Paartjie se verbrande lyke in huis gekry

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die liggame van ʼn man en ʼn vrou is Sondag in ʼn huis buite Thohoyandou in Limpopo gevind.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ‘n 36-jarige man het Saterdagaand sy vriendin se huis besoek. Sy liggaam is in die gang van die huis gevind, terwyl sy 25-jarige vriendin se liggaam in die kombuis gevind is.

“Die motief vir die voorval is nog nie bekend nie, maar huishoudelike geweld kan nie uitgeskakel word nie,” het Ngoepe gesê. Forensiese speurders van Pretoria is ontbied en stel ondersoek in na die oorsaak van die brand.

Ngoepe het die gemeenskap versoek om hulle nie tot geweld te wend om huishoudelike kwessies op te los nie. “Hulle word aangemoedig om hulp van die toepaslike owerhede te versoek, waaronder ons slagofferbemagtigingsentrums by enige polisiestasie.”

Hy het gesê geen verdere besonderhede oor die voorval is bekend nie en die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lisa ·

HULP soek by OWERHEDE??? Ag pleazzzeeee!!!! Die “gereg” en “owehede” het ons GEFAAL!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.