesê.

Polisiespeurders het hul ondersoek van stapel gestuur en uiteindelik die man opgespoor waar hy by sy vriendin se huis geskuil het.

“Die motief vir die valse saak is nog nie duidelik nie en word ondersoek. Voorlopige ondersoek dui egter daarop dat die man vir ʼn geruime tyd nie die fooie wat hy van passasiers gekry het, aan sy baas oorhandig het nie.”

Albei verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Nebo-landdroshof verskyn op aanklag van meineed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Riaan ·

Sterkte meneer hoop maar hul sluit jou toe anders gan jou baas se h.r department jou uitsort

mar ·

Jerusalem en Monsterlus …geen wonder dis so deurmekaar daar nie.

Sarie ·

Alida, nie SAPD se geld nie , maar ons Belatingbetalers se geld

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.