Paartjie sterf in motorfietsongeluk

Argieffoto

Twee mense is dood nadat die motorfiets waarop hulle gery het reg van voor teen ʼn vragmotor in Boksburg aan die Oos-Rand gebots het.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, het gesê paramedici is omstreeks 18:00 Saterdag na die toneel in Wit-Deep-straat ontbied.

“Met paramedici se aankoms is die liggame van twee mense saam met die motorfiets in die pad aangetref. Hulle is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Ntladi is die vragmotorbestuurder nie in die botsing beseer nie.

Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie en word ondersoek.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Antiestabliesment ·

Ag Leon, het jy nou uit hierdie artikel kon aflei dat daar spoed betrokke is. Spoed is my vriend, om uit julle motorryers se pad te kom omdat julle ry sonder om aan MFse te dink.

J ·

RIP. Ek praat nie motorfiets ryers of trok drywers sleg nie. Trokke se vragte is baie swaer en daarom kan hulle nie vinnig ry nie en ook nie vir my en jou net padgee nie. Hulle is net so geregtig soos ek en jy op die pad.

Motorfiets ryers is net so skuldig ” nie almal nie” kom kyk wat gebeur by Zambezi tol plaza . Daar is van die mense wat langs jou voertuig staan sidra jy jou tol geld betaal het en die boom gaan oop jaag hy voor jou in deur sonder om te betaal.

Harley drywers kyk maar na hulle sal op hulle tyd voor jou soms 3 langs mekaar kuier en dink die pad behoort aan hulle en sodra jy hulle verby gaan ry hulle eenvoudig net weer voor jou in en blok jou en kuier 3 langsmekaar weer en hul maak seker jy kan nie hul weer verby gaan nie.

Toeter ·

Druk HARD! toeter, soos jy verby die harleysry. Dan moet hulle wag voor hul weer kan praat. So verloor hulle die draad van hul storie. En kan jy verby ry. O, ja ek ry baie rond, is skooltransport.

L ·

J, duidelik het jy self iets gedoen wat hulle omgekrap het ou maat. Dis nie normale gedrag nie. En jy wou wat se van die berrig?

My hart gaan uit vir die paartjie se famillie. Asook die trok drywer, vir wie dit ook nie lekker kan wees nie. Sterkte en groot troostende omhullende liefde van Bo.

Mrs H ·

Ek voel eerlikwaar dat motorfietse nie die paaie verniel en beskadig soos swaer voertuie nie, en is dus nie veronderstel om enigge tol gelde te betaal nie. Dis vir my reg wanneer hulle saam met my deur die tolhek beweeg. Wens net dit was ek wat so heerlik op daai bromponies kon ry!

Wie weet ·

Ek is n Biker en wil net se nie almal is spoed vrate nie en van ons hou by die reels maar baie moteriste is op cell fone glad nie Biker friendly nie en ry some net voor jou in Ons bikers moet vir baie dink wat om ons ry Het julle algesien hoeveel karre ry oorspoed Die pad is vir almal deel hom met n goeie gesindheid Jamme oor die twee wat dood is

Antiestabliesment ·

Gee Mrs H ‘n Bells. Dankie, jy verstaan. Endan aan Wie weet. Ek stem met jou. Motorryers is baie meer gevaarliker op die pad as motorfietse. Ja daar is die enkelinge wat almal se naam sleg maak.

Wil ook sê ·

Dis baie hartseer. My boetie self erg seergekry met sy motorfiets toe n dame met n sleepwa oor soliede rooi robot jaag. Hy kon uitswaai vir haar kar maar het teen waentjie gebots. Sterkte aan die familie.

Afrikaanse Knaap ·

My hart gaan uit na hierdie mense se familie en vriende.

Tanya ·

Dit is bitterlik hartseer wat gebeur het. Ek ken die oom wat oorlede is se dogter. En hulle vat dit bitter sleg. En hulle kan lees wat hier staan. Ek neem aan Leon en enige iemand wat iets slegs te se het. jy/julle weet presies wat gebeur het. En jy/julle was daar. As jy/julle nie het nie stel ek voor jy/julle bly stil en respekteur die families wat deur bitter moeilike tyd gaan. Dis n pa en oupa wat weg is van sy kinders af. Asb laat die familie in vrede van hul geliefdes afskeid neem.

vriende ·

ken ook die oom, hy was n dierbare mens. en ongeag wat gebeur het, ons dink aan die familie en vriende wat bitter seer het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.