Paartjie verdwyn tydens vakansie

Guy Mclaughlin en Lindsay Lamb. Foto: Verskaf

Die polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na ʼn Gautengse paartjie wat tydens hul vakansie in die Oos-Kaap verdwyn het.

Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê Guy McLaughlin (40) en sy vriendin, Lindsay Lamb (33), is Vrydag die laaste keer gesien.

“Hulle sou na Hogsback gereis het en dan op na die Wildekus voor hulle sou terugkeer Gauteng toe,” het Govender gesê.

“Volgens inligting van familielede het hulle Vrydag Grahamstown verlaat om na Hogsback te reis. ʼn Voertuig wat hul motor se beskrywing pas, is later die dag deur verkeersbeamptes op die N2 onderweg na Butterworth opgemerk.”

Govender het gesê daar is ʼn moontlikheid dat die paartjie langs die kus van Transkei kan wees.

Die paartjie ry met ʼn metaalbruin Audi-stasiewa met die registrasienommer RSM324GP. Twee fietse word op die voertuig se dak vervoer.

Enigiemand met inligting oor waar die paartjie hulle mag bevind of wat die voertuig opmerk, word versoek om ao. Andrew Bovey van die Grahamstown-polisie by 082 301 9408 of hul naaste polisiestasie te bel.

Lees ook: [Opvolg] Vermiste paartjie opgespoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

fm ·

Mag hierdie mense veilig en ongedeerd wees. En gou gevind word.

Zee vd Berg ·

Is dit moontlik dat daar nie sien is waar hul reis nie….bid dat hul veilig is

Piet Pompies ·

Lees dit op albei mense se gesigte… avontuurlustig

Stephan Smith ·

Blissfully and ignorantly unaware. Hulle slaap en droom seker nog steeds in die ou SA! Daai dae van kamp in die middel van nerens is verby….. sou seker beter gewees het om in Irak te gaan kamp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.