Paartjie op kleinhoewe buite Nelspruit aangeval

Die koeël is by die vrou se kleintoontjie in en by haar hak uit (Foto aan Maroela Media verskaf)

Die koeël is by die vrou se kleintoontjie in en by haar hak uit (Foto aan Maroela Media verskaf)

ʼn Paartjie, veral bekend dat hulle slangvangers is, is Saterdagaand omstreeks 22:45 op ʼn kleinhoewe buite Nelspruit deur drie gewapende mans oorval.

Amanda Celliers, ʼn vriendin van die paartjie wat anoniem wil bly, het gesê die man en vrou, in hul 40’s, bly op ʼn kleinhoewe net langs Makro, op die R40 op pad na Witrivier. Die kleinhoewe is omring met elektriese heinings.

“Die man wou die honde uitvat, en net toe hy die deur oopmaak, het drie gewapende mans hom oorval,” het Celliers verduidelik. “Hy het probeer om terug te baklei.”

Die vrou het aan Celliers gesê sy het een van die mans in die oë gekyk, maar hy het byna leweloos na haar teruggestaar en op haar begin skiet. “Sy het probeer weghardloop, en een van die koeëls het haar in haar kleintoontjie getref en dit is by haar hak uit.”

Die paartjie het gesê die honde het só groot geskrik dat hulle weggehardloop het. Hulle is later eers in die bosse gevind waar hulle weggekruip het.

Die vrou is in die hospitaal opgeneem om behandeling te kry vir haar voet. Sy is Sondagaand ontslaan en sterk aan by die huis. Die man is nie só beseer dat hy in ʼn hospitaal opgeneem moes word nie.

Die paartjie het baie slange in die huis en daar is oral buite die huis waarskuwings aangebring, maar dit het nie die aanvallers afgeskrik nie.

Die man het Maandag aan Maroela Media bevestig hy en sy vrou is op soek na ander blyplek. “Hulle het in November verlede jaar ook by ons ingebreek terwyl ons slaap. Ek is nie bereid om vir ʼn derde voorval te wag nie,” het hy gesê.

Kapt Dawie Pretorius, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “Tydens die gestoeiery tussen die man en die inbrekers is skote gevuur en die vrou is in haar voet getref,” het hy gesê. “Die aanvallers het gevlug sonder om enigiets te buit. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

AL ·

Dankie Here jul is ten minste ongedeerd. Ons betaal belasting, is wetsgehoorsaam maar word voor die voet uitgeroei en verdryf!

??? ·

Amanda Celliers,’n vriendin van die paartjie wat anoniem wil bly….. Sy wil anoniem bly,maar julle noem haar naam?Haha!

Estelle ·

Ek dink die paartjie wil anoniem bly, nie die vriendin nie

??? ·

Ja Estelle,ek dink ook so.Die sinskonstruksie maak dit net dubbelsinnig.

Cherokee ·

Amanda, vriendin van die paartjie wat anonym wil bly…
Dit is net vir jou wat die sinkonstruksie dubbelsinnig is. Ons ander het dit onmiddelik reg gelees. Daar is niks verkeerd met die bewoording, nie.

Jem ·

Stem saam Daniel. Al die wette in hierdie land is net geskryf vir ons. Ander mag maar aanrand en doodmaak.

Pietser ·

Dis omdat roof ‘n ernstiger aanklag as poging tot moord is (die strawwe is swaarder). Onthou dat geweld ‘n noodsaaklike element van roof is (anders as diefstal). Roof was altyd ‘n halsmisdaad soos moord (ek weet nie of dit intussen verander het nie). ‘n Beskuldigde sal altyd van die mees ernstigste misdaad moontlik in elke betrokke geval aangekla word (die hoofklag). As die aanklag van roof nie slaag nie kan hulle dalk aan die mindere ernstige misdade van poging tot moord of aanranding skuldig bevind word.

Brie-brie ·

Ek stem saam. Ek sien dat ons lewendig hier uit gaan kom nie, maar ons moet glo in die Almagtige.

"Eksê" ·

Ek boer met putboele, toe hulle nuwejaarsdag crackers skiet het hierdie twee honde heeltyd rondgehardloop op soek na die bron van die klank. Putboel hardloop nie weg vir ‘n skiet geluid nie. Kry put boele om julle en DIE-HARD met jul honde.

Rika ·

Ek is so bly die paartjie is darem ok. Dit is wel sleg dag, alhoewel die paartjie anonym wil bly, sê jul presies waar hulle bly. En as n skelm wil inkom, sal hy inkom, maak nie saak watter tipe honde jy het nie. Hul sal die honde ook doodmaak as dit moet. Hulle is gewetenlose skurke

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.