Paartjie tydens klopjag op Paarl-plaas aangekeer

Argieffoto Foto: Jeff Quinn en Boge Quinn, gunblast.com

Argieffoto Foto: Jeff Quinn en Boge Quinn, gunblast.com

ʼn 36-jarige man en sy 34-jarige meisie is op ʼn plaas in Roggeland naby Mbekweni in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord, die onwettige besit van ammunisie en die vervaardiging van dwelmmiddels.

“Lede van die blitspatrollie en Paarl se misdaadintelligensie-eenheid het Donderdag omstreeks 04:20 op die plaas toegeslaan,” het kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, Sondag aan Maroela Media gesê. “Die polisie het reageer op ʼn wenk dat dwelmmiddels op die plaas vervaardig word.”

Volgens Van Wyk het die polisiebeamptes die huis betree en die verdagte het ʼn vuurwapen op hulle gerig. Hy het een keer op hulle geskiet, maar gemis en die muur getref.

“Die man het geskree en aan die polisiebeamptes gesê hy het die vuurwapen op die grond gegooi. Een van die beamptes het die man in hegtenis geneem.”

Die verdagte se vuurwapen, ʼn CZ 75-pistool met een magasyn en 13 rondes is gekonfiskeer en is na die laboratorium gestuur vir ballistiese toetse.

Die polisie het op dieselfde plaas ook beslag gelê op verskeie vuurwapens en ammunisie, en produkte om dwelmmiddels mee te vervaardig.

Die man se 34-jarige meisie is ook in hegtenis geneem en word by die Mbekweni-polisiestasie aangehou. Hulle sal Maandag in die Paarl-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mariana v T ·

Dankie aan Paarl polisie wat hul gearresteer het. Mense soos daardie maak my benoud ek het nog jong kinders wat hul slagoffers kon geword het, weet dis ‘n druppel in die “drug” emmer maar dis doodreg met my. Hul moet die gevolge van hul keuses dra, dis hartseer om te dink dit is ‘n ma se kinders daardie en glo my dis ook nie wat hul as ouers vir hul kinders se toekoms beplan het nie.

CHRISTA ·

Ek hoop en vertrou dat ons regstelsel hulle ‘n gepaste laaaaang vonnis sal ople!!!

Farkenhell ·

“regstelsel”? Is jy ernstig? Hierdie is die babana republiek van Kommuniztiese Azania, hier is GEEN regstelsel nie ou maat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.