Paartjie vas oor dwelmhandel

Die mandrax-tablette wat by 'n huis in King William's Town gevind is Foto: SAPD

Die mandrax-tablette wat by ‘n huis in King William’s Town gevind is Foto: SAPD

ʼn Paartjie is Saterdagoggend vroeg in King William’s Town in die Oos-Kaap in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel.

“Die paartjie is in Dodostraat, Ginsberg, in hegtenis geneem,” het lt. Siphokazi Mawisa, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die polisie het inligting van die gemeenskap ontvang oor ʼn huis waar dwelmmiddels na bewering verkoop word.”

Mawisa het gesê beamptes het ondersoek ingestel en met ʼn lasbrief by die huis opgedaag. “ʼn 19-jarige man en 21-jarige vrou was in die huis. Die polisie het beslag gelê op 68 mandrax-tablette wat in die silinder van ʼn yskas versteek was.”

Die geraamde straatwaarde van die mandrax-tablette is R5 440.

“Die polisie het ook beslag gelê op kontant wat tussen matrasse versteek was,” het Mawisa bygevoeg.

Die paartjie kon nie ʼn verduideliking gee oor die dwelms nie en hulle is in hegtenis geneem. “Hulle sal na verwagting Maandag in die King William’s Town-landdroshof verskyn.”

Kol. Andile Lamana, stasiebevelvoerder van King William’s Town, het sy waardering uitgespreek vir die verhouding tussen die gemeenskap en die polisie om misdaad te bekamp. Hy het die gemeenskap bedank vir die waardevolle inligting wat tot die inhegtenisnemings gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

irene ·

Mooi so SAP jul werk goed gedoen bere hul vir lank sleg vir ons kinders en goeie
gemeenskap

CHRISTA ·

Bewys weer eens: as ons gemeenskap saamstaan KAN ons al hierdie misdadigers agter tralies kry!

Hettie ·

Kyk man se vinger wat wys na dwelmmiddels! Lyk of hy vloek vir dwelmmiddel!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.