Paartjie op ‘teregstellingswyse’ doodgeskiet

(Foto: Verskaf)

ʼn Paartjie is Saterdagaand op ʼn kleinhoewe in Gerardsville, Centurion, tydens ʼn aanval doodgeskiet. Die kleinhoewe het die afgelope ruk onder diewe deurgeloop.

Robert Graham Celliers (60) en sy lewensmaat, Ansie van Aardt (ouderdom nie bekend nie), het onderskeidelik ses en vier skietwonde opgedoen. Celliers is reg tussen die oë geskiet.

Volgens Celliers se broer, Thomas, het vier of meer mans Saterdag laataand by Hawkstone Pub, die kroeg op die kleinhoewe, ingebreek.

“Van wat ons kon aflei het hulle die hoofdeur van die kroeg oopgebreek. Robert is in die kroeg deur die mans gekonfronteer,” vertel Thomas.

ʼn Skietery het gevolg, waartydens een van die verdagtes ook moontlik gewond is, sê Thomas.

“Robert is ook raakgeskiet en het deur die kroeg na kamers wat aan die kroeg verbind is, gevlug. Daar het Ansie by hom aangesluit.

“Hulle het ʼn hangkas omgedop en voor die venster gestoot. Aanvallers het van buite deur die venster skote afgevuur. Altesaam 16 koeëldoppies is na die tyd op die toneel gevind.”

Volgens Thomas was SDS Security vinnig op die toneel, maar die aanvallers het toe reeds gevlug.

“Robert en Ansie se liggame met die skietwonde is in die kamer gevind. Ansie was teen die muur en Robert het bo-op die kas gelê. Albei is ʼn kopskoot toegedien.

“Alles dui daarop dat dit sinnelose moorde was en moontlik ʼn teregstelling.”

Maroela Media het navraag oor die voorval aan die polisie gestuur, en wag nog op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

AmY ·

Ek weet nie meer nie. Ek kan nie meer sulke berigte lees nie.

Vriendelike Frikkie ·

Gereelde antwoord wat ons van die polisie in Wonderboom kry is, “we didn’t see it”. Daar is dus nie misdaad as hulle dit nie gesien het nie.

Minnie ·

Dis aansienlik meer ernstig as n inbraak.
Dis net nog n plaasmoord. Polisie sien dit nie as prioriteit nie.
Dit is hoekom die plaasmoorde nie stop nie. Hartseer….

Wynand ·

Dit sal nie ophou nie want die regering kan nie meer die krimenele in toom hou nie ons land is lankal in n warzone of jy dit wil weet of nie my hart gaan uit na die families wat geliefdes op so wyse verloor

Strandloper ·

Die regering is self dan vrot van krimenele insluitende die main peanut ini pakkie

Delia ·

Teregstelling? Kyk maar dalk na vorige werkers wat n wrok mag hê.

Gaitsigubib ·

Hulle het n wrok Delia – Jan van Riebeeck het in die Kaap geland in 1652 en dis waar die probleem le. In Amerika is dit Columbus. n Wrok sal daar wees, jy hoef jou nie daaroor te bekommer nie.

Eugene ·

Hoedman doen niks. Maroela media moenie sulke berigte meer plaas nie, want ek raak rooi warm van woede.

Kokerboom ·

Sulke wrteedaardige aksies is uiters bekommerinswaardig.
So dryf boewe Blankes uit landelike gebiede. Diepsloot is ‘n nes

Sandra ·

dis wat hulle wil hê, ‘n 2e Zimbabwe, en kyk wat het dit hulle in die sak gebring! Net armoede

Harley Davidson ·

Die oomblik toe hulle die deur oopbreek was die persoon se lewe in gevaar en kon hy die nodige geweld gebruik het om die aanvallers te dood of buite aksie te stel ,dit is wat dit beteken om paraat te wees .

Harley Davidson ·

Ek kyk so na die komentaar en vind dit skrikwekkend dat die meerderheid mense nog glo en vertrou op die regering en die polisie,jy moet na jouself omsien of jy gaan statistieke word.

Samuel ·

Dit is só tragies en ons rask amper gewoomd daaraan. RIV.

MJLS ·

Moenie dink dat Hoed iets daaraan gaan doen nie en ook nie sy aanhangers nie.

Eugene ·

DDOSTRAF ASB..hou op my belasting geld mors op gemors wat nie in die samelewing hoort nie!

Porseleintjie ·

En Cele bly in die stoel. Dankie ons is nie van hierdie koningkryk nie.

Sê maar net ·

Ag Here my God. So sinneloos! Wanneer hou dit op? :(( Wreek hulle dood Here en vertroos en versterk die familie en vriende!

Louis ·

Maar laat daar n polisieman vermoor word dan word daar n taakmag aangestel om die moordenaars te soek maar plaas aavalle steur ou hoedjie en die regering hulle nie aan nie.

Minnie ·

Skokkend dat plaasaanvalle nie n prioriteit in die algemene nuus nie, maar AKA se dood word nog daagliks in die nuus bespreek.
Mag ons Heer die families troos en sterk hou.

Wessie ·

Sterkte aan al die families en al Ansie en Rob se baie vriende. Ek gaan ons kuier mis

Skappie ·

Elke dag lees ons net van geweld en moord. Ek dink dat ons die doodstraf moet terug bring. Dan kan almal wat mense doodmaak, dit kry wat na hulle toe kom.. Sterkte aan die gesin van hierdie oom en tannie. Mag onse Liewe Heer julle almal styf vas hou in Sy arms en julle deur hierdie moeilike tyd wat vir julle voorle dra.

Marianna ·

Ons woon in ‘n pragtige, onleefbare, kriminele en korrupte land. Hoe lyk ons toekoms? Alreeds wil mens nie alleen winkels toe stap nie. Jy vrees om in ‘n taxi te klim, in ‘n bus te ry en selfs jou eie motor. Saans wanneer dit donker is weens beurtkrag sit jy en luister na geluide buite. . . vreesbevange vir inbrekers. En dan moet jy nie nou waag om siek te word en moet hospitaal toe gaan nie.

Lillian ·

Klink eerder na iemand met ‘n vendetta teen dié ou mense wat so afgemaai het

Henry ·

Bring die dood straf terug , al hang daar 100 n dag , solank misdaad net stop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.