Paartjie, kinders saam vermis

Daar is nog geen teken van ʼn paartjie en hul twee kinders nie nadat hulle byna ʼn week gelede spoorloos verdwyn het toe hulle van KwaZulu-Natal na Mpumalanga op pad was.

Jacqueline Bonita Venter (40) en Trevor Thomas Stokes (53) is op 4 Mei saam met hul kinders, Jolene Bonita Venter (4) en Barend Johannes Venter (13) by die Durban-busstasie afgelaai. Die gesin sou van daar af ʼn bus of taxi neem na Standerton of Secunda in Mpumalanga waar Stokes glo ʼn werksgeleentheid by ʼn myn gekry het.

Hulle is sedertdien nie weer gesien nie. Jacqueline is swanger en sou binnekort geboorte skenk.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, sê dit is nie duidelik of die gesin ooit op ʼn taxi of bus geklim het nie. Beide Venter en Stokes se selfone is af.

Volgens Rechner is daar geen verdere inligting in die stadium beskikbaar nie en probeer Pink Ladies nog uitpluis wat van die gesin geword het.

Enigiemand met inligting oor waar dié vier mense hulself bevind, word versoek om ao. Varley by 031 451 809 te kontak, of Pink Ladies by 072 214 7439 of 083 378 4882 of 083 519 4110.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Lee ·

Ai dis verskriklik. Hoop hulle kry hulle vining en dat hulle ok is.

Boerin ·

Desperate mense wat sukkel,hoop hulle word gevind.
Kan seker net die ergste nuus verwag in SA ! Hoop maar hulle is okay.

Cherokee ·

Skielik kry ek so vliegende flits van ‘n gedagte dat, aangesien byna almal selfone het, dit lonend mag wees as ‘n sensor in alle selfone geplaas kan word, wat dit kan laat opspoor, selfs al is dit afgeskakel. Hoe word ‘n afgeskakelde selfoon geidentifiseer? Weet nie maar dalk sal die sensor die nommer kan registreer. Net ‘n gedagte wat nie eens oor nagedink is nie, want die gedagte het ontstaan terwyl ek die berig lees.

Magda ·

Uitstekende gedagte – dit sal soveel oplossings en hulp bied!

Helena. ·

Hoe is dit moontlik dat hulle net kon verdwyn. Die vrou is swanger, die seun is skool gaande, die man is werkloos. Waarom op taxi’s ry wetend dis so onveilig. Waars die familie. Ek sidder om te dink dat mense nog in die tye so onverantwoordelik kan wees. Ek hoop net hulle is iewers veilig..

Han ·

Helena heel duidelik was jy nog nie in omstandighede waar jy desperaat is nie… dan dink jy en doen jy goed uit desperaatheid. Glo nie hy sou sy gesin blootgestel het as daar ñ ander oplossing was of ander uitweg was nie…

Lizelda ·

Helena het jy al ooit van n taxi februik gemaak? Indien nie moet liewer nie kommentaar lewer nie. Ek maak al v 5 jaar gebruik v publieke vervoer en as my bus nie opdaag nie gebruik ek n taxi om by my werk te kom. D bestuurders en mede passasiers is vriendelik en help graag as jy hulp nodig het. Hoop hulle word veilig gekry.

Rerig?? ·

Ek hoop ook hulle is veilig!
Maar dit help nooit om na só n tragedie te sê die mense was onverantwoordelik nie. Duisende mense het nie hul eie voertuie nie, en gebruik taxis. Duisende vrouens is swanger maar het geen opsie nie, die lewe gaan aan. Dit kon ek gewees het, of jy. Mense wat nie terug sit en niks doen nie, maar maak planne en doen wat hul kan, verdien respek.

Erika Nolan ·

Duidelik was hulle desperaat. Soos bitter Baie ander mense in ons land

Magda ·

Baie, baie keer is familie geensins betrokke nie en wil ook nie wees nie …. die lewe het so moeilik en hartseer geword – mense is uitgelewer agv onder andere ekonomiese omstandighede vandag. Ons moet so dankbaar wees as dit dalk goedgaan met ons, die lewe is wreed daarbuite!

marieta ·

joh vrou mag jy nooit nodig he om taxi as jou enigste opsie te he nie….ja dis nie goedkoop nie maar baie gevaarlik…onverantwoordelik?… as mens desperaat is doen jy wat jy kan bekostig…. die armblankes is nog altyd n vegtersgroep ter wille van oorlewing…

Susan ·

My ma moes weens omstandighede paar keer met ‘n taxi ry. En nee, nie daai wat jy kan bel nie. Hulle het haar soos goud behandel. Haar reg voor die hospitaal se deur gaan aflaai. Selfs almal wat voor gesit het, agtertoe gejaag sodat die gogo voor kon sit. Die een het haar selfs nie eers laat betaal nie

Oujongvrou ·

Ag my hart huil elke dag in die land. Vrees en hartseer het ons daaglikse ding geword. Hoop die stomme mense en kindertjies is veilig.

Magda ·

Ja, beslis ….. angs, bangheid, vrees – hoeveel nie te meer as ‘n mens geen heenkome het, geen werk, finansieel nie kan oorleef nie, onbetrokke familie en vriende!! So traumaties verby! Ek is op my kniee vir hierdie mense!

LD ·

@Helena – Onverantwoordelik? Ek sal sê meer desperaat! Dit gaan swaar met mense en die oomblik wat daar ñ geleentheid vir werk opduik dink mens net jy moet dit vat maak nie saak wat nie! Ek weet, ek self soek dringend werk en los als om te gaan vir ñ onderhoud, met die gedagtes wat deur my kop maal, my salaris sal die lewe vir my kinders so baie makliker maak, eerste aandete sal met ñ stukkie vleisie wees maar helaas net om nie eers gelaat weet te word ek was onsuksesvol nie! Elke dag hoop en bid mens vir uitkoms maar dit gebeur nie! Hulle het seker baie uitgesien na die toekoms waar hulle ñ geldjie kon verdien vir ñ beter lewe? ek bid hard dat hulle veilig gevind word!

Han ·

LD soveel respek vir jou met jou kommentaar… aanhouer wen ietsie sal wel opkom vir julle as ñ gesinnetjie…glo hoop en vertrou…sterkte vir julle!!!

toy ·

Die lewe is hard in vandag se dae. Ek hoop hulle is veilig waar hul ookal is.

janice lombaard ·

As mens nog nooit op die pad van desperaatheid was nie, sal jy dit nooit verstaan nie. Familie het nie altyd die vermoe om te help nie. Tye is verskriklik swaar op die oomblik, meerderheid mense sukkel. Ek hoop regtig hulle is veilig.

Ai tog!! ·

O Jinne nee, ek stem saam HAN. In vandag se ekonomie is daar nog mense wat nie weet wat swaarkry is nie? Ek en my man is beide gekwalifiseerde mense en met goeie inkomstes, maar ons self sukkel soms om die pot aan die kook te hou, want kruidenuursware word duurder, skole het klomp onbeplande kostes vir opgraderings, petrol word duurder, klere word duurder – NET MOOI ALLES WORD DUURDER. Ek sou ook as ek in in sy skoene was my gesin vat na daar waar daar oplossing is met n taxi as ek moet en nie geld of Vervoer het nie. Net jammer ons bly in n land waar ons sisteme ons so in die steek laat en onskuldige mense altyd onder dit moet lui.

GM ·

LD, ek bid laat jy in die nabye toekoms ‘n oproep sal ontvang dat jy suksesvol was met ‘n werksaansoek! God bless.

Sarel ·

Wanneer jy sien jou kinders is honger en jou hande is afgekap raak jy soms disperaat
Maar hele gesin wat net verdwyn? Iewers is groot fout,

Rene Heymans ·

Here behoed en bewaar hierdie gesin asb? Laat weet asb as gesin gevind word?

Mariaan ·

Wat ek net nie verstaan nie…hoekom het arm mense altyd so baie kinders? Alweer swanger en reeds in n krisis situasie…nee man..kinders is kosbaar en moet goed versorg word..as jy nie dit kan doen nie MOENIE AANHOU KINDERS KRY NIE! PUNT…ek hoop hulle is veilig…kry veral die kids jammer..iets is nie pluis nie

Maureen ·

Moet nooit oordeel tensy jy in die ander se skoene al gestaan het nie. Jy weet nie wat in ander se lewens aangaan nie. So be nice it’s that simple

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.