Paartjie skuldig wat vakansiegangers bedrieg

Die paartjie het hul slagoffers uit meer as R1 miljoen bedrieg. (Argieffoto ter illustrasie: Unsplash)

ʼn Paartjie van KwaZulu-Natal wat nie net talle voornemende vakansiegangers se planne geruïneer het nie, maar hulle ook uit duisende rande geswendel het, is skuldig bevind aan bedrog.

Megasen Roland Chetty (38) en Sarasvathi Belinda Pillay (47) het in Mei vanjaar aanvanklik in die Durbanse landdroshof verskyn waar hulle op borgtog van R5 000 elk vrygelaat is.

Hulle is Vrydag skuldig bevind op 18 aanklagte van bedrog nadat hulle hulle as reisagente voorgedoen het en hul slagoffers eindelik uit ʼn gesamentlike R1,2 miljoen bedrieg het, sê kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder in die provinsie.

Die twee het hul niksvermoedende slagoffers tussen Februarie 2018 en Oktober 2019 afslagvakansies plaaslik en oorsee beloof.

Altesame 14 bedrogklagte in gebiede soos Chatsworth, Phoenix, Malvern, Town Hill en Tongaat is daarna teen hulle aanhangig gemaak.

Die twee word in Oktober in die Durbanse streekhof gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pablo ·

Altesame 14 bedrogklagte in gebiede soos Chatsworth, Phoenix, Malvern, Town Hill en Tongaat……
Dit sê duidelik wie die slagoffers is.

Cecilia ·

Dis hkm ek my vakansies bespreek deur gevestigde Web sites. Jy betaal bietjie xtra maar ten minste weet jy daar is nie slenters nie.

En weereens. As iets te goed is om waar te wees moet mens maar 2x dink voordat jy betaal.
Goedkoop koop is duur koop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.