Paartjie ten aanskoue van dogter (12) doodgeskiet

Jaco van Eeden. Foto: Verskaf

Jaco van Eeden. Foto: Verskaf

Lees ook: Meisie (12) ‘kan presies onthou’ hoe ma doodgeskiet word

ʼn Man en vrou van Fochville in Gauteng is Saterdagaand ten aanskoue van die vrou se 12-jarige dogter deur gewapende rowers in die oprit van hul huis doodgeskiet.

Jaco van Eeden (47) en Elsabé Muller is albei op die toneel dood, nadat drie gewapende mans vermoedelik tydens ʼn mislukte kaping op hulle losgebrand het. Muller se dogter, Carolize, is ook in die voorval geskiet.

Johan Van Eeden, Jaco se broer, het aan Maroela Media gesê Jaco, Elsabé en Carolize het Saterdagaand omstreeks 22:00 by die huis aangekom nadat hulle by vriende gebraai het. “Soos ons verstaan, het hulle in die oprit stilgehou toe ʼn BMW agter hulle stilgehou en twee gewapende rowers uitgeklim het,” het Johan gesê.

“Later het ʼn derde verdagte glo opgedaag, maar ons is nie heeltemal seker hoeveel rowers daar was nie. My broer het die motor se sleutels in die erf in gegooi en die rowers het hul vuurwapens op die paartjie gerig. ʼn Struweling het ontstaan en Elsabe is in die kop geskiet. My broer het aanhou baklei en hulle het hom twee keer in sy maag geskiet.”

Elsabe Muller. Foto: Facebook

Elsabe Muller. Foto: Facebook

Volgens Johan het die bure uitgekom nadat hulle die skote gehoor het en die drama in die oprit langsaan sien afspeel het. “Carolize het probeer weghardloop en die rowers het haar in haar bene geskiet,” het hy gesê. “Hulle het glo ook op die bure losgebrand, maar sover ons weet, is niemand anders raakgeskiet nie. Die rowers het toe met Elsabe se handsak gevlug. Hulle het nie die motor gevat nie.”

Johan het gesê Jaco het nog geleef met polisiebeamptes se aankoms op die toneel, maar is kort daarna dood. “Ons is nie seker hoe dit met Carolize gaan nie, maar sover ons weet is sy buite gevaar. Hoe dit emosioneel met haar gaan, sal ek nie kan sê nie,” het hy hartseer gesê. Hy het gesê die familie het later inligting gekry dat Elsabe se handsak in Midrand gevind is, maar hy weet nie of die polisie al die inligting kon bevestig nie.

Geen begrafnisreëlings is sover getref nie, aangesien die nadoodse ondersoeke nog afgehandel moet word en die familie nog wag vir Jaco en Johan se broer om van Australië te kom.

Jaco was die pa van twee kinders, ʼn 22-jarige dogter en 25-jarige seun. “Jaco was die oudste van vyf kinders. ‘n Sagte mens met ‘n goeie hart. Sy liefde vir musiek, diere, die natuur en sy familie was deurgaans sigbaar. Hy was ‘n entertainer en altyd reg met ‘n grap of twee. As seun, broer, pa en oupa los hy ‘n groot leemte in ons familie,” het Johan gesê.

Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Lees ook: Meisie (12) ‘kan presies onthou’ hoe ma doodgeskiet word

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

nicolette ·

Word wakker Zuma ,, weer n gesin vernietig.WREED EN ONNODIG………

AmY ·

Dis so hartseer. Dit was so onnodig gewees. En waarom die kind ook skiet? Hulle is werklik gevoellose “mense”.

SNEL ·

Dis vreeslik wat met die gesinnetjie gebeur het, en om as n kind soveel op een slag te moet beleef is erg. Mag die Here hierdie kindjie toevou in Sy hand en versterk deur hierdie situasie. Baie sterkte ook aan die ander kinders en die res van die familie.

Sumari ·

Nicolette, die ANC kom eerste, so dit help nie mense sê vir Zuma hy moet wakker word nie. Die hele land is ‘n gemors oor Zuma nie die land en sy mense eerste stel nie. Hy soek net geld vir sy vliegtuig en vir sy mense.

Manie ·

Se dankie vir FW en al sy nat maatjies vir die gemors waarin ons gelaat het. Toe die regses die witmense gewaarsku het wat die toekoms inhou is hulle behandel asof hulle mal is. Dankie vir almal wat ja gestem het !!!

Daniel ·

Hoor hoor fw is die Grootste veraaier in die geskiedenis van die mensdom. Ek het nee gestem en vir Kp vanaf 1982. Vandag gee ek vir meer as 200 mense werk maar is druk besig om die land te verlaat.genoeg is genoeg ek betaal meer as 12 mil belasting n jaar vir n land wat nie n hel omgee nie.

joe ·

Dit kannie meer as n voorval beskou word nie . Hierdie dinge is niks anders as n eensydige oorlog nou .

Sons ·

Begrafnis reëlings sal teen more bekend gemaak word. Carolize is tans in teater. Haar emosionele toestand glad nie goed nie. Hierdie is so so onnodig! Baie sterkte Oom Fanie en Tannie Elsa en Jaco se kinders en familie.

Elize Lourens ·

Julle berig is verkeert julle infromasie is on akiraat en as n familie lid van Elsabie en Carolize Muller vra ek mooi dat julle die berig af haal van die site af omdat die nie reg is nie en dat daar talle feite in korrek geplaas is. My kennis is gegrond op inlighting van verskeie mense wat eerste opi toneel was. Dus dans vra ek dat julle dit af haal en nie verder goed op sit van onwaar spekilasie. Dankie

Nico Strydom ·

Dagsê Elize

Dankie vir jou boodskap. Ons sal graag ‘n opvolgberig doen indien jy ons dalk in kontak kan bring met Elsabe se familie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected].

Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Winston ·

Volg Elize se opmerkings op asb Maroela.
Stel reg. Waarom sal Zuma hom steur aan nog n moord op wit SA burgers? Hy blaas dit aan met en keur dit goed deur stilswye. Diktator.

Genis ·

In die fliek “The killing season” sê John Travolta se karakter dat dit al die boosheid in die wêreld is wat van hom ‘n gelowige gemaak het. As mens die wreedaardige boosheid aanskou wéét jy dat daar ‘n God is wat dit teenstaan en uit sal roei. Ek dink daaraan terwyl ek die berig lees en sidder vir die boosaards se part. Hulle lot gaan verskriklik wees.

KarenG ·

Hierdie is weereens n sinnelose moord, so jammer vir hierdie mense se geliefdes. Ek wonder altyd as De Klerk en wie ookal nie gedoen het soos gedoen is nie, sou als presies dieselfde gebly het? Alternatiewelik wat moes hulle daai tyd eerder gedoen het. Ek ookal gehoor dat as De Klerk nie dit gedoen het nie, ons moontlik n burger oorlog op hande gehad het. Nou wonder ek maar net, want dit klink asof daar ander oplossings was vir n naderende probleem….

Herman ·

Tannie Magriet wat familie is van die mense, het my vanoggend vertel van die lelike ding. Sterke aan die res van die familie en kinders wat nou moet ly onder die boosgeid.

Paul ·

Sal graag wil weet waar die burger oorlog snert vandaan gekom de klerk gese ons stuur af op n katasrofe wat noem hy die gemors wat ons nou beleef mens gebreinspoel om sy uitverkopery te regverdig

arie plaasboer ·

Paul, ek is seker jy het baie beter, hoogwaardiger en betroubaarder inligting as wat FW destyds gehad het.
Vertel ons tog ook van hierdie bron. Ek en baie ander mense sal baie, graag daarvan wil hoor.
As dit nie so is nie, bly.dan tog stil en hou op om te kerm oor FW

Paul ·

Arie,
Elke regdenkende mens het geweet dat fw vir ons lieg. Die dertig sikkels silwer was net te waardevol om van die hand te wys en hy moes ‘n verskoning kry en dit was die kastige burgeroorlog. Op die oomblik is die oorlog teen ons mense baie hewiger as wat die kastige burgeroorlog sou wees.

natasha ·

Ek was laas week by voortrekker monument. Dit het my baie aangeraak hoe ons voorsate bymekaar gestaan het en die gelofte wat hulle afgele het voor God. Ek het al vergeet hiervan. Miskien moet ons weer saam hande vat en ons probleme opdra aan God.

Kaaiman ·

Bespring my nou maar vir my kommentaar. Waarom moet die Here altyd agterna help en die “slagoffers in Sy hand toevou”? Vir jare worstel ek met hierdie vraagstuk in my lewe -waar was Hy dan ten tyde van die aanval? Is Hy net ‘n vertrooster en nie ‘n beskermer nie? Moenie vir my vertel alles gebeur met ‘n doel nie – jy sal dit nie kan bewys nie! Almal predik nou “mag die hand van die Here oor hulle wees in hierdie tyd”; ek vra weer: Waarom beskerm Hy ons dan nie?

arie plaasboer ·

Kaaiman,
My siening van die God wat ons albei aanbid is op effens ‘n ander vlak as wat algemeen is.
Onse God is ‘n geestelike wese (in teenstelling tot iets TASBAARS) en is lewendig in ons binnenste.
Hy is.besorg oor ons geestelike welsyn en het ons die nodige verstand gegee om ons oor ons materieele welvaart te kan beskik.
Daarom sal hy ons bystaan nadat ons trauma ervaar het, maar ons nie noodwendig daarteen beskerm nie.
Trauma is wat ons beleef vanwee die.inherente boosheid van die.mens wat deur die Bose aangedryf word.

Kaaiman ·

Dankie Natasha vir jou goeie antwoord en dat jy my nie veroordeel nie. Ek het letterlik vyf jaar gelede gebid, want ek sien nie dat dit in elk geval saakmaak nie. Ek is bly as gebed vir jou help.
My stelling hieroor maak natuurlik nie dat ek nie vir die familie bitterlik jammer is nie. Ons land en sy mense (veral die wittes) is in groot moeilikheid. Vir my wil dit net nie lyk of die 70%-
plus christene iets regkry met gebed nie. Waarom dan tog nie?

Gideon ·

Ai die van julle wat so lief is om Maroela aan te val omdat hulle so libberaal of links is, gaan lees Beeld of wat ook al en kom agter dat Maroela net voldoen aan sekere wetlike vereistes. Wees bly ons kry van die misdaad te lees dmv Maroela. Die vriende en familie wat tog ook altyd so joernalis wil speel, gee tog dan korrekte feite, en hou op maak of dit ‘n geheim is wat net vir familie bedoel is- as iemand koelbloedig doodgeskiet word, dan is dit nuus!

Johan van Eeden ·

Ek sien daars ‘n paar wat klae oor die geloodwaardigheid en korrekte weergawe van wat gebeur het. Wat maak dit nou saak? Of dit nou kop skote of ander skote was, hoeveel rowers daar was en hoeveel geskiet was, volgorde van gebeure… gaan dit die mense terug bring? Daar is tog uitdruklik gese dat ons nog nie seker is oor wat presies gebeur het nie. Mense kan oor die grootste twak sensasie soek.

SNEL ·

Kaasiman, ja, mens voel so, mens het meer vrae as antwoorde en soos Paulus ook gesê het ons sien alles in n spieël en dis n dowwe beeld (daai jare se spieëls was anders as nou), maar punt is; alles het goed gewerk tot en met die sondeval, daarna het sonde, n houvas op die aarde gekry, so slegte dinge gebeur en wat die Here se doel en plan is sal ons nooit weet nie, dis waar vertroue glo ek inkom, dit wil sê, al gebeur slegte dinge moet ons dat ons nogsteeds op ons Hemelse Vader vertrou en weet in lewe en in sterwe Hy het alles in beheer. Ons moet ook oppas om God net te dien vir Sy hand, want dis juis nie n manier om Hom te dien nie. Ons moet God nie dien omdat alles in ons lewe net regloop nie, maar ons dien God vir Wie Hy is. Ons bid vir beskerming, en dan kry ons dit nie, want die vyand kom om te steel, slag en verwoes… en dit nie net in wat ons sien met die mense wat ons verloor nie, maar oppas, want hy steel, slag en verwoes ons geloof ook in die proses, dis tye om op te staan in geloof. Lewe te spreek deur Woord te spreek, tekse wat jou dra op te sê en daarop te fokus of dinge sin maak of nie. Sodra die vyand ons fokus steel, steel hy ons vertroue, dan kry ons geloof n knak en is dit moeiliker om te bid of Bybel te lees en dan het hy ons net waar hy ons wil hê. Om in geloof deur haatlike omstandighede aan die Here vas te hou, soos Job het is nie n grap nie, maar hoe sal mens ware geloof sien as jy op n rustige see vaar, dis juis in stroms wat mens staan of val in geloof. Wil die Here ons nie toets om te kyk hoe sterk ons geloof ook is nie, Hy het mos alles in beheer en weereens in lewe en sterwe Hy is God. Habakuk 3: 17 Alhoewel die vyeboom nie sal bot nie en aan die wingerdstok geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstelen die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinwee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie -(18) NOGTANS SAL EK JUBEL in die Here, ek sal juig in die God van my HEIL. (19) Die HERE HERE is my sterkte, en Hy maak my voete soos die van n hert…… Staan sterk Kasiman en laat ons bid vir medegelowiges om deur die storms te staan, want die Bybel sê ons is in vir n rowwe rit die laaste tye, so dinge gaan nog minder sin maak en mense gaan nog meer vrae vra, staan vas in geloof!

zeebs ·

Kaaiman. God het vir die mens sy wil gegee maar Sy wil by ons gelaat. Almal weet wat reg en verkeerd is maar tog gooi ons God se wil in die asblik want ons wil is belangriker. God word blameer en geskel vir die onregte wat gepleeg word maar dit is die mens se eie wil wat geskied. Ons besef nie hoeveel mag ons as mens het om n ander leed aan te doen nie. Moenie God verkwalik vir die gruwels van die mens nie. Die wereld is boos. God het spyt gekry dat Hy die mens gemaak het maar tog aan ons genade gegee. Moet nooit ophou waak en bid nie want dit is wanneer die boosheid ingang vind. Sterkte aan die familie en ook aan die kinders.

susan ·

Kaaiman en Mariaan. Ons moet ophou om die Here altyd te blameer en die skuld te gee. Hy het ons gewaarsku “in die wêreld sal julle dit moeilik hê….joh 16:33. Jesus is self gemartel en dood gemaak. Hy het self ook gebid. Nou wat is ons beter as Hy? Kyk na Johannes, Stefanus, Paulus ens. Ens. Die wat tot die einde volhard sal gered word.

Genis ·

Kaaiman en Mariaan. As die waarheid oor hierdie wêreld en sy god Satan (2 Kor. 4:4) nog nie aan julle openbaar is nie, is dit beter vir julle om soos kindertjies te glo todat die waarheid aan julle openbaar word. Dinge gaan nog baie lelik word, die eerste beeld van Satan is onlangs in Detroit opgerig (Google: Detroit Satan statue). As julle die boosheid soos geweld en moord en die geboorte van gebreklike kinders ens. voor ons Heilige Vader se deur lê, wys julle maar net julle eie onkunde. Bid, soek, klop! En hê Hom lief bo alles! Vertrou Hom en glo Hom as Hy sê dat alles ten goede afloop vir diegene wat Hom liefhet. Dit is die beste vir julle om soos kinders te glo as julle deel van miljoene siele is wat in ‘n see van onkunde en geestelike blindheid rond spartel. Neem dit wat ek vandag sê asb. ter harte.

Dan ·

Hierdie was nie nuuswaardig in die beeld koerant nie. Tragies ne

Fanie ·

My Innige meegevoel en empatie met die familie en gesin. Dit was absoluut onsinnig, onnodig.
Die boosheid is in die mens, of hulle wat hulle self mense noem, wat die gruwel dade pleeg.
Dit is absoluut Godslasterlik, om te beweer dit is Gods wil. En so baie mense is so groot gemaak.
Dit is baie hartseer.

natasha ·

Snel, Zeebs, Susan en Genis dankie vir julle terugvoer. Kon dit nie beter stel nie. Bid, geloof het al baie probleme opgelos en ek kan hiervan getuig. Is jy deel van die probleem of oplossing? Ek vertrou en bid eerder en is deel van n groter oplossing. Mooi dag almal. Baie sterkte aan die gesin.

anita ·

Ek weet vir baie wit suid afrikaners voel ons magteloos,, my sus ook vermoor, het 3 klein seunsgehad..en ek ook gebid sy moet lewe..maar JESUS het anders besluit..ons moet weet HY is in beheer! MAAR kom ons bid saaaaaam as n volk en kyk wat gebeur !, sterkte aan familie!mag jesus jul vertroos!!

Ben ·

Zuma moenie wakker word nie, julle moet! Alles gaan volgens plan: Wat verstaan julle onder sy gunsteling lied “Bring my masjiengeweer”?

ANDRÉ ·

Nee wat, Nicolette – die Zuma sal nie wakker word nie. Hy’s veels te besig met die ontwerp van sy nuwe R4-biljoen (ong. $280-miljoen) amptelike vliegtuig. Swernoot!

Flippie ·

Miskien gaan Maroela weer my Boodskap afhaal, maar bly steeds by my standpunt dat hierdie insidente nie lukraak of toevallig is nie. Hierdie insidente word be plan en tot op die letter uitgevoer om ‘n spesifieke doelwit te bereik. Die doelwit is nie roof nie (verreiking deur te neem wat nie joune is nie). Dit is om vrees psigose te skep.

In die Woord staan daar dat ons (gelowiges) se stryd nie teen vlees en bloed maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wereldheersers van die duisrternis van hierdie eeu, teen die Bose geeste in die lug.

Gaan lees maar verder in Efesiërs 6.

God sal ons nie help as ons nie self iets aan die situasie gaan doen nie. Hierdie doen, is nie hoë mure nou en alarms nie maar fisiese en aktiewe verset.

Ons het nou Gideonsbendes, Deborahs, Simsons nodig as ons enigsins in die land gaan oorleef

Petro ·

GOD kan nie n goddelose help wat nie gehelp wil word nie die wereld is vol van goddelose mense wat Christene probeer uitroei en ons as mense wat agter gelaat word is altyd gebroke oor die dood van iemand anders maar n mens weet darem as iemand die regte pad geloop het dat GOD hul kom haal en hul is na n plek waar daar meer geen pyn of smart is nie.Eks baie jammer om te hoor van die oom en tannie en baie jammer vir die kinders wat agter gelaat is.

Mense moenie in GOD twyfel nie want dis wat satan wil he hy soek oorwinning lees bietjie maroela media se bybel dagstukkies wat hul plaas en mens kan nie net bid wanneer jy iets nodig het nie n mens moet voluit LEEF VIR GOD en bid!

SNEL ·

Kaaiman, ek lees jy het 5 jaar laas gebid, ek weet hoe jy voel en ek verstaan daai klomp vrae beter as wat jy dink. Een ding wat ek verseker weet is God het jou net so lief soos enige ander een van ons, want Hy haat die sonde, maar die mens het Hy bitter lief en niks kan ons van Sy liefde skei nie. Dan het weet ek verseker na my God sal die 99 skape los en die een verlore een gaan soek. Hy gaan jou nie los nie, met tyd sal jy weer by Sy voete kom, jy was al daar, jy sal weer daar kom. Ek het dit met my eie oë die naweek in iemand se lewe gesien gebeur. Nie n bekering in n kerk, God het oornag self ingegryp. Ek sê weer, Hy los die 99 en soek daai 1…tot Hy hom kry.

Oor wat iemand hierbo vir jou geskryf het, ek het geleer, selfs predikante en pastore kan verkeerd wees en mense sit in die Kerk en praat Bybel as jy hulle kry in winkels, maar waar die tekkie die teer slaan is hulle hol doppe. Ek het geleer om my alleenlik te fokus op God en Sy Woord en nie wat mense sê nie, want mense se woorde kan jou sny en hulle stel teleur, want eintlik hou hulle vroom en wil jou vertel hoe om te bid en wat reg is en nie en wat die Here van jou dink as jy dit of dat doen. Dis nonsies, ek stap my eie pad saam met God en gooi van my af wat nie Bybels is nie, maar mense laat jou jou eie menswees en verhouding met God betwyfel. Ons almal is sondaars en al het ons Jesus aangeneem, bly ons nogsteeds sondaars, maar Sy bloed bedek ons. Ons probeer reg lewe, maar het ook nogsteeds foute en baie tekortkomings. Jy is net so sondige mens soos ons, maar die wat Christene is het Jesus en Hy maak hul sonde toe met Sy bloed en as die Vader ons kom haal staan ons voor die Vader met ons sondes bedek met Sy bloed en die sondaars staan oop en bloot met hulle sonde want Jesus is nie in hulle lewe nie en hul sonde is nie bedek nie, en dis dan waar die oordeel inkom en name wat nie in die Boek van die Lewe geskryf is nie.

Kaaiman ·

Snel, baie dankie vir jou opbouende en waardevolle antwoord. Ek het lank gesoek na iemand wat verstaan, en jou verduidelikende antwoord los alreeds vrae in my gemoed op – soos is God net in die kerk te vinde. Ek is reeds oor 60 en nie meer ‘n junior mens nie. Daarmee bedoel ek dat ek baie al beleef het. Ek gaan jou antwoord nog vele kere lees en probeer om die raaisel in die spieel op te los. Weereens dankie. Jou geloof maak my nie bang nie.

SNEL ·

Kaaiman, ek sien van my sinskonstruksie is maar sleg, ek hoop jy kon uitmaak wat ek geskryf het. Wil net sê 60 of de nie, daar is nog asem in jou longe, so daar is nog tyd en ja, dis n hele klomp jare om dinge te beleef het wat net meer vrae as antwoorde gee. Iemand wat sy rug op die Here gedraai het, vra nie vrae nie, hy is dood vir enige iets wat te make het met die Here, maar iemand wat geval het, en lê, en wil opstaan , steek n arm uit (vra vrae) want hulle wil weer van die Lewende Water drink. Jy weet God is n werklikheid, maar dit maak nie vir jou sin hoe God in die wrede goed op aarde in mekaar pas nie. Hier dink ek kom vertroue in, waar vertroue is, is totale oorgawe en “come what may”, jy glo sonder ophou en deur alles. Dis soos n kind wat op n muurtjie staan en die pa sê spring. Daai kind sal in daai pa se arms spring sonder om twee keer te dink, want hy vertrou sy pa. Die Bybel leer ons ook dat dinge erger gaan word, nie beter nie, so ons moet vashou aan geloof en vertrou dat ons God in beheer is, al maak dinge nie sin nie, en so moet ons altyd besef dat die vyand enige iets sal doen om ons geloof n knak te gee, daarom moet mens sterk staan en al val mens…al hou mens aan die Here vas met n garingdraad…hou net vas. Ons moet ook nooit ons geloof meet aan hoe ons voel nie, dis verkeerd en skep verwarring, want ons is op en af met ons gevoelens en emosies, alhoewel ons tog diep binne lief is vir die Here. Jy sing vandag n loflied, môre is jy nie lus nie, maar tog is jy nog lief vir die Here. Daar is net twee kante, mens is of vir die Here of teen Hom, en die vyand se tyd raak minder, so meer verwarring en leuens gaan in mense se harte geplant word. Die Bybel is die enigste boek wat lewens aanraak as hy oopgemaak word. Ek ken en was al daar; mens wil nie lees nie, en maak jy hom oop, kry jy n naar gevoel op jou maag en maak geen teks ook sin nie, dis die vyand wat daai gevoel losmaak in mens, breek deur en lees, al is dit een vers n dag en AS jy op n teks afkom wat n indruk op jou maak, fokus daarop en so tree vir tree en stap vir stap kom jy weer by die Here uit. Al is jou gebed ook net n; help my Here, Amen, vir weke. Dis n begin van groter dinge. Ek weet, ek was daar. Kaaiman, jy haal nog asem, Hy het die 99 skape gelos, jou tyd is getel, jy sal weer by die huis kom, al het jy nog vrae, ons sal ons antwoorde wel eendag kry.

Hannie ·

Beeld………. wat ‘n gemors! Ek lees jare al nie meer daardie dagblad nie. Ek voel dat die wat dit wel lees, is verraaiers!

Johannes Meintjes ·

Innige meegevoel. Waarom is die algemene publieke gees in SA so immoreel? Warom slaan gewapende rowers met vrylik-beskikbare onwettige vuurwapens oral en ter eniget tyd toe, sonder dat daar by hulle enige vrees of versigtigheid te bespeur is. Maar die belastingpligtige landsburgers huiwer om hulle wettige wapens te gebruik en effektiewe buurtwag of GPF aksies te loods?

rudi ·

Dis verskriklik om te dink sy gaan haar lewe sonder haar ouers deurbring

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.