ʼn Paartjie van Port Elizabeth is dood nadat ʼn voertuig Vrydagoggend in die houthuis, waarin hulle geslaap het, ingeploeg het.
Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in Bhabhatanestraat in die Walmer-informele nedersetting plaasgevind.
“Die bestuurder van ʼn wit voertuig het beheer daaroor verloor, waarna dit in die paartjie se blyplek ingeploeg het. ʼn Man (30) en ʼn vrou, in haar 20’s, is albei op die toneel dood,” het sy gesê.
Die polisie moes die bestuurder van die motor van die toneel verwyder, aangesien gemeenskapslede aggressief teenoor die bestuurder opgetree het.
Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.
Vandat dood in ons land is, is ‘n mens nerens veilig.
Beheer verloor oor die voertuig. Dit is een van die wydste stellings wat daar is.
Waars sy nommer plaat? Dis n ou se kar wat like om te jaag, nou het hy 2 mense se lewens weggevat. Ag wat, vandag se tyd is dit nie eers meer snaaks nie, een vd dae is hy weer agter n stuurwiel.
My voorste nommerplaat het verdwyn en daarsonder is ek deur die verkeerspolisie voorgekeer en weer laat gaan want volgens hulle verwyder motoriste hul AGTERSTE nommerplaat vir wanneer hul te vinnig ry en deur ‘n spoedlokval gefotografeer word.