ʼn Paartjie van Eden Park naby Alberton is Woensdag in hegtenis geneem nadat daar dwelms by hul woning aangetref is en dit ook aan die lig gekom het dat hulle glo ʼn taverne sonder ʼn dranklisensie bedryf.
Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), het gesê die verdagtes is vasgetrek tydens ʼn gesamentlike operasie tussen die EMPD se dwelmeenheid en die polisie se misdaadintelligensie.
“Die paartjie is omstreeks 09:00 in hegtenis geneem nadat die dwelm Cat in hul woning aangetref is.”
Volgens Kgasago is die operasie uitgevoer ná daar ʼn wenk ontvang is. Hulle het gevolglik ʼn klopjag uitgevoer op die huis in Studebakerweg.
“80 Ziplock-sakkies met Cat is aangetref met ʼn beraamde waarde van R1 600. Daar is ook beslag gelê op alkohol ter waarde van R3 400, en R1 040 in kontant,” het Kgasago gesê.
Die paar is tans in aanhouding by die Eden Park-polisiestasie op aanklagte van die besit van en handeldryf in onwettige middels en die bestuur van ʼn taverne sonder ʼn dranklisensie.
Die beskuldigdes sal binnekort in die Palm Ridge-landdroshof verskyn.
dink julle bedoel R16000.00 dit kos 80 pakkies x R200 n pakkie.
Jy is reg, geen dwelms is so goedkoop nie. Moet R16 000 wees
Ek het ZERO toleransie vir dwelmhandelaars. Hulle verwoes ons jeug vir eie gewin.
Ek dink hul was agter die dop aan en perongeluk op die dwelems af gekom
Ons gaan nou braai
Hoewel ek dwelmhandel TEN STERKSTE veroordeel kan ek nie help om te wonder hoeveel werklose blankes hulle al tot kriminaliteit gewend het om te oorleef nie! Ironies dat blanke handelaars vinnig gevang word en die res van die dwelmhandelaars in Kempton Park??? Of is die polisie blind???
Armoede is geen verskoning vir dwelmhandel nie. Oor ‘n korrupte polisiemag kan ons lank gesels. Maar in hierdie geval het die betrokke polisie lede hulle werk besonder goed gedoen.